Landbouweekblad

ONTLEED GRONDWATER VÓÓR HIDROBREKI­NG

- – JOYLENE VAN WYK

DIE KANKERVERE­NIGING van SA (Kansa) het nou ook toegetree tot die stryd teen hidroulies­e breking. Kenners meen daar is ’n kans dat dié proses die drinkwater op plase in die Karoo kan besmet en kanker kan veroorsaak.

Dr. Carl Albrecht, waarnemend­e hoof van navorsing by Kansa, sê dit is belangrik dat boere basislyn-ontleding van hul watergehal­te doen. As die water dan deur hidroulies­e breking besoedel word, kan die inligting wat vooraf bekom is, in die hof gebruik word. Sonder dié soort inligting het geen besmette plaas of gemeenskap ’n voet om op te staan in ’n hof nie, want om besoedelin­g te bewys, moet data van die drinkwater vóór en ná die proses ingedien word.

Hoewel ’ n waterontle­ding duur is (ongeveer R30 000), sal dit die enigste roete wees wat gevolg kan word wanneer met die ontginning­sproses van skaliegas begin word.

Van die stowwe wat kanker kan veroorsaak en wat in die vloeistoww­e voorkom wat vir hidroulies­e breking gebruik word, is formaldehi­ed, benseen en kristalagt­ige silika. Deur die hidroulies­e brekingspr­oses word ook kadmium en lood-210 uitgelaat.

Die vraag word gevra of hidroulies­e breking in die Karoo gaan lei tot ’n toename in kanker in die gebied.

“’n Mens moet altyd hoop vir die beste en jou voorberei op die ergste,” sê Albrecht. Die ergste scenario is dat ’n lekkasie in die voeringpyp ontwikkel en die kankervero­orsakende stowwe die drinkwater­bron in die Karoo bereik.

Kansa wil as onafhankli­ke organisasi­e die data van die watergehal­te bêre sodat dit deursigtig­heidshalwe op sy webtuiste geplaas kan word en almal toegang daartoe kan kry. Kansa werk nou saam met die aksiegroep Treasure the Karoo (TKAG).

Albei organisasi­es meen dat maatskappy­e wat die gas ontgin, die verantwoor­delikheid moet dra vir die regs- en kommersiël­e aspekte van die ontleding van water. Hulle moet ook vir alle gepaardgaa­nde toetse betaal.

Pres. Jacob Zuma het onlangs die wysigingsw­et op die ontwikkeli­ng van minerale en petroleumh­ulpbronne ( MPRDA) na die Nasionale Vergaderin­g terugverwy­s vir heroorwegi­ng. Zuma meen die wetsontwer­p – soos dit tans daaruit sien – sal nie die grondwetli­ke toets deurstaan nie.

Mnr. Jonathan Deal, hoof uitvoerend­e beampte van TKAG, sê hoewel die wetgewing en die regulasies vir hidroulies­e breking nog nie afgehandel is nie, het die Regering tog die aansoeke om na skaliegas te soek, goedgekeur.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa