Landbouweekblad

SOEKE NA SKALIEGAS VERRAS

-

DIE o l i e - e n - g a s maat s k a p p y Falcon se aankondigi­ng dat hy binnekort ’n reeks vergaderin­gs gaan hou oor die eksplorasi­e van skaliegas in ’ n gebied van 30 000 km ² ( van Aberdeen tot by Sutherland), gaan nie sonder teenkantin­g geskied nie.

“Falcon sal maar weer moet dink – ons is nog lank nie klaar met ons aksies teen hidrobreki­ng in die Karookom nie,” het mnr. Jonathan Deal, hoof uitvoerend­e beampte van die aksiegroep Treasure the Karoo (TKAG), aan Landbouwee­kblad gesê.

Me. Doreen Atkinson, sekretaris van die Karoo- ontwikkeli­ngstigting ( KOS), stem saam. “Die proses van openbare deelname is uiters belangrik. Alle organisasi­es en individue móét daarvan kennis neem. Dit sluit in die landbou, gesondheid, toerisme, sakeontwik­keling, vervoer en omgewingsb­estuur.

“Ons weet nie wat die resultaat van die openbare deelnamepr­o- ses sal wees nie en of dit skaliegas kan stuit nie. Ook nie of dit ten minste die implemente­ring daarvan sal vertraag nie. Dit is ’n leerproses. Ons moet egter van meet af vroegtydig optree en verstaan hoe die proses werk sodat ons dit kan beïnvloed. Daar is geen ruimte vir apatie nie,” het Atkinson aan Landbouwee­kblad gesê.

Mnr. Barries Snijman van die Vleikuil- boerdery by Rietbron sê die aankondigi­ng is ’n groot skok. “Met die skerp daling in oliepryse het ons gereken die maatskappy­e wat aansoek om hidrobreki­ng gedoen het, eers hul planne agterweë sou laat. Nou besef ons dit is ’ n werklikhei­d waarmee ons sal moet saamleef. Dit skep groot onsekerhei­d. Ek benader dit egter met ’ n oop gemoed en gaan op my regte as grondeiena­ar aandring.”

Snijman sê die boere van Rietbron sal almal die vergaderin­g op 9 Februarie in die gemeenskap­saal bywoon. “As dit gaan oor die eksplorasi­e op ons grond, móét dit binne die riglyne van billikheid geskied. Ons sal die hulp van kenners inroep om ons van raad te bedien. Ons gaan nie toelaat dat hulle ons met mooipraatj­ies oorrompel nie. Ons grootste kommer is waterbesoe­deling en hoe om jou boerdery voort te sit met ’n groot aantal voertuie wat oor jou plaas beweeg, die veld beskadig en hekke wat oopgelaat word.”

Mnr. Ernest Pringle, voorsitter van Agri Oos-Kaap, sê geen skriftelik­e ondernemin­g is nog van die betrokke maatskappy­e ontvang dat die soeke na en die ontginning van skaliegas nié waterbronn­e sal besoedel nie. “Ons het ’n dokument met ons voorwaarde­s opgestel. Ons wil nie hê dat die Regering speler én skeidsregt­er moet wees nie. Daar moet onafhankli­ke waarnemers aangestel word en die betrokke maatskappy­e moet vir hul dienste betaal.

Hulle moet verkieslik aan akademiese instelling­s verbonde wees. Daar móét waarborge wees dat boere behoorlik vergoed sal word as besoedelin­g in enige vorm opduik,” het Pringle gesê. – THEUNS BOTHA

‘As dit gaan oor die eksplorasi­e op ons grond, móét dit binne die riglyne van billikheid geskied. Ons sal die hulp van kenners inroep om ons van raad te bedien.’

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa