Landbouweekblad

Graanboer gebruik nuutste tegnologie

- 5

Mnr. Richard Hobson ( 3 3 ) v a n No n e n Ranch naby Setlagole is verlede jaar as die Graanboer van die Jaar aangewys. Hy kan spog met die feit dat hy sy mielie-opbrengs per mm reën binne 14 j aar drie keer kon verhoog (“Presisiebo­erdery maak oesopbreng­s drie keer hoër”, LBW, 10 Oktober 2014).

Die naam van Richard se plaas, Nonen Ranch, beteken “groot, fris of vet” in Tswana. Dit verwys na die megaboerde­ryeenhede in die ou dae in dié distrik. Hierdie plaas behoort aan die familie-ondernemin­g Botselo Holdings (Botselo beteken “om te lewe”), waarvan Richard se pa, Carey, die uitvoerend­e hoof is. Die direkteure is Richard, sy broer, Garth, en Carey se broer, Adrian. Richard is verantwoor­delik vir die boerdery.

Richard het genoem dat die meganisasi­e-opsies wat vir hom die meeste werd is, is GPS- tegnologie, meer spesifiek Green Star 3 van John Deere. “Die redes daarvoor is die afwisselen­de toediening van kalk en NPK-kunsmis, die afwisselen­de saadplasin­g, die akkurate toediening van gifstowwe en ook RTK-navigasie. Om al die bogenoemde te kan bewerkstel­lig, het jy GPS-koördineri­ng nodig. Grondontle­dings en kartering word ook daarmee toegepas.”

Wat meganiese en elektronie­se tegnologie betref, gebruik Richard reeds al die nuutste en die beste wat tans beskikbaar is. Hy is egter nog van mening dat biologiese tegnologie groot belofte inhou. “Van biologiese boerdery het ons nog vrek baie om te leer. Ons sal ons graag wil toespits op die koolstofvl­akke in die grond, organiese materiaal en biologie in die grond.”

Van die maatskappy­e wat tot Richard se sukses as Graanboer van die Jaar bygedra het, is Monsanto, Omnia, Technichem, Suidwes Landbou, Senwes, Standard Bank en Molatek, het hy gesê.

Richard se boerdery bestaan uit die verbouing van mielies, ’ n kommersiël­e Bonsmara- en Simbra-beeskudde, ’n voerkraal en ’n wildboerde­ry vir trofee- en biltongjag en toerisme. Die verskillen­de aspekte van die boerdery vorm dan saam die groter familie- ondernemin­g, Botselo Holdings, wat ook ’ n mieliemeul­e, ’n vervoerond­erneming vir hul eie produkte ( en ander mense s’n op die terugreis) en ’n graanverha­ndelingsdi­ens besit. Die meule sluit ook ’n sorghummou­t- en sorghumbie­raanleg in.

Uit die sukses van hul boerdery is dit vir Richard en sy familie moontlik om met trots te kan sê dat hulle 2 miljoen mense per dag kan voed en só in die hele waardekett­ing betrokke is – “van die grond tot die mond”. Hy het dus sy titel as Graanboer van die Jaar om al die regte redes verdien.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa