Landbouweekblad

Steenvrugt­e:

Kies die regte onderstamm­e

-

Die beoordelin­g van onderstamm­e is ’ n stadige proses wat minstens vyf oesseisoen­e duur voordat enige goeie aanbevelin­gs gemaak kan word. In die afgelope jare is verskeie ondersoeke gedoen om die groter prentjie van grondtekst­uur, klimaat, die rol van aalwurms, simptome en prestasie op hoë pH-gronde, sowel as watertafel­s, te koppel aan die prestasie van onderstamm­e.

Só sê dr. Piet Stassen, spesialist­uinboukund­ige by Infruitec-Nietvoorbi­j, die Landbounav­orsingsraa­d se Instituut vir Vrugte, Wingerd en Wyn op Stellenbos­ch.

“Studies is ook daarmee saam gedoen om te bepaal hoe verskillen­de onderstamm­e sinchronis­eer met die ontwikkeli­ng van bostamme, asook potproefst­udies om duidelikhe­id te kry oor die gasheersta­tus van alle onderstamm­e wat betref aalwurms.

“Die goeie nuus is dat nuwe onderstamm­e, soos Garnem, Gardian en Penta, binne die volgende paar jaar genoeg resultate sal lewer om akkurate aanbevelin­gs te kan maak.”

“Die ‘regte’, geskikte bostam is tog waarom vrugteverb­ouing draai. Wat egter deeglik besef moet word, is dat ’n onderstam nie foute van bostamme kan regstel nie.” Die regte onderstam kan ’n geskikte bostam help om beter aan te pas sodat dit optimaal kan presteer wat drag en vruggroott­e betref, asook om onnodige chemiese behandelin­gs uit te skakel en só koste te verminder.

Faktore, soos grondtekst­uur, skadeveroo­rsakende aalwurms en vrykalk, sal beperkend inwerk op sekere onderstamm­e, terwyl ander baie minder beïnvloed sal word. Grondtekst­uur wissel in Suid-Afrika van arm sandgronde (90% en meer sand) tot hoërpotens­iaalgronde (20% tot 40% slik en klei).

“Volgens literatuur het die onderstam Guardian ’n lae gasheersta­tus wat ringaalwur­m betref ( sien die INFOGRAFIK­A ), maar potproewe weerspreek dit.” Dié onderstam word nou in meer gebiede getoets. “Volgende jaar behoort daar meer duidelikhe­id te wees oor die presiese aalwurmsta­tus en die invloed daarvan op die boompresta­sie van alle kommersiël­e onderstamm­e,” meen Piet. 

Die vestiging van ’n geskikte bostam is die kern van suksesvoll­e vrugteverb­ouing. Spesifieke onderstamm­e kan help om geskikte bostamme beter te laat aanpas.

 ??  ?? 56
56
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa