Nuutste siekteverslag: Hou dié siektes dop ná swaar reën
DIE reën het in ’n groot toename tot in- en uitwendige parasiete en siektes gely, luidens die nuutste maandverslag van dr. Faffa Malan, bestuurder van die Herkouerveterinêre Vereniging van Suid-Afrika (Ruvasa).
Die verslag word opgestel uit verslae van die vereniging se lede landwyd.
Bosluise het heelwat toegeneem en boere moet seker maak hulle behandel hul vee, want van hierdie bosluise dra Afrika- en Asiatiese rooiwater, bosluisgalsiekte en knopvelsiekte oor wat tot groot bloedverlies by diere lei.
Die kaarte hierby toon waar die meeste gevalle van verskeie parasiete en siektes wat t ans die grootste vir boere gevaar i nhou, naamlik bloubosluise ( KAART 1 ) en Asiatiese rooiwater ( KAART 2 ) aangemeld is.
BOSLUISE
Bontpootbosluis is aangemeld in alle provinsies, afgesien van die Oos- en die Noord-Kaap. Dit kom nou selfs voor in dele waar dit voorheen nooit opgemerk is nie. Dok Faffa sê ’n enkele bontpootbosluisbyt tussen die kloutjies kan veroorsaak dat ’n dier mank word. Bontpootbosluise is ook die draers van Kongokoorsvirus by die mens.
Bloubosluise is opgemerk in alle provinsies, afgesien van die Noord- Kaap, hartwaterbosluise in Mpumalanga, Gauteng, Li mpopo, Noordwes, KwaZulu- Natal en die Oos- Kaap, bruinoorbosluis in Mpumalanga, Gauteng, Limpopo, Noordwes, die Vrystaat en KwaZulu-Natal en verlammingsbosluis in Mpumalanga, Gauteng, die Vrystaat en KwaZulu-Natal.
Asiatiese en Afrikarooiwater neem reeds toe in alle provinsies, buiten die Noord- Kaap, namate die bosluisgetalle styg. Selfs kalwers jonger as drie weke het reeds gevrek. Dié siekte kan groot afmetings aanneem en boere moet ’n doelmatige inentingsprogram by hul veeartse bekom in gebiede waar rooiwater voorkom en groot sorg dra wanneer hulle diere in streke koop waar rooiwater nie voorkom nie.
Bosluisgalsiekte kom ook wyd voor in alle provinsies, afgesien van die Noord- Kaap en Limpopo. Dit word deur bloubosluise en bytende vlieë oorgedra; selfs deur besmette spuitnaalde nadat siek diere ingespuit is. Die siekte kom voor gedurende tye wanneer vee gespanne is. Ook vir hierdie siekte kan boere hul vee inent.
Hartwater kom sover oral voor, buiten in die Vrystaat en Wes- en Noord-Kaap, weens die vervoer van wild waarop bontbosluise voorkom vanaf besmette dele na gebiede waar hierdie bosluise nie voorkom nie. Die siekte kan met inentings en bosluisbestryding aan bande gelê word.
INSEKTE
Knopvelsiekte is een van die siektes wat ook deur insekte oorgedra word. Veeartse het dié
Veesiektes raak nou ’n probleem vir talle boere. Dr. Faffa Malan gee ‘n blik op hoe siekte-uitbrekings tans lyk.
siekte reeds in ál die provinsies aangemeld. Dok Faffa sê dit bevestig dat sekere bosluissoorte ook die virus wat knopvelsiekte veroorsaak, kan oordra. Die meeste gevalle kom voor onder vee wat nog nooit daarvoor ingeent is nie. Sodra die siekte op ’n plaas uitbreek, kan dit ook deur speeksel versprei word. Daarom moet boere vee met die siekte in afsondering plaas. Verskeie entstowwe is daarvoor beskikbaar en vee behoort jaarliks ingeënt te word.
Drie- dae- stywesiekte tel ook onder die siektes wat deur insekte oorgedra word. Verslae van uitbrekings is vanuit alle provinsies, buiten die Noord-Kaap, ontvang. Daar is ongelukkig tans geen entstof teen drie-dae-stywesiekte beskikbaar nie en ernsti- ge ekonomiese verliese en selfs vrektes het reeds voorgekom.
Bloutong kom in Noordwes, die Vrystaat, KwaZulu-Natal en die Oos- en die Wes-Kaap voor. Ook vir dié siekte is tans geen Aen B-entstof beskikbaar nie. Veeartse kan boere oor bykomende beheermaatreëls inlig.
Suigende en bytende l uise kom minder ná die winter voor, maar veral wolskaapboere moet hul diere gereeld ondersoek aangesien dit die wolvagte kan beskadig. Ongelukkig is daar reeds groot weerstand teen chemiese middels wat veral rooiluise beheer. Boere moet ook op die uitkyk wees vir wol- en haarverlies by hul skape wat kan voorkom weens myte wat onder meer brandsiekte veroorsaak.
Vlieë, muggies en muskiete broei grootskaals ná reën uit en kan ’ n verskeidenheid siektes en ander probleme by vee veroorsaak. Talle verslae is deur Ruvasa ontvang van veeartse wat vlieë, brommers, spykerwurms en neuswurm opgemerk het. Boere moet op die uitkyk wees vir siektes wat dié insekte kan veroorsaak. Bosluise met lang monddele, soos bont- en bontpootbosluis, veroors aak boonop wonde waarin spykerwurmvlieë hul eiers lê. Veeartse kan raad gee oor die middels wat dié eiers kan vernietig.
INWENDIGE PARASIETE
Rondewurms kom wyd voor. Talle wildvrektes het reeds weens haarwurm voorgekom. Daar is reeds groot weerstand by dié wurms teen chemiese middels. Boere wat onlangs reën gehad het, moet met veeartse saamwerk om die regte middel te kies wat die wurms nog doeltreffend beheer.
Daar is ook probleme met koksidiose in ál die provinsies, buiten Noordwes en die NoordKaap. Veral jong diere word aangetas in dele wat baie nat en modderig is. Veeartse kan raad gee.
Ander inwendige parasiete wat deur veeartse aangemeld is, is bruin maagwurm in die WesKaap, lintwurm in Mpumalanga, Gauteng, Limpopo, Noordwes, die Vrystaat en die Oos- en die Wes- Kaap, peervormige slakwurms in Mpumalanga, Limpopo, die Vrystaat, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap, en masels in Mpumalanga, Gauteng, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap.
Dok Faff a sê boere moet voortdurend op hul hoede vir die geslagsiektes, trigomonose en vibriose, onder vee wees.
As bulle teen die einde van die dektyd steeds op die koeie ry, kan dit wees omdat die koeie weens geslagsiektes nie dragtig geword het nie.
Plantvergiftiging kom steeds voor, hoewel vee geneig is om giftige plante te vermy sodra die weiding goed groei.
Bloutong kom in Noordwes, die Vrystaat, KwaZulu-Natal en die Oos- en die Wes-Kaap voor. Ook vir dié siekte is tans geen A- en B-entstof beskikbaar nie.