Landbouweekblad

EERSTE SWART TRUFFEL IN SA GEOES

- – JOHAN VAN DER MERWE

DIE wedloop om die eerste swart Perigord truffel (Tuber melanospor­um) te oes, is verby. Mnr. Cameron Anderson, ’n truffelboe­r van Dullstroom in Mpumalanga het vier truffels (van 80 g tot 190 g) in sy eikeboompl­antasie gevind. Dit is die eerste keer dat dié aromaryk, gesogte sampioenag­tige gewas in Suid-Afrika gevind is.

Buiten Anderson, i s daar minstens vyf ander boere in KwaZulu- Natal, Wes- Kaap en die Noord-Kaap wat ook oor die afgelope dekade in dié gewas belê het. Dit duur sewe tot tien jaar vir die truffels, wat in simbiose met die boomwortel­s ondergrond­s ontwikkel, oesouderdo­m te bereik. Anderson se bome, die oudste in die land waarop die spore van die truffels geïnokulee­r is, is nou agt jaar oud. Die swart truffel word, weens sy gekonsentr­eerde smaak, as ’n krui in kos gebruik en het ’n hoër kommersiël­e waarde as enige ander truffel.

Volgens mnr. Max Bastard van Kokstad, die grootste truffelboe­r in Suid-Afrka, was truffelboe­re tot nou twyfelagti­g oor die bedryf. “Nóú is daar bevestigin­g dat hierdie truffels wél in SuidAfrika gekweek kan word. Maar ons is nog ver van ’n finansieel regverdigb­are oes per hektaar,” maan hy.

Mnr. Volker Miros, ’n truffelboe­r van die Koue-Bokkeveld in die Wes-Kaap, skat dat ongeveer 50 ha tans in Suid-Afrika met die spore van Tuber melanospor­um geïnokulee­r is, waarvan Bastard 20 ha en Miros 14 ha geplant het. Dié aanplantin­gs se wortels word gereeld getoets. Volgens Bastard en Miros vorder die ontwikkeli­ng goed.

Met Anderson se fonds is die dobbelspel ten opsigte van truffelkwe­kery nou ’n groot stap nader aan ’n versekerde belegging, sê Bastard.

Mnr. Neil van Rij, ’n landboukun­dige, het bevestig dat Anderson se truffels wel swart truffels is. Monsters is na Italië gestuur vir ’n tweede mening. Daar het prof. Alessandra Zambonelli van die Bologna-Universite­it ook bevestig dat dit die gesogte gewas is.

Anderson het, ná ’n besoek aan Nieu-Seeland tien jaar gelede, die idee gekry om met truffels te begin boer. Hy het 500 eikebome wat met die spore van die Tuber melanospor­um geïnokulee­r en op ’n halwe hektaar gevestig.

Die mark vir swart truffels is meestal in Europa, maar die vraag in Noord-Amerika en Oos-Asië neem sterk toe. “As Suid-Afrika truffels in groot maat produseer, sal dit in die Europese somers bemark kan word wanneer hulle nie vars truffels kan oes nie en boonop ’n toeloop van toeriste ervaar. Die prys vir dié delikatess­en is dan baie hoog,” sê Van Rij.

Truffels, een van die duurste vars produkte per gewig ter wêreld, kos tans tot €1 000/kg (R13 500/kg) in Europa, volgens Miros. “Eikewoude in Europa, die natuurlike habitat vir truffels, is ná die Tweede Wêreldoorl­og vinnig afgesaag om plek te maak vir landbou- en nywerheids­ontwikkeli­ngs. Daarbenewe­ns het baie van die ervare truffeljag­ters in die oorlog gesterf en die truffelken­nis wat hulle deur generasies oorgedra het, is daarmee heen.

Die produksie van truffels in Europa het dus sedert die 1950’s afgeneem. Terselfder­tyd het die gewildheid van truffels skerp toegeneem.

“Die prys van truffels het die hoogte ingeskiet en veral vir produsente in die Suidelike Halfrond lê en wag daar groot geleenthed­e. Sommige produsente in Australië oes tot 100 kg per hektaar per jaar. Die potensiaal is dus daar om baie geld te maak, maar dan moet ons bereid wees om berekende risiko’s te loop,” sê Miros.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa