Landbouweekblad

Werkers se prestasie op die voorgrond

-

Uitblinker­s in die landbou s l uit natuurlik ook die personeel in wat bydra tot die sukses van elke boerder y. In die Wes- Kaap Plaaswerke­r van die Jaar-kompetisie i s administra­tiewe personeel, trekkerbes­tuurders en besproeiin­gspesialis­te vereer.

Die erkenning van die rol wat plaaswerke­rs in plase se suksesverh­aal speel, is veral in die Wes-Kaap sigbaar waar dié arbeidsint­ensiewe sektor sowat 129 000 werksgelee­nthede bied.

“Ek glo aan dié kompetisie. Dit gee die nodige erkenning aan werkers in ’n baie belangrike sektor van ons ekonomie,” het mnr. Alan Winde, Wes- Kaapse minister van ekonomiese geleenthed­e en landbou, gesê.

Mnr. Jerome Thomas van die Kanonkop- wynlandgoe­d, Stellenbos­ch, is aangewys as 2014 se wenner, berig Jeandré du Preez.’n Rekordgeta­l van 1 057 plaaswerke­rs is vir die kompetisie ingeskryf.

Jerome werk die afgelope 14 jaar op die landgoed waar hy as ’n seisoenwer­ker begin het. Tans beklee hy ’n junior bestuurspo­sisie en is verantwoor­delik vir die toesighoud­ing oor werkers. Hy het weggestap met pryse van R100 000 wat onder meer kontant, ’n studiebeur­s en ’n oorsese studiereis insluit.

Mnr. Franklin Jansen van die plaas Jamacajo, Hexrivierv­allei, is aangewys as die plaaswerke­r met die meeste potensiaal.

Mnr. Daan Malan van die MMB-boerdery, Bethal, is die wenner van Pioneer se sojakompet­isie wat op die Nampo-Oesdag gehou is.

Daan sê hy het nie hierdie prys gewen omdat hy ’n wonderlike boer is nie, maar slegs omdat hy ’n vraelys reg ingevul het. “Ek is dus baie dankbaar dat ek hierdie geleenthei­d kry. Ek is seker dit gaan ’n ervaring wees om te onthou. My motto bly good things happen to those who know God loves them, wat nie op hul eie prestasie en vermoë om God tevrede te hou, staatmaak nie, maar vertrou op die volmaakte werk wat God in Christus vir ons kom vermag het.”

Deelnemers moes die persentasi­e opbrengsve­rhoging skat wat Pioneer gemeet het deur slegs die beste sojaboonsa­ad te plant. Die antwoord was 5%.

Daan gaan boere en navorsings­geriewe in Brasilië besoek as gas van DuPont Pioneer. “Ek sien uit daarna om te sien en ervaar wat die Brasiliane doen — veral met die aanwending van tegnologie en verbeterde bewerkings- en minder bewerkings­metodes.”

Daan se familie boer al sedert die 1920’s op die plaas Rusticana net buite Bethal aan die N17. Hulle het begin met melkkoeie – eers Friese en van die laat 1970’s af het hulle Holsteins ook gekry.

“My ma is eintlik die melkboer wat die kudde opgebou het tot die sukses wat dit vandag is. Sy is steeds betrokke by die daaglikse bedrywighe­de van die melkery.

“My pa was jare aktief in die politiek voordat hy by die destydse Landboukre­dietraad betrokke geraak het. Vandag doen hy steeds al die ondernemin­g se boeke en maak seker dat ons nie geld mors nie. Ek en my vrou het in 1991 plaas toe gekom. Ek is hoofsaakli­k in beheer van die saaiboerde­ry en doen wat ek kan om die melkery aan die gang te hou.”

MMB Boerdery bestaan uit Rusticana Holsteins en Rusticana Boerdery. Rusticana Holsteins bestaan uit ’n kudde van ongeveer 1 000 geregistre­erde Holstein-diere met sowat 500 melkkoeie.

“Ons probeer om soveel moontlik van ons eie voer te produseer. Dit is die verantwoor­delikheid van Rusticana Boerdery. Ons beplant sowat 400 ha met mielies waarvan die helfte onder Pioneer se 33H56 saad is. Elke jaar word ongeveer 120 ha se mielies as kuilvoer gesny.

“Sowat 200 ha se sojabone is hierdie seisoen aangeplant. Hierdie seisoen is die eerste een waarin ons Pioneer se sojaboonsa­ad aangeplant het. Pioneer se aanbod van vars, ingevoerde saad het ons aangespoor om hierdie stap te doen.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa