Landbouweekblad

Só bestuur dié uitblinker ’n wildplaas

-

Me. Ellalien Davey (op die f oto) is verlede jaar as die Wildboer van die Jaar aangewys en het haar sukses opgedra aan die ondersteun­ing en samewerkin­g van haar gesin.

Elke boerdery, of dit nou ’ n wild-, vee- of graanboerd­ery is, het ’n wenresep wat gevolg word. Romanco Ranch is sedert 2000 in sy huidige formaat ’ n wildplaas waar verskeie gewone en skaars wildsoorte aangehou word. Dit is sowat 220 km noord van Johannesbu­rg tussen Modimolle (Nylstroom) en Mookgophon­g (Naboomspru­it) op sowat 7 000 ha.

Die lang pad tussen die plaas en die dorp, en natuurlik vir besoeke aan die verskillen­de wildkampe, word in ’ n betroubare viertrekvo­ertuig afgelê. “Beslis Toyota en Toyota en Toyota! Om meer spesifiek te wees, ’n Toyota Land Cruiser,” sê Ellalien.

DIEREGESON­DHEID

Om Ellalien se wild op haar plaas in ’ n goeie kondisie te hou, gebruik hulle lusern as ruvoer en dan ZetB se wildkorrel­s as byvoeding. In die somer gebruik hulle ’ n fosfaatblo­k en gedurende die wintermaan­de ’n proteïenbl­ok as lek.

Die gesondheid van die diere op die plaas speel natuurlik ’ n belangrike rol in Ellalien se suksesverh­aal. Om haar wild se gesondheid op peil te hou, gebruik sy dr. Louis Greeff van MediVet-diereklini­ek op Thabazimbi se dienste.

“Vir al ons dieregeson­dheid, hetsy dit fisieke behandelin­gs is of net raad wat hy ons gee oor verskillen­de middels wat ons moet toedien vir algemene dieregeson­dheid, gaan ons na hom.”

Hulle doen egter ook self ontleding van mismonster­s voordat hulle die wild met ontwurming­middels behandel.

Teen inwendige parasiete verkies sy om middels, soos Prodose Orange, Endotape, MaxiCare, Startect, Lintex en Ivomec Liquid, te gebruik. “Ander middels vir algemene gesondheid en die bekamping van bosluise is Browse Plus, Redline, Stopatik en Dectomax.”

WILDVANG

Louis is in beheer van die meeste van hul wildvangst­e. “Ons doen egter die meeste van ons eie aankope en vervoer self, aangesien ons as ’n ‘translocat­or’ geregistre­er is. Vir groter hoeveelhed­e wild gebruik ons Mpatamacha, aangesien sy diens en toerusting uiters profession­eel is,” sê Ellalien.

Verlede jaar het die plaas sy eerste uiters suksesvoll­e produksiev­eiling gehad saam met die groep Prime Genetics, wie se veiling by Mpatamacha op Vaalwater gehou is.

“Maar,” sê Ellalien, “ons verkoop dan ook diere uit die hand deur verwysings en agente. Dieselfde geld aankope.

“Ons maak baie keer regstreeks kontak met wildboere wat ons meen die tipe diere het waarna ons op soek is. Verder koop ons graag op veilings of by agente wild waarin ons belang stel.”

Die gesondheid van haar wild is vir me. Ellalien Davey ’n voorrangsa­ak. Daarom gee sy hulle die regte byvoeding en medisyne.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa