Frikkadelle met monkey gland-sous
Frikkadelle is so tuis in Suid- Afrikaanse huise soos biltong en koeksisters, maar al ooit gewonder waar die snaakse naam vir maalvleisbolletjies vandaan kom? Die term “frikkandel” het in die 17de eeu in Noord- Duitsland in gebruik geraak en het verwys na snye gestoomde vleis. (Maalvleis is min gebruik in die Middeleeuse kookkuns omdat dit ’n moeisame taak was om vleis fyn te maak – die vleismeul is eers in die 19de eeu ontwikkel.) Van verwante benamings en geregte in Denemarke ( frikadeller) en Nederland ( frikandel) is dit duidelik dat die gereg sy oorsprong in Noord- Europa het. Duitse emigrante het die resep in die 19de eeu na oorsese lande geneem. En danksy Nederland se invloed het die frikkadel ook in Indonesië gelief geraak waar dit as “perkedel” bekend staan.
Voorverhit die oond tot 160 °C en smeer ’n oondbak van 22 cm met olie. Meng al die bestanddele saam tot net gemeng. Vorm in frikkadelle en pak in die bak. Bak vir 30-40 minute tot deurgaar. Lewer 6 porsies.
Monkey gland-sous
Kleintyd het ek geweier om my mond aan monkey gland- sous te sit omdat die naam my so laat gril het. En hoewel die Afrikaanse vertaling, kruierysous, darem beter klink, ken min mense dié soet-suur sous op daardie naam. Maar hoekom ’ n sous na aapkliere noem? Daar is baie stories, maar blykbaar is in die vroeë 1900’s bespiegel oor die gebruik van aapkliere as verjongingskuur. ’ n Russies gebore Franse wetenskaplike, dr. A. S. Voronoff, het in die 1920’s daarmee begin eksperimenteer en sy werk het die verbeelding van talle mense aangegryp. Selfs die skrywer sir Arthur Conan Doyle het in een van sy Sherlock Holmes-stories geskryf oor ’n professor wat homself met aapklierekstrak ingespuit het. Die einste Voronoff was blykbaar ’ n gereelde gas by die Hotel Savoy in Londen en dis sy mediese eksperimente met aapkliere wat gelei het tot ’ n souserige gereg wat in die Savoy se restaurant ontwikkel is. Die sousresep is volgens oorlewering in die 1930’s deur ’n Italiaanse kelner (Luigi Bagata), wat voorheen by die Savoy gewerk het, na Suid-Afrika gebring, waar die bestanddele oor die jare aangepas is en blatjang en tamatiesous bygevoeg is. Hier is so ’n Suid-Afrikaanse weergawe – heerlik op ’n burger of oor frikkadelle. Braai die ui, knoffel en gemmer in die olie tot sag. Voeg die res van die bestanddele by, verhit tot kookpunt en prut vir ongeveer 10 minute, tot effens afgekook en geurig. Sit warm voor. Lewer 500 ml sous.
Sit die uitjies met skil en al in ’n bak. Giet genoeg kookwater oor om dit te bedek en laat staan vir 5 minute. Dreineer en trek die uitjies se skille af. Kook nou die uitjies in ’n pot met ligte soutwater tot hulle net sag is (moenie te lank kook nie, dan sit jy met paphakskeentjies). Skep versigtig uit met ’n gaatjieslepel in ’n sif of vergiettes sodat die uie goed kan dreineer. Sodra die uitjies droog is, skep in ’n slaaibak.
Verhit die water, asyn, suiker, mosterd en sout tot die suiker gesmelt is. Verhit verder tot kookpunt en prut vir 5 minute. Laat afkoel. Voeg van die louwarm asynsous by die geklitste eiers en klits liggies deur. Giet die eiermengsel by die res van die asynsous in die kastrol en verhit weer stadig tot kookpunt terwyl jy roer. ( Die sous moet baie liggies prut en nie kook nie, aangesien dit maklik skif.) Prut liggies, terwyl jy roer, tot die sous verdik is. Laat effens afkoel en giet oor die uie. Lewer 8 porsies. Kook die wortels in ’n klein bietjie soutwater tot halfsag. Voeg die uie en soetrissie by. Verwyder van die hitte en laat staan vir 1 minuut. Dreineer goed en skep in ’ n bak. Verhit al die bestanddele vir die sous oor lae hitte saam tot die suiker gesmelt is en ’n gladde sous vorm. Verhit verder, tot kook-
punt en prut liggies vir sowat 3 minute. Giet die warm sous oor die groente en laat staan tot dit tot kamertemperatuur afgekoel het. Bedek en verkoel oornag voordat die slaai voorgesit word. Lewer 6 porsies. Melkkos en melksnysels is koester-boerekos uit die boonste rakke. Anders as melkkos (waar die meelmengsel in die kokende melk gefrummel word), word melksnysels gemaak van deeg wat jy dun uitrol, in stukkies sny en dan in melk kook. As jy die deeg oprol voor dit gesny word, maak dit langer snysels, wat dit moeiliker maak om te eet en ’n geslurp kan afgee (dink maar aan lintnoedels of spaghetti), en vandaar die naam “slingerom-die- smoel”. Die geheim van perfekte slinger-om-die-smoel? ’n Baie skerp mes. Jy moet met een vinnige haal dwarsdeur die rolletjie deeg sny. As die mes stomp is, druk jy die deeg plat. Hier is die boerekoskenner Dine van Zyl se resep. Besoek haar webwerf www.dinevanzyl.co.za en teken in op haar boerekosnuusbrief. Klits die eiers. Sif die meel en sout by en meng goed. Voeg net genoeg water by om ’n stywe deeg te vorm. Knie die deeg tot dit elasties is. Rol die deeg dun uit in ’n reghoekige vorm op ’ n meelbestrooide oppervlak. Strooi ’ n bietjie meel oor die uitgerolde deeg. Rol die deeg van die een kant af op en sny dit met ’n baie skerp mes in dun repies. Strooi ’n bietjie meel oor die snysels. Verhit die melk waarby die twee stukke pypkaneel gevoeg is. Sodra die melk kook, word die snysels geleidelik daarin gegooi. Roer met ’ n vurk sodat die snysels nie aanmekaar vasklou nie – werk liggies, jy wil nie ’ n pappery in die kastrol maak nie. Laat stadig kook vir 20-25 minute. Skep op in groot sopborde en sit voor met kaneelsuiker en ’n klont botter as jy hou van oordaad. Lewer 4- 6 porsies.