Landbouweekblad

TENKBOERDE­RY

-

Perlemoenb­oerdery in tenks is ’n intensiewe proses waartydens die kos, lig, water- en lugtempera­ture versigtig bestuur moet word.

Wild Coast Abalone het sowat 400 broeidiere in sy kwekery op land by Haga-Haga in die Oos-Kaap. Dié diere kom uit die see, maar party plase teel hul eie broeidiere vir vinniger groei.

“Die geteelde diere mag egter nie vir seeboerder­y gebruik word nie, want dit kan die natuurlike bevolking se genetiese samestelli­ng beïnvloed,” verduideli­k prof. Pete Britz van Rhodes-universite­it.

Vroulike en manlike diere word met waterstofp­eroksied gestimulee­r om kuit te skiet. Hulle word in aparte tenks gehou en die eiertjies en semen word geoes sodat bevrugting ekstern kan plaasvind.

’n Larwe word gevorm, wat ná ’n week ’n metamorfos­e ondergaan om ’n piepklein perlemoent­jie – net 1 mm groot – te word. Die larwes word vreeslik gepamperla­ng. Die kos, lig en watertempe­ratuur word streng beheer om die natuur so na as moontlik na te boots. Die water moet met hittepompe konstant teen 18 °C gehou word, want hulle is uiters gevoelig vir temperatuu­rskommelin­gs. Dit het baie probeersla­e gekos om die proses te vervolmaak, sê mnr. Richard Clark, besturende direkteur van Wild Coast Abalone.

Die perlemoent­jies eet diatome en mikroskopi­ese alge in die water. Ná drie tot vier maande is die perlemoen 10 mm tot 12 mm groot en word dit in uitgroeima­ndjies geplaas. Die perlemoent­jies word gespeen van mikro-alge na makro-alge.

“Die Oos-Kaap se water is lekker warm en die perlemoen groei vinnig,” sê Pete.

Elke vier maande word die perlemoen volgens grootte gesorteer. Volgens Richard beïnvloed die voedseldig­theid in die mandjie en die aantal diere per mandjie ook die groei. Die grootste risiko in die uitgroeity­dperk is hoë seetempera­ture.

“Van Januarie tot April kan die seewater tot bo 21 °C styg. Bestuur is dan belangrik.”

Perlemoen oorleef nie bo 25 °C nie. Dit is dan nodig om die digtheid in die mandjies te verminder, meer water deur die stelsel te pomp en minder kunsvoedse­l te gee, want vertering veroorsaak stres. Jy kan ook suurstof in die water inblaas om die temperatuu­r te verlaag. Ná vier jaar is die perlemoen oesgereed. Richard sê dit is ’n jong bedryf, maar hulle wil die skulpvis so natuurlik en gesond moontlik grootmaak. “Dit gaan alles oor doeltreffe­nde en presiese bestuur,” sê hy.

Altesaam 177 mense werk permanent by die plaas. Hulle word daagliks met busse van omliggende nedersetti­ngs om Oos-Londen aangery. Die maatskappy het ’n interne opleidings­program. Hul strewe is om goeie werkers te behou en werkers se afwesighei­d tot die minimum te beperk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa