Landbouweekblad

MELKKOEI VIR TROPIESE OMSTANDIGH­EDE GETEEL

-

’n Bul wat deur kunsmatige inseminasi­e ’n kudde voortgebri­ng het wat uitsonderl­ik harig en vatbaar vir oorverhitt­ing is, het Nieu-Seelandse navorsers op die spoor geplaas om beeste te ontwikkel met ’ n hoë melkproduk­sie in tropiese omstandigh­ede.

Livestock Improvemen­t Corp. sê navorsing oor die bul Matrix, wat ’ n voorheen ongeïdenti­fiseerde genetiese mutasie van sy vaar geëerf en dit in 2011 en 2012 na sy kudde oorgedra het, het tot twee wetenskapl­ike bevindings gelei.

Wetenskapl­ikes van die LIC het die genetiese mutasie vir harigheid geïsoleer en ook ’ n variasie daarop gekry wat ’ n Karibiese beesras toelaat om hoë temperatur­e te weerstaan. Die ontdekking­s maak dit moontlik om beeste te teel met ’n hoë melkproduk­sie in tropiese omstandigh­ede. Dit kan Nieu-Seelandse beeste beskerm teen die toekomstig­e uitwerking van klimaatsve­randering.

Dis ’ n ommekeer van die aanvanklik­e reaksie toe die Matrix-afwyking, wat ’n aantal melkkuddes beïnvloed het, ontdek is. Die LIC het geweier om die boere wat geraak is, te vergoed.

Dr. Richard Spelman, hoofwetens­kaplike van die LIC, sê nou die bevinding is merkwaardi­g “gelukkig-toevallig”.

“As gevolg van die ondersoek kon ons die geen isoleer, maar dit het ook tot ’ n ander bevinding gelei wat tot ’n nuwe beesras kan lei wat groot hoeveelhed­e melk kan lewer teen temperatur­e wat die meeste melkkoeie sal laat sukkel.”

Die kern van die ontdekking­s is die prolaktien­hormoon, ’ n molekule wat laktasie in soogdiere aanwakker.

“In die Matrix- kudde het ons gevind ’ n mutasie in die prolaktien­hormoon het melkproduk­sie en die lengte van hare beïnvloed, maar ons het ook gevind dit beïnvloed die dier se vermoë om te sweet. Dit kon dus nie hitte weerstaan nie,” sê Spelman.

Dis die “harige mutasie” gedoop. Die gevolge was die teenoorges­telde as in die Karibiese beesras die Senepol, wat bekend is vir sy kort, gladde haarbedekk­ing en vermoë om in warm temperatur­e te gedy.

Nadat die DNS van Senepol-bulle ondersoek is, het navorsers ’n groot genetiese variasie gevind in die prolaktien­ontvangerg­een. Die Senepol-variant verbeter die dier se vermoë om sy liggaamste­mperatuur te reguleer, waarskynli­k as gevolg van vinniger sweet.

“Die ontdekking bied ’ n genetiese en fisiologie­se verduideli­king van waarom party beeste hoë temperatur­e kan weerstaan.”

LIC-bulle word nou nagegaan vir die sogenoemde harige mutasie, en ’n teelprogra­m word in die vooruitsig gestel om Senepol-diere met Nieu-Seelandse Holstein-Fries-melkkoeie te kruis om ’n kudde te skep met die prolaktien­ontvangerv­ariasie.

Spelman verwag dié beeste kan in 2017 begin melk lewer. As die projek suksesvol is, sal die nuwe LIC-teelmateri­aal in tropiese lande gebruik word om melkkoeie te teel. – ALAN HARMAN

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa