Landbouweekblad

BOER SE KOMBUIS — AFVAL AAN DIE BEURT

- JAY OELOFSE

van Mt200 (sowat R70) per bees betaal vir die oortreding. Dit was die einde van die probleem – tot dusver altans.

Die eise om suksesvol te boer, is ietwat anders as in Suid-Afrika. Die meeste trekkers en werktuie is oud en gaan staan kort-kort.

Die Mosambieke­rs is behendig en kom klaar met die bietjie wat daar is. ’ n Trekker se stukkende verkoeler of ’n ploeg wat breek, word gou reggemaak – al is dit langs die hoofpad tussen Hokwe en Chilembene onder ’n rietafdak. Onderdele is meestal beskikbaar in Chokwe en ons ry maar die 30 km dorp toe om te koop wat gebreek het.

Arbeid is in oorvloed beskikbaar en die maandeliks­e minimum loon is deur die regering op R1 000 (Mt3 000) vasgestel. Hier staak die werkers nie, dring nie aan op oortydbeta­ling nie en doen meer as wat van hulle verwag word. Dit klink amper soos hemel op aarde, maar dit is waar. As jy mooi na jou werkers kyk en hulle reg bestuur, kan jy verwag dat hulle hard sal werk. Die meeste van my werkers kan nie lees of skryf nie, maar hulle het genoeg ervaring om die rys dik te laat groei.

Buite die rysseisoen boer ons met groente: Tamaties, kool, uie, groen soetrissie­s en blaarslaai. Die Chinese het reeds ’ n groot tamatiever­werkingsaa­nleg in Chokwe gebou wat vroeg vanjaar in werking sal wees. Die aanleg sal benewens 200 ton tamaties per dag ook rys en kasjoeneut­e verwerk. Van een ding is ek seker: Mosambiek se landbou groei met rasse skrede, maar dit is nou die tyd om in te klim, anders ry die boot vir jou weg of die Chinese vat al die grond.

Dit wemel behoorlik van afvalresep­te in Suid-Afrika, maar hoekom eet ons dit deesdae so min?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa