Landbouweekblad

FOKUS BUITELEWE Johan trap diep Voetspore in Afrika

-

MARIEKE SNYMAN

Die Voetspore- span i s bekend vi r s y r ei s e deur Afrika wat op f i l m v a s g e l ê wor d . Die span word dikwels daarvan beskuldig dat hulle lekkerder eet as wat ’n mens op só ’n reis behoort te eet. Die aanbieder Johan Badenhorst sê egter dat dit nie elke dag in Afrika só lekker gaan nie.

Die span se negende ekspedisie in Afrika het tot middel November verlede jaar geduur. Johan sê hulle toer nog altyd net deur Afrika omdat “ons daarin glo, maar miskien sal ons eendag buite die vasteland reis.”

Die Voetspore- span het in die afgelope 14 jaar so ’n bietjie meer as 200 000 km in verskillen­de reise afgelê. Hulle jongste reis was deur die Groot Skeurvalle­i in Oos- Afrika. Johan reken dit was een van hul korter reise met sowat 15 980 km wat in 

As jy jouself eendag onder diegene wil reken wat kans sien vir avonture in die hart van Afrika, is Johan Badenhorst en sy span van

’n groep om na te volg.

 minder as 80 dae afgelê is.

Hoewel hierdie reis korter as die ander was, het die span deur meer lande gegaan wat elkeen sy eie komplikasi­es gebied het met dinge, soos visums, derdeparty­versekerin­g en padbelasti­ng.

HIER BEGIN DIE REIS

Die reis het in Mosambiek begin. Van daar is hulle na Malawi om al langs die Malawi-meer te ry op na Tanzanië toe om daar langs die Tanganjika­meer te ry. In Burundi en Rwanda het hulle langs die Kivu-meer gery tot by Uganda se Edward-meer.

Johan verduideli­k dat Afrika se Skeurvalle­i in twee verdeel word met die Victoria-meer wat in sy middel lê. “Ons het toe opgery met sy westelike been en oorgery na die oostelike been wat in Kenia lê. Van daar af is ons op tot in Ethiopië waar al die mere so in ’ n halfmaan lê tot in die Danakil-vlakte. Daarna het ons tot in Djiboeti gereis tot by die heel laagste punt op die Afrika-vasteland by die Lac Assal-meer. Dis op twee na die laagste plek op land in die wêreld – 150m onder seevlak.

SIT MAAR JOU HOED OP

“Daardie hele gebied is verskrikli­k warm. Trouens, Danakil is die warmste plek op aarde wat die gemiddelde temperatuu­r betref. Die temperatuu­r is daar deur die hele dag omtrent 47 ˚C. Jy drink omtrent 8 liter water, maar jy gaan piepie nooit nie en is ook nie nat van sweet nie. Die sweet verdamp onmiddelli­k.”

Die owerheid daar dring daarop aan dat reisigers mediese versekerin­g moet hê as hulle soontoe wil gaan omdat mense al weens hitte-uitputting daar dood is. “Maar as jy bereid is om daardie kans te waag en daarheen te gaan, is dit net só bevredigen­d,” sê Johan.

In Ethiopië is hulle ook na Ert Ale. Dit is ’ n aktiewe vulkaan

‘Jy drink omtrent 8 liter water, maar jy gaan piepie nooit nie en is nie nat van sweet nie.’

wat sedert 1964 steeds borrel. Dit duur sowat drie en ’n half uur om tot bo te klim en dit word juis in die nag gedoen omdat dit deur die dag té warm is. Voordat die son weer opkom, klim jy weer af.

Daarna is hulle na Dallol, waar die soutmyne is. Daar word sout in blokke uitgekap en op kamele gelaai om deur die woestyn na die beskawing geneem te word.

Een van die mooiste plekke vir Johan was juis daar waar die helderste fonteine is wat hy nog gesien het. “Daar vorm kristalle van die mooiste kleure – helder oranje, groen, geel, blou, pers en so aan. Dit wat ’n ou daar beleef, is verskrikli­k mooi.”

NOG VERRASSING­S

Die Tanganjika-meer in Tanzanië is die naasdiepst­e meer ter wêreld. Johan sê: “Omdat hy so diep is, is die water ongeloofli­k skoon, met geen siektes of enigiets van so aard nie; helder skoon en oor ’n kilometer diep op plekke.

“Langs dié meer was ons by ’n wildtuin waarvan ek nog nooit gehoor het: Katavi. Dit kry per jaar soveel besoekers soos wat die Serengeti per dag kry. Jy sien geen ander gaste nie. Ons was net voor die reëntyd daar toe water skaars was. Dan lê daar in een watergat van 150 tot 250 seekoeie bymekaar.”

Die span was ook in Burundi waar die suidelikst­e oorsprong van die Nylrivier is, wat dit die langste rivier in die wêreld maak. Van Burundi af is hulle na die Kivu- meer in Rwanda wat vir Johan ontsettend mooi was.

Hulle het ook die Queen Elizabeth- park besoek met die Demokratie­se Republiek van die Kongo aan die een kant en Uganda aan die ander kant. “Daar het ons boomklim-leeus gesien. Ons het al baie van hierdie leeus gehoor en was al ’ n vorige keer daar, maar dié keer het ons hulle die eerste keer gesien. Dit lyk net verkeerd: ’n Leeu in ’n boom.”

By die Masai Mara is een van die ongeloofli­kste wildtuine wat jy in jou lewe sal sien, sê Johan. “Jy kan ver sien. Dis hierdie savanna- grasvlakte­s met sambreeldo­ringboompi­es en daar’s die leeus, en daar’s die buffels, en daar’s die sebras en jagluiperd­s.”

Van daar af is hulle Ethiopië toe waar hulle ’ n maand deurgebrin­g het. Dit is ook een van Johan se gunsteling­bestem- 

 mings. “Dit was my derde keer daar en ek het maar ’n sagte plek vir die land.”

Daar is min kampeerple­kke in Ethiopië, maar die hotelle is goedkoop. Dit kom wel teen ’n prys . . . Baie keer het die kamers nie lopende water nie, “dan kry jy maar ’n emmer”.

Een van die interessan­te dinge van Ethiopië is dat die land sy eie kalender het. Met Voetspore se besoek in 2014 was dit volgens die Ethiopiese kalender 2007. “In Suid-Afrika werk ons met die Italiaanse kalender, terwyl hulle met die Ethiopiese een werk.”

Een van die interessan­tste dog ontstellen­de ondervindi­nge vir Johan in Ethiopië was wanneer seuns van die Hamer-stam in die Omo-vallei hul inisiasie na manwees toe deurgaan. Hulle moet oor ’n trop beeste hardloop, ses keer heen en weer en sonder ’n draad klere aan. Wat ontstellen­d is, is dat die seun se vroulike familieled­e voor die proses hulself beskikbaar stel om deur ander mans met latte geslaan te word.

“Hulle daag mans uit om hulle te slaan om vir die jong laaitie te wys hoe lief hulle hom het. Die lat krul om haar skouer en die bloed begin loop. Sy lig nie ’ n wenkbrou nie. Sy het wel ’ n trompet en met elke hou wat sy geslaan word, blaas sy die trompet. Dit gaan vir drie uur aan. Hierdie is beslis nie ’n toeriste- aantreklik­heid nie. Jy laat jou nie só slaan vir ’n foto nie.”

WAT IS DIT VAN AFRIKA?

Dit is die span se negende toer in Afrika en hulle beoog nie om binnekort elders te gaan reis nie. Hoekom dan nie? “Wat vir my so fassineren­d van Afrika is, is al weet jy jy is nie ’n ontdekking­sreisiger nie, voel jy soos een. Hoe lank was Livingston­e die enigste wit man wat die Victoria-val gesien het? Dit voel net die hele tyd of jy ontdek.

“Dis nie noodwendig maklik nie. Ons slaap nie elke dag skoon nie en het nie elke dag ’n spoeltoile­t nie. Ons eet baie lekker met Voetspore en ons word daarvoor gekritisee­r, maar glo my, dis nie elke dag so nie. Par- tykeer moet jy maar werk met wat daar is, miskien droë beskuit saam met swart koffie. Daar is ’n klomp goeters wat jy in ’n sekere sin moet ontbeer. Jy val dalk vas in die modder en jy’s nat, maar dis wat jy moet doen om by die volgende bestemming uit te kom.

“Ons is so deel van die vasteland en daarom is dit vir my lekker. Ons is reisigers wat die storie van die vasteland wil vertel.” Gaan kyk na nog foto’s en dagboekins­krywings op Voetspore se Facebook-blad.

‘Ons is reisigers wat die storie van die vasteland wil vertel.’

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa