Landbouweekblad

Boereplan:

Planne om Angoras maklik te laat lam

- NAVRAE: Mnr. Flip Marais, tel. 053 395 0184; e-pos: ronelenfli­p@webmail.co.za. WEN R1 000 MET JOU BOERE PLAN!

Angora-ooie is nie bekend as wonderlike moeders nie. Wanneer tot 500 ooie in die bestek van twee maande lam, verloor ooie dikwels hul lammers sodat lamverlies­e onnodig hoog kan raak. Boonop is rooijakkal­se en rooikatte ’n gevaar wat lamverlies­e verder kan verhoog.

Veral in die eerste drie weke ná geboorte is fyn bestuur noodsaakli­k. Daarom laat mnr. Flip Marais van Sandputs naby Williston sedert verlede jaar sy Angora- ooie in lamhokkies lam pleks van op weiding.

“In lamhokkies kan die ma en kleintjie vir minstens 14 dae saam bly en mekaar goed leer ken.”

Hy skat aan die grootte van ’n ooi se uier hoe ver sy van lam is en sowat ’n week voor lamtyd word sy na die hokkies verskuif.

Dit het egter ’ n nuwe stel probleme laat opduik: Hoe meng ’n mens die ideale voer vir die ooie en lammers in die lamhokkies en hoe kry ’n mens die swaar dragtige ooie in die hekkielose hokkies sonder dat hulle of hul ongebore lammers beseer word?

“Ek het 180 lamhokkies en gaan dit in die volgende jaar tot 300 vermeerder. Om 180 hekkies vir die hokkies te maak en aan elke hokkie te hang, sou nie net bitter baie werk wees nie, maar ook baie geld kos.”

AFLOOPGEUT

Flip het daarom ’n afloopgeut ontwerp om die ooie in die hokkies te sit. Hy gebruik ’n ou sinkgeut wat lank en breed genoeg is sodat ’ n ooi daarop kan staan. Hy het die kante met sinkplate toegemaak. Die afloopgeut se een punt is aan ’n gewone windpomp-katrolstel­sel op ’n ou wa gekoppel.

Wanneer ’n ooi na ’n lamhok moet gaan, word sy in die drukgang uitgekeer, die afloopgeut word laat sak en sy stap daarmee tot op die wa. Die wa word met ’n trekker tot langs die aangewese lamhok gesleep, die afloopgeut se punt word in die hokkie laat sak en die ooi stap die lamhokkie in.

Nadat sy en haar lam sowat 14 dae in die lamhok was, word hulle met die hand uit die lamhok getel.

VOERPLANNE

Om die ooie in die hokke met die ideale voermengse­l te voer het Flip ’ n tweedehand­se

Mnr. Flip Marais van Williston het ’n voermengst­elsel vir sy Angora-ooie in lamhokkies ontwikkel én ’n afloopgeut ontwerp waarmee dragtige ooie in hekkielose lamhokkies geplaas word sonder om die ongebore lam te beseer.

voergroeik­as vir sowat R70 000 aangeskaf. Hy plaas daagliks nuwe garssaad in saadbakke in die kas. Die voriges skuif dan een baklengte vorentoe.

Die saad loop in die bakke uit. Teen die sewende dag kan die eerste bakke uitgehaal word. Elkeen bevat dan ’n dik mat garsuitloo­psels wat as veevoer dien.

“Ek laat elke ry bakke egter langer staan en haal hulle eers ná 10 dae uit wanneer die gars so ’n handlengte hoog is en heelwat meer groenmater­iaal bevat.”

Die bakke wat verwyder word, word die volgende dag weer met garssaad gevul nadat dit vir ’n nag in ’n ontsmettin­gsmiddel gestaan het om siektes en verrotting te voorkom.

Sandputs het nie Eskomkrag nie. Aangesien die Karoo in die somer baie warm word en nagtempera­ture in die winter tot onder die vriespunt daal, moes Flip ’n plan maak om die temperatuu­r te beheer.

“Ek het die voerkas op ’n trollie met wiele gemonteer sodat dit in die hitte van die somersdae en die koue van die winternagt­e in ’n skuur gestoot kon word.”

Die groen gars word daagliks saam met gelyke hoeveelhed­e lusern gekerf. “Die droë lusern sorg vir vesel en ruvoer wat belangrik is vir goeie melkeiensk­appe, en die gars sorg vir vars groenvoer.”

Hy het ’n ou kerwer nader gesleep en op ’n houttafel gemonteer sodat ’n opening reg onder die kerwer is. Die kerwer is ook aangepas om nie die gekerfde materiaal uit te blaas nie, maar die mengsel deur die gat tot in ’n waentjie te laat val. Dié waentjie word met ’n bakkie na die lamhokke gesleep en genoeg van die mengsel word in elke hokkie gegooi. Dit word soggens gedoen.

Korrels lamkruipvo­eding word met ’ n spesiaal aangepaste tregter in die lamvreetkr­ippe gegooi om vermorsing heeltemal uit te skakel. Flip het die tregter self ontwerp. Dit bestaan uit ’n gewone tregterkop waarvan die uitlaat groter oopgesny is. Dit is gekoppel aan ’n PVC-pyp met ’n deursnee van 110 mm wat in die voerbakkie pas. Die pyp is lank genoeg sodat ’n mens regop kan staan en die voer in die bakkie gooi sonder vermorsing. “Die bok in die hokkie laat jou nie toe om raak te korrel as die korrels sonder die tregterste­lsel in die voerbakkie gegooi word nie, want sy ‘bestorm’ die kos as’t ware.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa