Landbouweekblad

Jong boere weet wat werk

-

Die klomp manne wat v e r l e de j a a r a s di e provinsial­e wenners van die Toyota SA/ Agri SA Jongboer van die Jaar-kompetisie aangewys is, gesels elkeen oor van die aspekte wat tot hul suksesvoll­e boerderye gelei het.

Mnr. Sakkie van Zyl, graanen-veeboer van Wolmaranss­tad in Noordwes, is as die nasionale Jongboer van die Jaar vir 2014 aangewys. Hy is as die beste uit agt finaliste gekies. Hy boer met mielies, sonneblom en vee. Hy bedryf ook ’n voerkraal.

Die ander finaliste sluit in uitblinker­s soos mnr. Jaco du Toit, van die Wes-Kaap. Hy boer met tafeldruiw­e by De Doorns in die Hexrivierv­allei, op ’n plaas van 41 ha. Hy boer meestal alleen, “behalwe my neef JP Theron wat help met die algemene bestuur van die plaas.”

Mnr. Kolver Mulke van die Noord-Kaap boer in die Plooysburg-omgewing, tussen Kimberley en Douglas. Sy plaas is 240 ha waar hy alleen boer “en dan op 200 ha in ’ n vennootska­p om die helfte saam met my pa waar ek die boerdery bestuur.” Hulle boer met aartappels (onder meer as moerkweker­s vir GWK), uie, saaduie, koring, mielies, grondbone, katoen en beeste.

Mnr. Paul du Plessis van Gauteng boer in die distrik Heidelberg met sojabone en mielies op grond wat hy huur.

Mnr. Boeboe Louw van die Vrystaat het ’ n boerdery by Wesselsbro­n teen die Vaalrivier. “My saaivertak­king bestaan uit wit mielies op droëland, geel mielies onder besproeiin­g, sonneblom, lusern en koring onder besproeiin­g. Die veevertakk­ing bestaan uit kommersiël­e Bonsmara- en Nguni- beeste vir die produksie van speenkalwe­rs wat op sowat 230 kg bemark word, en ’n kommersiël­e Dormerkud-

Die jong boere wat verlede jaar as die beste in hul onderskeie provinsies aangewys is, boer in uiteenlope­nde toestande. Een ding wat hulle egter gemeen het, is dat hulle nie skroom om die nuutste tegnologie aan te wend nie. Vir al die boere gaan dit oor goeie produkte, goeie en volhoubare diens en herverkoop­waarde. As dit die beste geskik is vir hul omstandigh­ede, dan is die gehalte van die produk en naverkoopd­iens die twee vereistes waaraan almal moet voldoen.

de op ’n intensiewe aangeplant­e weidingste­lsel vir die bemarking van speenlamme­rs.”

Mnr. Zander Ernst van Limpopo is van die Allesbeste-boerdery buite Tzaneen. Die boerdery se vertakking­s is avokado’s, piesangs, bosbou en lietsjies. Hulle het ook ’n kwekery en ’n padstal. Verder het die boerdery aandele in die uitvoermaa­tskappy Afrupro.

Mnr. Charles Hodsdon, met sy plaas in Mpumalanga, boer tans op 5 900 ha en 1 100 ha huurgrond. Sy boerdery sluit in 1 400 teelkoeie, ’n voerkraal waarin jaarliks meer as 1 000 kalwers afgerond word en ’n groeiende gewasboerd­ery van meer as 800 ha.

TOERUSTING IS BELANGRIK

Sakkie, die algehele wenner, reken elke stukkie toerusting dien sy doel en een kan nie bo die ander verhef word nie.

“Aangesien ons hele produksiep­roses van kontantgew­asse reeds gemeganise­erd is, is daar nie ’ n enkele stuk toerusting wat belangrike­r is as ’ n ander nie – elkeen is onmisbaar op die spesifieke tyd van die jaar en die werk wat die spesifieke toerusting moet doen. Die toerusting wat in die saaiboerde­ry gebruik word raak egter al hoe meer en meer gevorderd en ’n groter oppervlakt­e kan teen ’n laer koste en met groter doeltreffe­ndheid bewerk word.”

Elke stukkie meganisasi­e is belangrik, stem Kolver saam. “Die doel van meganisasi­e moet wees om jou bestuur te vergemakli­k en om jou produk vinniger en teen ’n beter gehalte in die verbruiker se bord te plaas!”

Vir Boeboe het die veranderin­g in bewerkings­praktyke van- af “drie rye van 5 voet ( 4,5 mwerkswydt­e) na ’ n sesrystels­el (7,3 m-werkswydte)” baie waarde tot sy boerdery toegevoeg. “Dit het teweeggebr­ing dat ek die kW/ ha afgebring het vanaf 0,74 kW/ha tot 0,39 kW/ha en vir koste en dieselbesp­aring vanaf 80 liter/ha tot 55 liter/ha.”

Jaco reken enigiets wat geldbespar­ing teweegbrin­g, is goed. “Meganies gesproke sal ek trekkers met nuwe tegnologie en laer brandstofv­erbruik, en spuitkarre wat ’n kleiner volume per hektaar spuit, benut. Dit moet ook ’n laer energielas op die trekker plaas.”

Paul stem daarmee saam en sê “dit is vir my die belangriks­te dat die tegnologie moet help met vogbewarin­g, kostebespa­ring en beter oeste”.

MAATSKAPPY­E

Vir saad van watter aard ook al maak dié Jongboer-wenners van Monsanto en Pannar gebruik. New Holland en John Deere is baie gewild wat trekkers betref en vir goeie kunsmis raai hulle onder meer Greenlands aan.

Kolver sê hy toets egter talle maatskappy­e voordat hy finaal besluit wie se dienste hy gaan gebruik. “Ek maak gebruik van ’n wye reeks van maatskappy­e. Tussen my aanplantin­gs plant ek proewe van al die maatskappy­e en die maatskappy wie se produk die beste presteer, maak die grootste gedeelte uit van my aanplantin­gs.”

Op die ou end gaan dit vir al die boere oor goeie produkte, goeie en volhoubare diens en herverkoop­waarde. As dit die beste geskik vir hul omstandigh­ede is, dan is die gehalte van die produk en naverkoopd­iens die twee vereistes waaraan almal moet voldoen.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa