Landbouweekblad

ÁL MEER GEBIEDE KWESBAAR VIR PLAASAANVA­LLE

- – GERRIT BEZUIDENHO­UT

AL HOE meer gebiede word deur Afriforum en die TLU SA beskou as kwesbare gebiede vir potensiële plaasaanva­lle. Genl. Chris van Zyl, assistent- hoofbestuu­rder van die TLU SA, sê die handhawing van die huidige vlak van plaasaanva­lle, te midde van ’ n krimpende getal kommersiël­e boere, beteken dat plaasaanva­lle pro rata toeneem.

“Dié verskynsel word bevestig deur die Instituut vir Sekerheids­tudies se syfers wat in die geval van boere ’n toename van 98,8 per 100 000 mense in 2011; 120,4 in 2012 tot 132,8 in 2013 aantoon,” sê hy.

Van Zyl meen daaruit kan afgelei word dat die Suid-Afrikaanse Polisiedie­ns se landelike veiligheid­strategie nie doeltreffe­nd is nie, en dat in die praktyk geen voorrang aan landelike veiligheid, met spesifieke verwysing na landbouver­wante misdaad, verleen word nie.

Dit is egter die pro rata-styging in plaasaanva­lle wat tot onsekerhei­d lei, veral aangesien nuwe, kwesbare gebiede geïdentifi­seer word.

Die kwesbare gebiede wat Van Zyl geïdentifi­seer het, sluit in die Wallmansta­l- gebied noord van Pretoria, die Ermelo-korridor in Mpumalanga (tussen Ermelo en Swaziland), Tzaneen en Vivo in Limpopo, Brits en Rustenburg in Noordwes en Bloemfonte­in/ Botshabelo i n die Vr yst aat. Nuwe gebiede wat geïdentifi­seer is, is Vryheid, die Middelland en die Suidkus in KwaZulu- Natal en Barkly-Oos in die Oos-Kaap.

“As ek die beskikbare statistiek ontleed, kan ek nie anders nie as om twee afleidings te maak: Daar is spesifieke gebiede wat herhaaldel­ik deurloop, en dan is daar in sekere ander gebiede ’n voortduren­d wisselende patroon van misdadighe­id.

“Dit laat my glo dat ’ n veel groter gebied as hierbo genoem, blootgeste­l is. Daarbenewe­ns is die vlak van aangemelde moorde al vir ’n hele paar jaar konstant, wat daarop dui dat die situasie allermins verbeter het. Dit skep onsekerhei­d onder ’ n aansienlik groter aantal landelike inwoners,” sê Van Zyl.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa