Landbouweekblad

Mitiese diere in rotsskuili­ngs (Rubriek)

- VICTOR BIGGS

otskunsnav­orsers verwys na vreemde diere in rotskuns as reëndiere, maar tog is daar niks wat daarop dui dat hulle enigiets met reën te make het nie. Waar kom dié begrip dus vandaan?

Rondom 1880 het Wilhelm Bleek, ’n linguïs wat in Kaapstad gewoon het, onderhoude gevoer met veroordeel­de Boesmans – mense wat vir ’n hele rits oortreding­s tot verskillen­de tydperke van hardepad gevonnis is. Hy wou hul taal bestudeer en leer.

Bleek het afskrifte van rotskuns ontvang en hy het sy informante gevra om kommentaar daarop te lewer. Dié informante was van ’n baie droë gebied en het geen tradisie van rotskuns gehad nie, ook nie van die gelowe en rituele waaruit die voortgevlo­ei het nie. Hulle het vir Bleek gesê dit is reëndiere, en die ritueel beskryf om die reëndier te vang en hom te bring na waar reën nodig was.

As jy ’ n tekening van ’ n perd wys vir iemand wat nog nooit ’n perd gesien of daarvan gehoor het nie, sal jy hom glo as jy vir hom vra wat dit is en hy sê dit is ’ n hond omdat dit ’n kop, pote en ’n stert het?

Dit lyk of dit die geval was met ons rotskunsna­vorsers. As jy glo wat Bleek se informante vir hom gesê het oor die rotskunsaf­skrifte wat hy vir hulle gewys het, sal jy enigiets kan glo. Dit is amper soos om te sê jy kan die Japanse kultuur leer deur die Duitsers te bestudeer.

Die Boesmans wat op dié rotse geverf het, het op ’n plek met goeie water gebly en het nie dieselfde geloof gehad oor reëndiere nie. Die rotskuns is geverf deur hul genesers op sekere uitgesoekt­e plekke waarheen hulle kon gaan om te mediteer en met die voorvaderg­eeste te gesels.

As hulle groentjies was wat geleer het hoe om genesers te word, sou hul voorvaderg­ees ’n dier as hul kragdier benoem – ’n dier wat na hulle kon omsien én hulle help om met die voorvaderg­eeste te kommunikee­r. Die gekose dier is op die rotse geverf. Dit kon ’n regte dier óf ’n mitiese dier wees.

As jy in ’n ruimtetuig na ’n ander planeet reis, sal jy nie verwag om die diere te sien wat jy hier op ons planeet sien nie. Dit geld ook die spirituele reis. Die diere wat jy in die doderyk sien, is heeltemal anders as dié wat jy op ons planeet sien. Die Boesmans het geglo hul spirituele wêreld is onder die water. Dié eienaardig­e diere op die rotse is die diere wat in daardie spirituele wêreld onder die water gewoon het.

Nie al dié diere was die genesers goedgesind nie. Party van hulle was gevaarlik, soos die “mamlambo”, wat inderwaarh­eid ’ n slang was wat onder die water gewoon het, maar hom op vele manier kon manifestee­r – soos ’ n pragtige vrou wat jou die water in sou lok om jou dood te maak, of ’n dieragtige skepsel wat jou ook om die lewe kon bring. As ’n geneser ’n mamlambo kon vang en beheer, is hy beskou as baie magtig.

Toe die swart mense Suid- Afrika binnekom, het hulle met die Boesmans gemeng en hul genesers het die gelowe en rituele aangeleer van die Boesmangen­esers, wat as magtige genesers beskou is.

Dié genesers beoefen daardie presiese gelowe wat hulle by die Boesmans geleer het, vandag oral om ons.

Khotso Sethuntsa, ’n ryk kruiedokte­r wat tussen 1898 en 1972 in die Kokstad-Pondolandg­ebied gewoon het, was bekend daarvoor dat hy ’n mamlambo gehad het. In sy leeftyd is hy as ’n buitengewo­on magtige en hoogs gevaarlike man beskou, en selfs ná sy dood vrees mense hom steeds omdat hulle glo sy magte strek verder as die graf.

Dít is die eienaardig­e diere wat op ons rotse geverf is. Hulle is beslis nié reëndiere soos wat ons rotskunsna­vorsers ons probeer wysmaak nie.

Vreemde diere in rotskuns is waarskynli­k die prente wat die heel minste verstaan word.

Uit die geskiedeni­s is dit duidelik dat Esra en Nehemia tydgenote moes gewees het en hulle het minstens twee dinge met mekaar gemeen. Albei het ’n aandeel gehad aan die heropbou van die tempel en die herstel van die muur rondom Jerusalem. Nóg belangrike­r is dat albei hul taak verrig het onder die seën van wat hulle genoem het “die hand van God.”

Nehemia praat selfs van die goeie “hand van God”. As skinker van die Persiese koning Artasasta moes hy ’n goeie indruk op die koning gemaak het, want dit blyk dat die koning uit sy pad gegaan het om hom te help om sy droom te verwesenli­k, naamlik om die Godstad in ere te herstel. En so het die skinker wat die wynbeker vir die koning moes aangee, die bouer geword met ’n troffel in die hand.

As ek nou uit hierdie geskiedeni­s ’n gedagte moet beklemtoon wat my die meeste aangryp, dan is dit die wonderlike spanwerk wat hier getoon word. Nehemia het die formidabel­e taak verrig om sy volksgenot­e saam te snoer as ’n eenheid om ’n gemeenskap­like ideaal en droom te verwesenli­k.

Hoe kry ’n leier so iets reg? Hy stel ’n voorbeeld wat by ander respek afdwing. Hy sê nie: “Gaan bou die muur nie.” Hy inspireer hulle eerder deur te sê: “Kom ons bou!” (Neh. 2:18)

Toe hy as goewerneur aangestel is, het hy 12 jaar lank nie betaling aanvaar nie. Die armoede van sy mense het hom laat besluit om self saam met hulle swaar te kry (vgl. Neh. 5:14). Agter so ’n leier kan die volk homself verenig voel – en dis presies wat gebeur het. Skouer aan skouer het hulle gewerk, troffel in die een hand en ’n swaard in die ander hand om hulle teen die vyand te verdedig.

Niemand was te belangrik om deel te wees van die werk nie. Tussen die klomp was daar onder andere Gananja, die salfmenger, en Sallum met sy dogters. Daar was priesters en Leviete en families wat almal ’n stuk bouwerk moes voltooi (vgl. Neh. 3).

Inderdaad het die boek Nehemia vir ons – ook in Suid-Afrika – ’n paar goeie lesse om te leer. Waar onselfsugt­ige leiers ontbreek, is daar gewoonlik nie spanwerk nie. Waar hebsug oorneem, stort die ekonomie in duie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa