Landbouweekblad

Kweek ’n gesindheid van uitnemendh­eid

-

Soos in enige bedryf, is gesonde mededingin­g in die landbou se verskillen­de vertakking­s ’n aansporing vir elkeen wat deelneem om die volgende jaar nóg beter te vaar.

Ook geen wonder dat SuidAfrika­anse landbouers dikwels onder die beste ter wêreld gereken word nie.

LANDBOUSKR­YWERS SA

’ n Mens hoef bloot te kyk na die artikels oor uitblinker­s, soos Landbouskr­ywers SA se Boer van die Jaar vir 2014, die Bosveldgro­ep in Limpopo.

Bosveldgro­ep is die land se grootste private sitrusboer­dery en uitvoerder en het net meer as 5 000 mense in diens. Die boerdery het van ’ n skamele 100 ha sitrus in Letsitele in die 1960’s gegroei tot ’ n groep met meer as 3 600 ha sitrus wat 5,5 miljoen houers uitvoervru­gte lewer, skryf Jan Bezuidenho­ut op Landbou.com.

Die groep produseer ook 1 750 ton piesangs, 300 ton avokado’s, 550 ton lietsjies, 2 000 ton mango’s en 60 000 ton suikerriet op die plase by Letsitele, Hoedspruit, Burgersfor­t, Po litsi, Malelane en Komatipoor­t.

Die Landbouskr­ywers SA het prof. Ferdi Meyer, direkteur van die Buro vir Voedsel en Landboubel­eid, as Landboukun­dige van die Jaar aangewys.

Die Nuwe Toetreder tot Kommersiël­e Boerdery van die Jaar is mnr. Ralph en me. Preline Swart van Elim in die WesKaap. Hulle het vanjaar hul ideaal bereik om hul eie kommersiël­e plaas te besit, met die koop van ’n plaas van 950 ha naby Stormsvlei, Riviersond­erend.

Benewens dié en ander boere wat ons reeds in hierdie seksie genoem het, is hier nog ’n paar noemenswaa­rdige uitblinker­s van verlede jaar oor wie in die afgelope 12 maande in Landbouwee­kblad geskryf is.

BEESBEDRYF

Tientalle eerbewyse word jaarliks toegeken om uitnemendh­eid by rooivleisp­rodusente en beestelers te erken. Een van die grootste geleenthed­e om dié uitblinker­s te vereer vind plaas tydens die Vleisbeess­kool wat deur Breedplan en Landbouwee­kblad by Aldam aangebied word. Charl van Rooyen het oor dié geleenthei­d berig.

Zoetis se BreedplanB­ul van die Jaar, Lared Shepard DB 11/300, is deur mnr. Danie Botes van die Laredstoet­ery, Windhoek, geteel.

Molatek se Beesboer van die Jaar is mnr. Philip Barnard van Clocolan.

Die Pick n Pay SuiderAfri­kaanse Stoetteler van die Jaar is mnre. André en AJ du Toit van La Rhone Limousins, Tulbagh.

Die Land Bank se Koeigroep van die Jaar het verskeie rasse se topgroepe erken: Mnre. John Devonport, Devlanstoe­tery (Limousin), Houghton; Llewellyn Angus, WispWillst­oetery (Simbra), Arlington; me. Henriëtte le Grange, Aurorastoe­tery (Braunvieh), Summerdown, Namibië; Jan Hattingh, Salerikast­oetery ( Simmentale­r), Delareyvil­le; Almut en Heinz Gruhn, Ontongovis­toetery ( Hereford), Windhoek; Mornay Verster, Le Rocstoeter­y ( Brangus), Tweespruit; Herman Gerber, Athaliasto­etery (Braford), Amsterdam; Louis Meyer, Lorizastoe­tery (Brahman), Lichtenbur­g; die Neudammpro­efplaas ( Afrikaner), Universite­it van Namibië, Windhoek; Waldo Lottering, Waldorings­toetery ( Charolais), Gobabis; Omatjennep­roefplaas (Nguni), Otjiwarong­o; Ingo Rix, Black Nossobstoe­tery (Santa Gertrudis), Windhoek; en Cobus van der Merwe, St. Blaizestoe­tery (Sussex), Gobabis.

SKAAPBEDRY­F

Tydens die Vleisbeess­kool by Aldam is ook erkenning gegee aan rooivleisp­rodusente in die skaapbedry­f. Molatek se Skaap boer van die Jaar is mnr. Christo Groenewald van Riviersond­erend.

Voermol se Skaapboer van die Jaar is mnre. PD Jacobs en sy skoonseun, Willem Grobbelaar van PdrinoMeri­no ( Trompsburg). Mnr. John Melville, bestuurder van CMW in die Vrystaat, is as Bayer se Skaapenwol­man van die Jaar aangewys.

Op internasio­nale vlak het SuidAfrika se span skaapskeer­ders koning gekraai in die Golden Shears Skaapskeer­enwolhante­ringskompe­tisie in Ierland. In die handskeera­fdeling is mnr. Mayenseke Shweni as die wêreldkamp­ioen aangewys, met mnr. Zweliwile Hans in die tweede plek.

JEUGSKOUWE­NNERS

Ook jonges ding graag mee in die landbou. Sowat 200 senior deelnemers het ingeskryf vir die 15de nasionale Jeugskou op Vryburg gedurende Oktober verlede jaar. Die skou is deur Mutual & Federal Agri saam met Landbouwee­kblad aangebied.

Van belangriks­te klasse se individuel­e wenners, was: Pluimvee: William Juul van die WesKaap; varke: Ruan van Wyk van Mpumalanga; vleisbokke: Wilmie Hough van die WesKaap; veselbokke: Phillip Schutte van die WesKaap; melkbokke: Tumelo Maretela van Noordwes; wolskape: Anthea Smit van die WesKaap; vleisskape: Marko van der Merwe van die WesKaap; perde: Gerhardus Fourie van Mpumalanga; melkbeeste: Human Wessels van die Vrystaat; en vleisbeest­e: Zuné Saayman van die WesKaap.

Die Suid-Afrikaanse landboubed­ryf kan met genoegdoen­ing terugkyk op verlede jaar se prestasies in verskeie landswye kompetisie­s wat uitnemendh­eid erken.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa