Snoeker beurtkrag met goeie strategie WETENSKAPLIKES WIL GROUKAT RED
moet ’n strategie hê om kragprobleme te oorkom. Dié ondernemings, veral voedselverwerkers, gaan voortdurend probleme ervaar om hul kragtoevoer te bestuur sodat hulle bedryfsvereistes kan nakom.
“Dit is ironies en eintlik hartseer, maar diegene wat dit doeltreffend bestuur, sal ’n mededingende voordeel bo hul mededingers hê,” sê dr. John Purchase, hoof- uitvoerende beampte van die landbousakekamer Agbiz.
Op ’n vergadering wat die Nasionale Ekonomiese, Ontwikkelings- en Arbeidsraad (Nedlac) in Desember met me. Tina JoematPettersson, Minister van Energie, gehad het, was dit duidelik dat die situasie van beurtkrag elke nou en dan nog minstens drie tot vier jaar lank gaan voortduur, volgens Agbiz se nuusbrief.
Besigheidseenheid SA (Busa) het onlangs weer met die Regering oor energie vergader.
Purchase sê dit is egter duidelik die land bevind hom in ’n “absoluut onbenydenswaardige posisie”.
Hy moedig ondernemings aan om, afgesien van ’n strategie vir beurtkrag, wat onvoorspelbaar is, ook ’n strategie te hê vir die ergste scenario, naamlik ’n ineenstorting van die kragstelsel.
“Dít kan katastrofiese gevolge hê omdat dit weke kan duur om die netwerk weer aan te skakel.”
Purchase sê daar moet nou druk op die nuwe Eskom-raad geplaas word om die kragmaatskappy te herstruktureer sodat kragopwekking en -verspreiding geskei word.
Dit is belangrik dat die Regering en Eskom toenemend ooreenkomste met onafhanklike kragvoorsieners sluit en dat ’n gunstiger omgewing vir sulke voorsieners geskep word.
“Die Regering, deur die Nasionale Energiereguleerder (Nersa), was baie laks daarmee. Die omgewing was nog nooit gunstig genoeg nie, selfs al is daar private ondernemings wat baie gretig is om betrokke te raak.”
’n Nuwe hidro-kragopwekkingsprojek sou beurtkrag onnodig gemaak het as dit betyds voltooi is. Bouwerk aan die Ingula-projek tussen Harrismith en Ladysmith op die grens tussen KwaZulu-Natal en die Vrystaat is vier jaar agter. Die werk het in November 2013 tot stilstand gekom ná ’n ongeluk waarin ses werkers in ’n waterskag dood is. Die Departement van Minerale Hulpbronne het die werk tot stilstand gebring omdat die kontrakteur, wat glo “politieke kontakte” het, se werkmetodes onveilig bevind is. Die projek behels ’n pompstoorstelsel, wat bestaan uit ’n dam water met ’n hidrokragopwekkingstasie wat gebruik kan word wanneer daar ’n kragopwekkingskrisis elders is. Mnr. David Easton, ’n ingenieur en kostekonsultant, sê die finale koste van die projek gaan dubbel soveel as die beraamde R27 miljard wees. Michael Fridjhon, wynrubriekskrywer, sê daar is gretige afwagting by die land se wynprodusente op die invloedryke Britse wynskrywer Jancis Robinson se besoek. Volgens hom sal gunstige kommentaar van haar oor die land se wyn ’n goeie verwysing in die internasionale wynspel wees. Daar is egter tekens van gevoelens van ontoereikendheid wat volgens Fridjhon ongelukkig voortspruit uit die tyd toe die bedryf teruggekeer het uit isolasie en die Australiërs in 1995 ’n proekompetisie (SAA Shield) tussen Suid-Afrikaanse en Australiese wyn gewen het. Dit lyk asof die land se produsente sedertdien nooit weer, ondanks verskeie internasionale suksesse, die vertroue herwin het wat nodig is om die bedryf van “koloniale plaasjapies” na hoofstroomprodusente te transformeer nie. Fridjon sê Robinson besing toenemend die lof van voorste Kaapse wyne.
faks 021 406 2940; tel. 021 406 2297. Verskaf ook u telefoon- of selnommer.