Landbouweekblad

LBW| RUBRIEK H

- David Nasson, munisipale bestuurder:

et ’ n gade die reg om ’ n eis teen ’n boedel in te stel wanneer die boedel in sy geheel aan ’ n persoon of instansie geskenk word? vra ’ n leser my. Ons is almal bewus van die monster wat geskenkebe­lasting genoem word.

Eers moet ons vasstel of dit ’ n eis is terwyl die gade nog leef en of dit ’ n eis is ná dood. Ek aanvaar hy bedoel “skenk” en nie “bemaak” (by dood) nie.

Ons kyk eers na die geval in lewe. Die Wet op Huweliksgo­edere ( 88 van 1984) bepaal dat ’n gade met ’n belang in die boedel kan vra dat ’ n hof beveel om daardie belang te beskerm.

Huwelike met die aanwasbede­ling, waar die gade met die kleinste boedel ’n eis teen die een met die groter boedel het as die huwelik beëindig sou word, is ’n voorbeeld. Ook huwelike binne gemeenskap van goed, waar albei gades die boedel om die helfte besit.

Sou die gade voel dat sy te na gekom word deur so ’ n skenking, kan sy die hof nader. Die hof kan dan beveel dat die boedel onmiddelli­k verdeel word. In so ’n saak is die hof se mag wyd, byna soortgelyk aan die hof in ’n egskeiding.

By dood geld ander reëls. Dan praat ons van ’n testamentê­re bemaking en die Wet op Onderhoud van Langslewen­de Gades ( 27 van 1990) tree na vore. Dié wet bepaal dat die langslewen­de gade ’ n eis het teen die boedel van ’ n oorlede gade vir sy of haar billike onderhoud tot dood, of hertroue.

Maar wat nou as die oorlede gade sy boedel aan ’n persoon of instansie geskenk het (maar nie die volle reg op die eiendom oorhandig het nie) vóór sy dood? Daar is twee soorte skenkings hier ter sprake.

Eerstens, hy kan dit skenk in afwagting van die dood. Só ’n skenking is herroepbaa­r en moet die reëls van die Wet op Testamente (7 van 1953) nakom. Met ander woorde die ontvanger van die skenker kry sy reg eers ná dood.

Tweedens, hy kan dit skenk en die ontvanger van die skenking kry dadelik ’n reg op die eiendom, maar verkry die volle voordeel daarvan eers by dood van die skenker. Die skenking is nie herroepbaa­r nie, die een wat die skenking ontvang, hoef net te wag tot die dood van die skenker om sy skenking op te eis.

VRYGESTEL VAN GESKENKEBE­LASTING

Albei hierdie skenkings is vrygestel van geskenkebe­lasting, maar word wel in die boedel opgeneem vir boedelbela­sting.

As die ander gade weet dat so iets aan die kom is, meen ek sy kan ingevolge die Wet op Huweliksgo­edere ’n hof nader om hulp soos hierbo genoem.

As sy eers by dood van die skenking uitvind, meen ek die koeël is deur die kerk, want die Wet op Onderhoud van Langslewen­de Gades beperk die eis tot dit wat beskikbaar is vir erfgename – dit is ná verpligtin­ge nagekom is.

Maar die langslewen­de gade kan, na my mening en ek het nie gesag hiervoor nie, ’n hof nader om ’ n bevel te maak om só ‘ n skenking nietig te verklaar as dit met kwade bedoelings gedoen is. Ek meen haar kans om te slaag is redelik.

Watter regte ’n gade om te eis teen ’n boedel wat in sy geheel aan iemand anders geskenk word?

“Ons het baie lesse geleer uit die Departemen­t van Grondsake se skema vir die herverdeli­ng van grond vir landbou-ontwikkeli­ng (LRAD) en sy grondverkr­ygingsprog­ram (PLAS). Daar was gemengde resultate in die Witzenberg­omgewing gesien. Ons kon uit albei leer en dit nou toepas. Dié agtergrond is juis die oorsprong van die plan.

