Landbouweekblad

EU-BOERE ERG GEKWEL OOR BUROKRATIE­SE ROMPSLOMP TEKEN IN EN BESPAAR!

- – NICO VAN BURICK

SOWAT 400 000 mense het vanjaar die Grüne Woche ( groen week), een van die grootste toonvenste­rs vir die landbou ter wêreld, in Berlyn, Duitsland, besoek.

Ondanks die sukses van dié ekspo, is die gees onder boere neerdrukke­nd weens ’n verwagte afname van sowat 1,6 miljard euro (R24 miljard) in beoogde beleggings in die landbou vanjaar in Duitsland. Beleggings was verlede jaar 6,3 miljard euro (R94,5 miljard) en sal waarskynli­k vanjaar 4,7 miljard euro (R70,5 miljard) wees.

Mnr. J o a ch i m Rukwied, voorsitter van die Duitse landbou-unie, beskou burokrasie en rompslomp wat met die Europese Unie se algemene landbou-be- leid (CAP) gepaardgaa­n, as een van die boere se grootste struikelbl­okke. “Elke nuwe regulasie lei tot minder beweegruim­te, ’n toename in koste en minder wins.” Hy sê weens die groeiende vraag na kos is daar nogtans goeie vooruitsig­te.

Mnr. Christi an Schmidt, Duitse minister van landbou, het beloof om namens boere te veg teen onnodige burokratie­se struikelbl­okke wat veroorsaak dat die CAP dreig om in ’n doodloopst­raat te beland.

Hy sê die CAP skep ’n betroubare, stabiele wetsraamwe­rk wat boere nodig het en verseker die subsidies wat hulle beskerm. Onnodige burokrasie kos boere egter geld. Daar is onder meer verwys na beperkinge op die gebruik van kunsmis en vereistes vir groen stroke wat gevestig moet word en oormatige klem op dieresorgv­ereistes.

Schmidt sê die publiek neem toenemend kennis van waar hul kos vandaan kom en die toestande waarin dit geprodusee­r word.

Hy sê mense se borde moet nie oorlaai word met regulasies oor wat hulle behoort te eet en hoe hulle dit moet eet nie. ’n Opname deur sy departemen­t toon dat 89% van die publiek net meer inligting wil hê sodat hulle self kan besluit. Net 13% glo politici moet regulasies skep oor voeding.

Die groen week is vanjaar die 80ste keer aangebied en 1 658 uitstaller­s uit 68 lande het daaraan deelgeneem.

Boere moet besef dat hul relatiewe afsonderin­g op plase tot gevolg het dat snel reaksie deur die SAPD en sekuriteit­smaatskapp­ye nie altyd en oral gewaarborg is nie. Benewens doeltreffe­nde sekuriteit­smaatreëls om vroeë waarskuwin­g te verskaf, is dit belangrik dat die naaste bure voorbereid sal wees om tydens noodtoesta­nde hulp te verleen. Sodanige hulp kan deur vrywillige betrokkenh­eid by ’n “plaaswag” bewerkstel­lig word wat saam met die SAPD ’n groter mate van teenwoordi­gheid kan bewerkstel­lig.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa