Perlemoen:
Systap duur krag, boer sommer in see
In die natuur is dié gesogte lekkerny al lank op die rand van uitsterwing weens oorvissery, maar plase, soos Wild Coast Abalone by Haga-Haga in die Oos-Kaap, kweek perlemoen suksesvol vir die uitvoermark.
’n Unieke samewerkingsooreenkoms tussen die Regering, navorsingsinstansies en perlemoenplase baan nou die weg vir boerderye in die see, wat perlemoen op groot skaal terug in die see plaas en koste in toom hou.
“Dit is dieselfde model as met wildboerdery om ’n bedreigde diersoort te beskerm,” sê prof. Pete Britz van Rhodes-universiteit se departement viskunde en visserywetenskap. Dit help die natuurlike bron aanvul en sal ook die genetiese variasie van die Suid-Afrikaanse perlemoensoort ( Haliotis midae) verseker.
Die ooreenkoms is gesluit tussen die Department van Landbou, Bosbou en Visserye, perlemoenboere en navorsingsinstansies, soos die department van viskunde en visserywetenskap by Rhodes en die instituut vir kus- en mariene-studies aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit in Port Elizabeth.
Drie Wes-Kaapse perlemoenplase het ook permitte om in die see te boer, maar Wild Coast Abalone is die enigste wat dit voluit doen by Kaap Recife naby Port Elizabeth. Hy is ’n diensverskaffer aan die maatskappy wat die eksperimentele reg bekom het en het teen einde verlede jaar al 500 000 perlemoene in die see geplaas.
Met die goedkeuring van die nasionale landboudepartement kan die maatskappy ’n kwotapermit kry om die volwasse perlemoen te oes. Daarvoor moet hy saam met ’n navorsingsinstansie bewys die perlemoen groei en ontwikkel goed en kan volhoubaar benut word.
Volgens mnr. Richard Clark, besturende direkteur, is perlemoenplase amper soos voerkrale vir vee. “Weens die hoë kapitaalkoste om infrastruktuur te voorsien moet elke ruimte volledig benut word. Daarenteen is dit meer ekstensief om met perlemoen in die see te boer.”
DUUR KRAG LEI TOT SEEBOERDERY
Richard sê hulle pomp elke uur sowat drie en ’n half miljoen liter seewater met ’n pypleiding wat 150 m ver in die see gelê word, wat dan deur die perlemoen- en seegrastenks graviteer.
Eskom se kragvoorsiening was tot dusver nie ’n probleem nie, maar die maatskappy se hoë kragrekening – gemiddeld R500 000 per maand – was ’n ander storie. Die vooruitsig van nóg stygings het hom aangevuur om betrokke te raak by perlemoenboerdery in die see.
“Die kragrekening was 10% tot 12% van die produksiekoste, maar beloop nou nader aan 20% daarvan. Ons pryse het nie tred gehou daarmee nie en ons moes koste besnoei.”
Seeboerdery is ideaal om die kragrekening te beperk en skakel ook voedingskoste uit. Die perlemoen vreet seegras, waarvan die maatskappy twee soorte ( Ulva spp.en Gracilaria spp.) in ’n aanleg kweek. Die wier verdubbel daagliks sy biomassa en is ’n goedkoop en natuurlike voedingsbron vir die perlemoen. Met seeboerdery hoef hulle dit nie self te kweek nie.
Pete sê ’n mens moet net met perlemoen boer waar dit natuurlik in die see voorkom. “Ons moet geskikte riwwe kry en die produktiefste broei-area, verkieslik waar daar baie seegras is, uitsoek.” Die perlemoen – van twee tot drie jaar oud, met ’n skulpgrootte van sowat 25 mm tot 60 mm – word eenvoudig op die plek in die see gegooi en soek dan self ’n vasklouplekkie. Die perlemoen se habitat is klein en het nie ’n groot invloed op ander seelewe nie.
Tans is daar nog nie kwotapermitte uitgereik om perlemoen te oes nie. Hy sal eers moet bepaal hoeveel perlemoen oorleef het en hoeveel volhoubaar geoes kan word. “Hulle word geoes as hul skulpe groter as 90 mm is. Die eerste oes kan moontlik vanjaar geskied,” sê Pete.
BESKERM KUSLYN
Volgens die ooreenkoms moet die maatskappy ook die kusstrook om die skaars perlemoen
’n Oos-Kaapse perlemoenplaas het weens duur elektrisiteit besluit om in die see te begin boer. Teen Kersfees kon hulle al 500 000 van dié seeslakke in die see terugsit en hoop om vanjaar hul eerste kwotapermitte te kry om te begin oes.
Ek is ’n aartsoptimis en glo alles is moontlik met onmoontlike tydsraamwerke en met min geld. Ons moes basies alles self doen en het ons oor ’n mik gewerk om ons beloftes na te kom. Dit is nie ’n slegte ding nie, maar ons sou vinniger gevorder het as die verwagtinge en gepaardgaande planne meer realisties was. Die twee ou manne in my lewe. My pa, ’n gewoonte-entrepreneur, sien ’n geleentheid in alles. Die ander een is oom Fanie Roberts, ons grootste aandeelhouer. Hy is die een wat altyd die saak uit die ongewone hoek bekyk, bankvas agter ons staan en ons altyd aanpor.
Mense. Die regte mense los probleme op.
‘Perlemoenplase is amper soos voerkrale vir vee. Daarenteen is dit meer ekstensief om met perlemoen in die see te boer. ‘
China en mense koop dit om eer te betoon aan hul gaste, sê Pete.
“Die meeste perlemoenplase voer grootliks gedroogde perlemoen uit, maar lewende perlemoen behaal beter pryse,” sê hy.
“Die lewende perlemoen word in ’n plastieksak, gevul met suurstof, geplaas en dan in ’n polistireenskuimboks gepak. Dit kan 48 uur lank só oorleef, maar dis ’n verkoopstrategie met ’n hoë risiko,” waarsku hy.
’n Perlemoen van 80 g tot 100 g behaal sowat R285 tot R400 op die wettige mark, maar onwettige perlemoen van swakker gehalte kan vir sowat R115 tot R230 verkoop word. Daar word jaarliks sowat 3 000 ton tot 3 500 ton onwettige perlemoen met ’n markwaarde van R40 miljard gestroop.
Richard sê Suid-Afrikaanse perlemoen is van puik gehalte, maar plundery en onwettige perlemoenhandel beïnvloed die mark se persepsie oor die gehalte en verswak die prys.
“Gekweekte perlemoen is van ’n beter gehalte en behaal hoër pryse.”
Die boerdery word tans uitgebrei en hulle wil oor drie jaar tot vyf jaar produksie tot meer as 300 ton per jaar opstoot. Elke perlemoen is naspeurbaar sodat die koper weet dit kom nie van ’n onwettige bron nie. Volgens Pete het die vraag na perlemoen in die Ooste in 2013 afgeneem. “Die Chinese se eie jaarlike produksie het geklim tot sowat 900 000 ton.
“Die Chinese regering het ook as deel van sy besparingsmaatreëls staatsamptenare verbied om produkte, soos perlemoen, haaivin en voëlnessop, te koop.”
Pete sê enige plek waar Chinese woon, is egter ’n potensiële mark en daar is nog baie markte wat ontgin kan word.
“Ons het bewys dit is moontlik om perlemoen terug te sit in die see en dat gekweekte perlemoen in die natuur sal oorleef. Ons wil die bron opbou en dit in ’n volhoubare en lonende bedryf omskep.”