TOEKOMS VAN CHEMIESE ONKRUIDBEHEER ‘MOEILIK’
AL is daar 220 chemiese verbindings wat as onkruiddoders geklassifiseer word en meer as 20 meganismes van werking, gaan daar nie binnekort nuwe chemiese oplossings vir onkruidbestryding kom nie, sê prof. Baruch Rubin, emeritusprofessor in onkruidwetenskap aan die Hebreeuse Universiteit van Jerusalem.
Regoor die wêreld het verskillende onkruidsoorte reeds weerstand teen 148 onkruiddoders ontwikkel. Onkruid met weerstand teen onkruiddoders is reeds by 65 gewasse in 61 lande aangeteken.
Rubin het op die gesamentlike kongres van die SuidAfrikaanse verenigings vir gewasproduksie en grondkunde en die SuiderAfrikaanse verenigings vir tuinbouwetenskap en onkruid wetenskap op George gesê die laaste dat ’ n nuwe meganisme van werking ontwikkel is, was HPPDinhibeerders laat in die 1980’s.
Mult i n a s i o n a l e c h e mi e s e maatskappye, soos Monsanto en Syngenta, ontwikkel tans geneties gemodifiseerde soja, katoen en mielies wat nie net teen glifosaat of glifosinaat bestand is nie, maar ook teen onkruiddoders met aktiewe bestanddele, soos 2,4D, die sogenaamde fops, dikamba en ALS. Hy waarsku dat dié nuwe onkruiddoderbestande gewasse daartoe kan lei dat meer onkruid weerstand teen onkruiddoders ontwikkel.
Sy opmerking dat boere dalk sal moet teruggaan na ’n skaarploegbewerking elke drie jaar, het veral WesKaapse navorsers in die veld van bewaringsboer dery diep laat frons.
Hoewel die probleem met onkruidweerstand in SuidAfrika nie so groot is soos in Amerika en Australië nie, flikker die gevaarligte wel. Daarom is die SuidAfrikaanse inisiatief vir onkruiddoderweerstand (Sahri) en beste landboupraktyk onlangs by die Universiteit van Pretoria begin om boere oor onkruiddoderweerstand in te lig.