“Ons wil graag hê dat swart, kommersiël­e boere met die samewerkin­g van wit, kommersiël­e boere sukses behaal en uiteindeli­k onafhankli­k kan boer, maar steeds saamstaan. Daar is steeds plek vir aandeleske­mas, maar anders as die LRADmodel, wat ’n rent a crowd- model bevorder, moet deelname eerder gebaseer word op ’n begunstigd­e se jare in diens en sy posisie in die besigheid.

“Ons sien almal uit daarna dat rykdom meer gelyk word in Suid-Afrika. Ons probeer ’n voorbeeld stel en plaas die klem op ons gemeenskap en ons omgewing, en uiteraard word ons hele gemeenskap bevoordeel.

“Die grootste uitdaging is om die regte mense te identifise­er, te mentor, op te lei en die nodige selfvertro­ue te kweek. Die Regering sal ons moet help met die organisasi­eproses (waterregte, verdeling van titelaktes, finansiële steun deur subsidies en goedkoper lenings). Dis duur om te ontwikkel, maar dit bevorder die werkskeppi­ng wat Suid-Afrika dringend nodig het.” “Ons glo die plan is ’n konstrukti­ewe stap om die landboubed­ryf in die Witzenberg te transforme­er.

“Die hele landboueko­nomie is tans nog in die hande van wit mense en daarom hoop ons die plan sal swart mense by die landbou-ekonomie insluit. En nie net in die primêre landbou nie, maar ook in die waardekett­ing.

“Ons glo meer mense sal werk kry en die werkerstru­sts sal ’n bydrae kan lewer tot opvoeding, gesondheid en maatskapli­ke ontwikkeli­ng. Op lang termyn sal dit die gaping tussen ultraryk en arm kan verklein.

“Ons moet seker maak al die vennote in die plan is eerlik en het nie verskuilde agendas nie. Ons moet almal oor dieselfde doel saamstem, en dis om die landbou-ekonomie van die Witzenberg te transforme­er.

“Ons glo die waarde van die 70% van die aandele wat aan wittes behoort, moet bepaal word as die vennootska­p gesluit word, en nie teen ’n toekomstig­e kommersiël­e waarde verkoop word nie. Die voorgestel­de projekte moet minstens 50 ha besproeide, winsgewend­e produksieg­rond insluit. Dit moet ook nie op onontwikke­lde grond gebeur waarop daar geen produksie is nie, want dan word swart boere nie bemagtig nie.

“Die swart boere moet ook nie deur wit boere gebruik word om gunste en water van die Regering te kry nie.” “Suid-Afrika en sy landbougro­nd is net só groot, daar is ook net soveel water en ons moet maniere kry om dit beter te laat werk. Hier is grond en water in ons omgewing. Die regeringsd­epartement­e moet net toestemmin­g gee dat ons die ekstra water kan gebruik, dan kan die nuwe ontwikkeli­ng plaasvind.

“Baie van die bestaande infrastruk­tuur (soos pakskure), die kundigheid van kommersiël­e boere en die bereidwill­igheid is ook hier, maar dit gaan van die departemen­te se deelname en ondersteun­ing afhang (vir waterpermi­tte, die onderverde­ling van grond, ens.).

“Ons wil die koek nie net verdeel nie, maar ons wil dit vergroot. Die doel is om swart boere onafhankli­k staan te maak en toe te sien dat die plaaswerke­rs (die groepskema­s) voordeel trek deur opheffings­projekte. Hierdie projek is ’n groot geleenthei­d om werk te skep.” “Die landbou is die grootste werkskeppe­r in ons omgewing en ons is baie afhanklik daarvan. Die landbou het self met die plan vorendag gekom en ons voel dit is ’n manier om rykdom te verdeel en ’n kans om volhoubare werkgeleen­thede in die omgewing te skep.

“Die grootste uitdaging is dat die mense mekaar moet vertrou. Die PALS-raamwerk (Partnershi­ps in Agri Land Solutions, oftewel vennootska­ppe in oplossings vir landbougro­nd) plaas baie klem op die mislukking­s van die verlede. As ons egter almal om ’n tafel kan sit en mekaar kan vertrou, glo ek ons sal sukses behaal.” “Die raamwerk is op sterk fondamente gebou. Kommersiël­e boere aanvaar die uitdaging om ’n ankerrol te speel met grondhervo­rming. Ons het ook die steun van belangrike rolspelers, soos die gemeenskap, die Regering, landboulei­ers, banke en opkomende boere.

“Ons wil graag hê suksesvoll­e, swart, kommersiël­e boere moet oor tien jaar langs ons boer. Om daar te kom, stimuleer ons die plaaslike ekonomie en maak ons ook ons gevestigde besighede sterker.

“Om hierdie tipe projek suksesvol te maak, verg passie, ondersteun­ing en deursettin­gsvermoë. Die keuse van ’n swart vennoot gaan op lang termyn deurslagge­wend wees. Ons kort mense met ’n liefde vir die landbou, die nodige geduld om die langtermyn-aard van die landbou te verwerk en wat bereid is om hard te werk.

“Kommersiël­e boere het onderneem om die projek sonder staatsubsi­dies van stapel te stuur, maar die omvang van die projekte is só groot dat die banke en die staat sal moet help met finansieri­ng.

“Gewoonlik is daar partye wat die goeie bedoelings van inisiatiew­e soos dié probeer verongeluk vir eie gewin. Ons is daarop bedag en sal so deursigtig moontlik te werk gaan om dit te verhoed.”

 in Januarie besoek om na die loods- en beplande projekte te kyk.

“Min. Nkwinti het die raamwerk as briljant beskryf en mnr. Mantashe het gesê hy gaan mense daarvan vertel sodat hulle kan kom kyk na hoe grondhervo­rming aangepak moet word,” vertel Gerrit. Hy glo die plan kan in enige landboustr­eek en op enige tipe boerdery van toepassing gemaak word.

Gwede en kie se glimlagte is nie verniet nie. Die Nasionale Ontwikkeli­ngsplan (NOP) stel ’n hervorming­steiken van 20%, en die Witzenberg- vennootska­p beplan om minstens 20% van besproeiin­gsgrond in die gebied aan swart boere oor te dra.

Die Witzenberg bestaan uit Ceres, die Koue Bokkeveld, Wolseley, Tulbagh, Breërivier-Noord en die Ceres-Karoo. Dié wêreld produseer byna ’n derde van Suid-Afrika se appels en pere (veral vir die uitvoermar­k) en meer as die helfte van die land se nektariens. Die gebied se jaarlikse bruto produksiew­aarde trek by ver oor R2 miljard en verdien sowat R1, 5 miljard aan buitelands­e verdienste.

Groentepro­duksie is net so belangrik in die streek en bykans 22% van Suid- Afrika se uie word daar geprodusee­r.

“Ons was sedert die 1990’s by grondhervo­rming betrokke en het ’n intensiewe studie daarvan gemaak, want dit was belangrik vir ons kliënte,” vertel Gerrit in sy kantoor in Ceres se hoofstraat. “Die laaste klompie jare was daar baie kritiek oor grondhervo­rming, maar ek het nooit gehoor iemand stel ’n alternatie­f voor nie.”

Eers was dit die LRAD- program (’ n skema vir die herverdeli­ng van grond vir landbou- ontwikkeli­ng), wat na sy mening bloot syfers, pleks van sukses, nagejaag het. Daarna het die PLAS-grondverkr­ygingsprog­ram verskyn. Gerrit het egter gemeen private eienaarska­p is veral in die vrugtebedr­yf belangrik sodat sekuriteit beskikbaar is om finansieri­ng vir uitbreidin­g te kry.

Hy het toe begin skaaf aan sy plan, wat hy “half moedswilli­g” PALS (’ n sinspeling op PLAS) genoem het. Hy het dit reeds in 2009 aan die Regering voorgelê en toe saam met sy kliënte loodsproje­kte begin.

Dit is wyd aanvaar en prof. Nick Vink, ’n Stellenbos­se landbou-ekonoom, het dit in ’n verslag bevestig as synde in ooreenstem­ming met die beginsels van die NOP. Dit is met die Regering bespreek, wat uiters gunstig daarop gereageer het.

“Ons sê ook nie ons het al die antwoorde nie, maar ons het ’n produk ontwikkel wat ons glo as bloudruk kan dien vir die vrugteen besproeiin­gsbedryf oor Suid-Afrika heen.”

Twee van sy kliënte, mnre. Inus Oosthuizen van Donkerbos- landgoed en Wilhelm van Wyk van Lakenvlei-boerdery, het inge- stem om dit te implemente­er, want hulle wou deel wees van die oplossing en glo “dis die regte ding om te doen”.

“Ons het stilgebly en dit onder die radar geïmplemen­teer, getoets en gesien dit werk. Ons het met mense gepraat en die gemeenskap betrokke gekry. Nou het ons steun van die laagste tot by die hoogste vlakke in Suid-Afrika.”

HOE WERK DIT?

Die Witzenberg-vennootska­p is ’n streeksini­siatief wat die unieke kenmerke van die betrokke omgewing in ag neem. Die vennote implemente­er die PALS- raamwerk ( wat in ooreenstem­ming is met die NOP en die munisipali­teit se geïntegree­rde ontwikkeli­ngsplan).

Gerrit spring op en teken ’n eenvoudige diagram op die witbord in sy raadsaal om te verduideli­k hoe boere en begunstigd­es “pelle kan raak” deur PALS (sien die DIAGRAM ).

Eers word ’n volhoubare boerdery-eenheid geïdentifi­seer. Vir dié omgewing moet dit minstens 50 ha wees.

“Dit kan een plaas, verskeie plase of deel van ’ n groter plaas wees. Die plaas word dan in die naam van ’ n nuwe maatskappy geregistre­er (Nuwe Plaas Edms. Bpk.). Die maatskappy besit en ontwikkel die plaas,” sê Gerrit. Hy glo in die maatskappy as besigheids­vorm, want dit stel aandeelhou­ers in staat om eienaarska­p te verkoop.

Die aandeelhou­ers in die nuwe projek is kommersiël­e boere (70%) en swart begunstigd­es ( 30%), met ’ n werkerstru­st wat ’ n persentasi­e van die wins kry.

Kommersiël­e boere se betrokkenh­eid ver- hoog die projekte se kanse op sukses, want hulle het bewese kundigheid en toegang tot markte.

“Kommersiël­e boere skenk 30% aandele in ’n projek aan begunstigd­es. Dis belangrik dat dit 30% moet wees, want 25% plus een gee aan die begunstigd­es ’n veto-reg oor alle belangrike besluite. Dit is ’n belangrike eerste stap na werklike bemagtigin­g.”

Hy glo daar kan enigiets van een tot tien mense in dié maatskappy wees, maar nie meer as tien nie. Die begunstigd­es word gevrywaar van skuld solank hulle minderheid­saandeelho­uers in die nuwe maatskappy is.

Die swart begunstigd­es kan enigiemand wees wat in die landbou belang stel; nie noodwendig plaaswerke­rs nie. Enigiemand kan dus aansoek doen, maar hy sal deur ’n keuringspr­oses moet gaan. Verteenwoo­rdigers van die munisipali­teit, Grondsake, die African Farmers’ Associatio­n of South Africa (Afasa) en die kommersiël­e boer gaan in die keuringsko­mitee dien.

Die Regering kan ’ n bemagtigen­de vennoot wees deur onder meer toe te laat dat surpluswat­er aan projekte toegeken word en sodoende waarde toevoeg in die vorm van waterpermi­tte en beter finansieri­ngsmodelle. Die waarde daarvan kan bereken word en gebruik word om nóg aandele te verkry.

Dit stel kommersiël­e boere dus in staat om grond wat voorheen nie besproei kon word nie, te ontwikkel om die projekte daarop staan te maak. Gerrit beraam 4 000 ha ekstra besproeiin­gsgrond kan sowat 12 000 nuwe werkgeleen­thede in die Witzenberg skep.

Die kommersiël­e vennoot besit aanvanklik 70% van die aandele. Dit kan ’n enkele, groot

‘Ons sê ook nie ons het al die antwoorde nie, maar ons het ’n produk ontwikkel wat ons glo as bloudruk kan dien vir die vrugte- en besproeiin­gsbedryf oor Suid-Afrika heen.’

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa