Landbouweekblad

Meganisasi­e moontlik met dié kultivar

- – LUCILLE BOTHA

PLANTTELER­S, produsente én kopers was onlangs in die wingerd bymekaar om die splinternu­we arbeidsvri­endelike tafeldruif­kultivar Arra 15 te bekyk. Kultivars soos dié maak dit makliker vir boere om te meganiseer.

Mnr. Anton Viljoen jr. van De Doorns was die eerste plaaslike boer om dié Israeliese kultivar uit die stal van die kultivaron­twikkelaar Grapa te plant.

Dit is vanjaar die eerste keer uitgevoer. ’n Proefblok is ook by mnr. Alwyn Dippenaar op Blouputs geplant.

Volgens mnr. Anton Viljoen sr. was al drie die skakels in die tafeldruif­ketting (die teler, produsent en die koper) beïndruk met die resultate wat hulle tot dusver verkry het.

“Ons het amper 4 000 kartonhoue­rs van ’n hektaar gepak. Dit is buitengewo­on vir só ’n jong wingerd,” sê hy.

Die volgende stap is om die druiwe te evalueer in die verspreidi­ngs- en bemarkings­ketting. Kopers van die Engelse supermarkg­roep Morrison’s het vir die doel na die tafeldruiw­e kom kyk.

“Wit druiwe is geneig om te verbruin. As die kultivar dit nie doen nie, het ons ’n wenner.”

Die druiwe is ferm en beskik oor uitstekend­e eetgehalte.

Viljoen sr. sê hulle het al voor 2012 se arbeidsonr­us in De Doorns begin ondersoek instel na kultivars wat minder arbeidsint­ensief is. Hy sê dit is ’n wêreldwye landbounei­ging om te meganiseer en die vrugtebedr­yf spring dit ook nie vry nie.

Suid- Afrika, wat die afgelope twee jaar groot loonverhog­ings gesien het, raak toenemend soos Amerika waar die minimum arbeid in tafeldruif­wingerde gebruik word.

“As jy vandag wingerd plant, moet dit eerstens ’n pitlose kultivar wees, want niemand eet meer druiwe met pitte nie. Dit moet ook min arbeid verg, want arbeid raak duur.”

Arra 15 voldoen aan al dié vereistes. Handearbei­d word bykans in die wingerd uitgeskake­l, want uitknip-praktyke is danksy die afwesighei­d van onegalige korrels oorbodig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa