Die winsmarge in voerdoeltreffendheid
Voerkoste is die grootste enkele uitgawe in die produksie van beesvleis. Daarom is dit noodsaaklik dat beeste die voer doeltreffend benut. ’n Boer moet geld maak en daarom geld oorhou nadat sy koste van die inkomste afgetrek is.
Dr. Paul Arthur, ’n internasionale kenner van voerdoeltreffendheid wat aan die Elizabeth Macarthur-landbou-instituut van die departement van primêre nywerhede in NieuSuid-Wallis, Australië, verbonde is, het by die Vleisbeesskool op Aldam verlede jaar gesê talle faktore beïnvloed voerbenutting, waaronder groeitempo, die dier se ouderdom, die kondisie van die dier, die metaboliese tempo, die doeltreffendheid van die opname van voedingstowwe, die aktiwiteitsvlak van die dier en die omgewing. Sommige diere benut voeding beter as ander.
Voerdoeltreffendheid kan aan die volgende kriteria gemeet word: Voerinname (VI), gemiddelde daaglikse gewigstoename ( GDT), voeromsettingsverhouding ( VOV) en residuele (netto) voerinname (RVI). Party maatstawwe is egter beter as ander.
Paul het gesê dit is reeds lankal bekend dat
Omdat voerdoeltreffendheid 40% oorerflik is, is moontlik om vir verbeterde voerdoeltreffendheid te selekteer, soos die Leachman Cattle Company in Colorado, Amerika, al bewys het. Dit is onontbeerlik as jy volhoubaar winsgewend met vleisbeeste wil boer.
die seleksie vir hoë VOV groter en swaarder koeie tot gevolg het. Daarom is VOV nooit in Australië as belangrik beskou nie. Dit word vandag ook nie in toetsstasies in Amerika gebruik nie. Omdat voerdoeltreffendheid egter ekonomies belangrik is, moes alternatiewe, wetenskaplik gefundeerde maatstawwe gevind word.
Sy groep het ná baie navorsing op RVI besluit. Dit is die hoeveelheid voer wat ’ n dier inneem buiten dit wat benodig word vir onderhoud en produksie.
By vleisbeeste is dit die verskil tussen ’n dier se werklike voerinname en sy verwagte inname, gegrond op sy grootte en groei oor ’ n bepaalde tydperk. Sommige beeste het ’ n laer RVI en het dus minder voer nodig as ander om ’n bepaalde groei te handhaaf, wat Paul in TABEL 1 aan die hand van twee Australiese bulle illustreer.
Bul A benut voer doeltreffender (laer RVI) as bul B, wat ’n hoë RVI het. Oor ’n tydperk van 120 dae beteken dit ’n verskil van meer as R1 000 in voerkoste tussen hierdie twee bulle (2,7 kg per dag vir 120 dae teen R3,10 per kg vir die kragvoer).
Paul het gesê soos groei is RVI redelik hoog oorerflik (30% tot 40%) en die nageslag van beeste met ’n lae RVI sal óók minder voer inneem. Die voordeel van RVI is dat groei en karkaseienskappe nie daarmee korreleer nie. Daar is wel ’n lae korrelasie tussen RVI en vetbedekking. Beeste met ’ n lae RVI is geneig om minder vet te word.
Dit is bevestig deur navorsing by die Trangie-proefplaas in Australië waar bulle met ’n lae RVI minder voer ingeneem het as wat verwag is, terwyl beeste met ’n hoë RVI meer voer ingeneem het ( TABEL 2 ).
In dié proewe is die metaanvrystellings ook gemeet. Hulle het bevind beeste met ’n lae RVI stel 15% tot 30% minder metaan vry en produseer 15% tot 20% minder mis, wat voordelig vir die omgewing is.
Paul het gesê proewe vir die seleksie van netto voerinname het reeds in 2002 begin. Breedplan gee vandag op ’n roetinebasis teelwaardes vir RVI vir rasse waarvan voldoende RVI-data ingesamel is.
VOERINNAME BELANGRIK
Residuele voerinname is ’ n belangrike ekonomiese eienskap vir beesboerdery en voerkrale in Suid-Afrika, het prof. Norman Maiwashe, waarnemende hoofbestuurder van die Landbounavorsingsraad (LNR) se Instituut vir Diereverbetering op Irene, beaam.
Dit is onprakties om voerinname by koeie in die veld te meet, maar jong diere kan in bestuursgroepe in toetsstasies ondersoek word. Dit kos sowat R4 500 per dier, wat nie die vervoerkoste na die toetssentrum insluit nie. Dit sluit skandering vir vetdikte en oogspiergrootte in.
Die LNR doen ’n voerinnametoets waar die bulletjies eers vir 28 dae aangepas en daarna vir 84 dae vir voerinname en daaglikse gewigstoename geëvalueer word. Die LNR oorweeg, saam met die bedryf en in pas met wêreldneigings, om die aanpassingstydperk tot 21 dae en die toetstydperk tot 70 dae te verminder, wat ’n besparing van 20% in toetskoste kan bewerkstellig. Hierdie besparing beteken dat die toetskoste vergelykbaar word met die toename in waarde van die speenkalf, wat telers sal aanspoor om groter getalle te laat toets. Nog ’n groot voordeel is dat vier pleks van drie toetse binne ’n jaar kan plaasvind. Tans word die VOV bereken en die toetsresultate word aan die boer oorhandig.
Norman stem saam dat kritiek teen VOV verbind word met groter koeie en stel voor dat alternatiewe, soos die residuele voerinname, gemeet word.
Met RVI- inligting kan die boer vir voerdoeltreffendheid selekteer, wat die onder-
‘Paul het gesê dit is reeds lankal bekend dat die seleksie vir hoë VOV groter en swaarder koeie tot gevolg het. Daarom is VOV nooit in Australië as belangrik beskou nie. Dit word vandag ook nie in toetsstasies in Amerika gebruik nie. Omdat voerdoeltreffendheid egter ekonomies belangrik is, moes alternatiewe, wetenskaplik gefundeerde maatstawwe gevind word. Sy groep het ná baie navorsing op RVI besluit.’ Die voordeel van RVI is dat groei en karkaseienskappe nie daarmee korreleer nie.
houdskoste van koeie beslis sal verbeter, metaanvrystelling sal verlaag en misproduksie sal verminder. Dus is dit die moeite werd om vir residuele voerinname te selekteer, wat op lang termyn tot die volhoubaarheid van beesboerdery kan bydra.