Mielieboere veral kwesbaar, sê bankman
BOERE gaan al hoe meer berekend en wetenskaplik moet boer as hulle in ’n veranderende klimaat wil oorleef, sê mnr. Zahnn Meyer, hoof van landboukommoditeite by Nedbank Capital, in ’n verklaring.
Hy sê die dae wat boere kon wegkom deur groot bedrae geld in aanplantings te belê en dan te hoop dat die weer sou saamspeel, is verby. Meyer verwys spesifiek na die mieliebedryf, waar klimaatsverandering volgens hom die beduidendste impak toon. “Boere met ’n belê-en-hoop-benadering is so te sê op ’n kort pad na bankrotskap.”
Hy meen boere gaan op tegnologie, wetenskaplike l andboupraktyke en streng prysverskansings moet staatmaak om hul bedrywe teen die risiko’s van klimaatsverandering te beskerm.
As voorbeeld wys Meyer na die noodsaaklikheid om in tegnologie te belê wat help met grondontledings en die monitering van vog- en suurvlakke. So kan verkwisting deur aanplantings in sub-optimale grond bestry word.
“Natuurlik is dié tegnologie duur, maar banke wat vooruit dink, raak al hoe meer geneë om dit te finansier. Dít as boere wys dat hulle hul doeltreffendheid en opbrengs met verloop van tyd kan laat groei deur volhoubare beplanning.”
Vir hom begin volhoubare beplanning by finansiële bestuur. Hy moedig boere aan om die beginsel van derdes toe te pas in die verkoop van hul oeste. Daarmee saam sê hy oesversekering is nie onderhandelbaar nie.
“Hoewel d i t o nr e a l i s t i e s is om te verwag dat elke boer duur versekering uitneem, i s dit ’n gevaarlike benadering om geen versekering uit te neem nie onder die voorwendsel dat haelversekering te duur is, veral in die lig van die vinnig veranderende en onvoorspelbare weerpatrone wat nou oor die hele land heers weens klimaatsverandering.”
Hy moedig boere aan om eerder sekere funksies uit te kontrakteer aan spesialiste as om alles self te probeer doen. Hy sê boere moet eerder daarna streef om deurentyd die beste oeste met die grootste moontlike opbrengs op die volhoubaarste manier te lewer. – JASPER RAATS
Wetenskaplikes is bekommerd oor die voortbestaan van die groukat (op foto), ook bekend as ’n vaalboskat ( Felissilvestrislybica) . Hul grootste bedreiging is verbastering met die gewone huiskat ( Felis silvestriscatus) . Derhalwe het Sanparke ’n taakspan, onder leiding van dr. Llewellyn Foxcroft, wetenskaplike by Sanparke, saamgestel wat onverpoos werk om huiskatte en ander indringers uit alle parke te verwyder. Die vestiging van menslike nedersetting in en naby aan die natuurlike habitat van die wildekat is derhalwe ’n groot probleem. “Daar is reeds tekens van verbastering,” sê dr. Jaco le Roux, senior lektor en navorser aan die Universiteit Stellenbosch, wat die genetiese ontleding vir navorsing gedoen het. Dr. Marna Herbst, wat haar doktorale studies aan die Universiteit van Pretoria oor die groukat gedoen het, het dié groukat (Tom) naby die Leeudril-watergat in die Kgalagadi-oorgrenspark afgeneem. Tom is ongeveer ’n jaar oud.