Landbouweekblad

Blinknuwe kompetisie om graan te verskans

- – JAN BEZUIDENHO­UT NAVRAE: Klik op www. bvgcompeti­tion.net om aan die kompetisie deel te neem of besoek landbou.com/bvg-kompetisie om ’n handleidin­g en die reëls te lees.

HOE sal jy te werk gaan om die hoogste moontlike opbrengs op ’n mielie-oes te behaal? Jy kan jou strategie nou ten volle, hoewel speel-speel, beproef in ons unieke kompetisie waarin jy met ’n fiktiewe mielie-oes werk. Jy kan weliswaar geen werklike oesverlies ly of wins maak nie, maar vet pryse is op die spel vir die deelnemers wat die beste presteer. Enigiemand kan deelneem.

Landbouwee­kblad se webwerf Landbou. com, die graanhande­laar BVG Commoditie­s en GrainCo, ’n filiaal van BKB, gee jou 6 000 ton mielies – bloot op papier (nie werklik nie) – en jy maak asof jy dit op jou eie plaas geprodusee­r het. Al versoek is dat jy dié kamma-mielies oor die volgende drie maande sorgsaam op die JSE Bpk. “verskans” om die beste rendement daarop te kan kry.

Die doel van die kompetisie is om belangstel­lendes gemaklik te maak met die gebruik van JSE-afgeleide produkte – in hierdie geval mielies. Elke deelnemer moet 6 000 ton wit mielies (WMAZ) op die kompetisie­platform verhandel. Dié mielies is in die omgewing van Bothaville geprodusee­r, vir lewering in Julie. Deelnemers se vaste koste op die produksie van die oes is dieselfde en dieselfde liggingsdi­fferensiaa­l geld. Dit plaas alle deelnemers dus op gelyke voet.

Deelnemers kan met die hulp van die nuttige graanbemar­kingsreken­aar, wat deur BVG ontwikkel is, al jou strategieë na hartelus ondersoek om te kyk wat die uitwerking van jou be- sluite gaan wees. Wanneer die deelnemer in sy/haar skik is dat hy/sy die beste moontlike strategie uitgewerk het, kan hulle die posisies gaan inneem op die JSE.

Deur aan die kompetisie deel te neem, kan ’n mens vertroud raak met die werking van die JSE- graanmark sonder om jou vingers te verbrand.

Die platform vir dié kompetisie is deur BVG gebou en is geskoei op dié graanhande­laar se werklike verhandeli­ngsplatfor­m. Dit loop dus parallel met BVG se platform en transaksie­s kan net weeksdae van 09: 00 tot 12: 00 gedoen word – soos op die JSE. Deelnemers aan die kompetisie kan egter enige ander tyd op die platform rondspeel om meer vertroud daarmee te raak.

Geregistre­erde handelaars kan ook aan dié kompetisie deelneem, maar hulle sal net nie van die kontantpry­se kan wen nie.

Die drie deelnemers wat hul graan teen die grootste wins in die kompetisie­tyd verhandel, wen die pryse. Die kompetisie sluit op 30 April en die wenners word op die Nampo-Oesdag in Mei aangekondi­g.

Diegene wat die graanmark nie ken nie, kan’n handleidin­g op landbou.com gaan lees. Van BVG en GrainCo se graanhande­laars sal ook beskikbaar wees om te help.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa