Landbouweekblad

‘Vries’ voël in vlug

-

Foto’s van voëls in vlug i s hoërgraadw­ildfotogra­fie, maar as jy hierdie drie wenke toepas, behoort jy die toets t e slaag. Maak egter seker j y gebruik ’n DSLR-kamera en ’n betreklik lang lens (300 mm of langer), anders gaan jy jouself net frustreer.

BLY GEFOKUS

Die grootste probleem wanneer ’n mens vlieënde voëls afneem, is om hulle in fokus te kry. Om daarin te slaag, moet jy liefs al jou kamera se fokuspunte aktiveer, pleks van ’n enkele aktiewe fokuspunt in die middel. Stel jou kamera se Auto Focus Mode om deurlopend op die voël te fokus terwyl dit beweeg (kies AI Servo vir Canon en AF-C vir Nikon). Solank jy die voël in die raampie hou en die sluiterkno­ppie halfpad indruk, behoort die onderwerp in fokus te bly.

‘VRIES’ DIE VLERKE

Hoe vinniger die voël sy vlerke klap, hoe vinniger moet jou sluiterspo­edwaarde wees om dit te “vries”. Om veilig te wees, moet jy probeer om altyd ’ n 2000ste van ’ n sekonde of vinniger te gebruik, anders kan die vlerke dowwerig vertoon. Verhoog die ISO- waarde as jy in lae lig afneem, want dit sal help om die sluiterspo­edwaarde op te stoot.

Aktiveer ook die kamera se Continuous Shooting, wat jou toelaat om ’n string foto’s kort ná mekaar te neem sonder om jou vinger van die sluiterkno­ppie af te haal. Sodoende gee jy jouself ’ n kans om jou gunsteling- foto (miskien waar die voël se vlerke die wydste oop is) uit ’ n reeks te kies.

LOS GENOEG SPASIE

Omdat voëlfoto’s gewoonlik met lang lense afgeneem word, bestaan die gevaar dat jy te naby probeer kom wanneer jy inzoem.

Dit is veral ’n probleem wanneer jy wag vir ’ n sittende voël om op te vlieg, want as jy die raampie te veel vul, gaan die voël se vlerke tien teen een afgesny word wanneer dit uiteindeli­k besluit om op te styg. Zoem eerder ’ n bietjie uit en los genoeg

spasie vir lang, oop vlerke.

Voëlfotogr­afie is moeilik, veral wanneer hulle vlieg, maar as jy die regte verstellin­gs gebruik, spog jy dalk binnekort met jou nuwe gunsteling­aksiefoto.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa