Witzenberg-sentrum Kommersiële boer is verantwoordelik vir sakeplan, mentorskap, vaardigheidsoordrag, ens. Werkerstrust Permanente werkers kry 5% van wins vir gemeenskapsprojekte.
boer wees, of ’n paar boere wat saamwerk. Die begunstigdes het van die heel eerste dag af die opsie om die meerderheid aandele te koop. Dit is een van die groot verskille ten opsigte van vorige grondhervormingsmodelle.
Die begunstigdes kan die opsie dan uitoefen sodra die projek as suksesvol beskou kan word. Gerrit sê met ’ n nuwe vrugteprojek behoort dit sowat vyf jaar tot tien jaar te kos voor die kommersiële boere se aandeelhouding tot minder as 50% sal krimp.
Altesaam 5% van die nuwe projek se wins word aan ’n unieke Werkerstrust oorbetaal en dan aan gemeenskapsprojekte van hul keuse gegee.
’n Vierde been is die Witzenberg-sentrum, ’n alles-in-een-sentrum waar die beplanning, finansiering, koördinering en die organisasie van projekte gedoen kan word. Mentorskap-funksies en toegang tot finansiering en die waardeketting sal ook by die sentrum beskikbaar wees.
Tans is die Witzenberg-sentrum deel van Gerrit se kantoor, maar dit gaan binnekort na ’n afsonderlike gebou skuif.
Die PALS-projekte word geïmplementeer op bestaande en nuwe plase waar oortollige winterwater gebruik kan word om besproeiingskemas uit te brei. Gerrit verduidelik hulle gaan hul toespits op bestaande LRAD-pro- jekte wat “aandag nodig het”, nuwe projekte wat reeds die nodige hulpbronne het, nuwe projekte waar dit nodig is om verdere hulpbronne beskikbaar te stel en bestaande boerderye wat uitgebrei kan word. Hulle kyk ook na projekte in die waardeketting en projekte wat kan help om sosiaal-ekonomiese omstandighede te verbeter deur behuising, skole en pensioenfondse.
EN DIE REGERING?
Gerrit sê hoewel boere bereid is en dit heeltemal moontlik is om die projekte sonder regeringsubsidies aan te pak, is die Regering steeds ’n belangrike strategiese vennoot wat die nuwe projekte op verskeie maniere kan help en ondersteun. En noudat Ceres se boere vroeër vandeesmaand aan die regeringslui gewys het wat in hulle steek, was die amptenare heel inskiklik om na die projekte te kyk.
Die Regering kan byvoorbeeld help om opbergingsgeriewe beskikbaar te stel sodat surpluswater wat nie toegeken is nie, opgeberg kan word.
Hy kan ook hand bysit om die onderverdeling van landbougrond te versnel sodat nuwe projekte tot stand gebring kan word. En dan is daar die kwessie van goedkoper finansieringsmodelle.
“Waar dit nodig is om eienaarskap van die boerdery-eenheid oor te dra, of waar dit deel uitmaak van ’ n groter plaas, sal ons goedkeuring vir onderverdeling nodig hê. As die Regering daarmee, met waterpermitte of finansiering moet help, sal die waarde wat tot die projek toegevoeg word, bereken word. Dit kan dan deur die begunstigdes as kollateraal gebruik word.
“Die Regering kan ook die swart begunstigdes help om meer aandele te koop wanneer die projekte winsgewend raak en hulle kan mense na die Witzenberg-sentrum stuur om te help met water- en onderverdelingsaansoeke,” sê Gerrit.
“Ons het twee maniere geïdentifiseer hoe die staat die deelnemende vennote se bydraes kan erken, soos voorgestel in die NOP. Dit is deur huidige eiendomsreg vir grond en water te verseker en om aan hulle vlak 4 SEB-status te gee.”
Met dié plan, sê Gerrit, vind daar verdeling plaas, maar terselfdertyd word die koek groter. “Suid-Afrika is desperaat op soek na ’n oplossing. Die plan bied boere die kans om ’ n projek wat hom persoonlik pas, op die been te bring, maar ons koördineer dit saam om landwyd ’n impak te maak.”