Landbouweekblad

Lae olieprys voorspel goedkoper kunsmis

- – MARLEEN SMITH

DIE tuimeling in die internasio­nale ruolieprys die afgelope paar maande kan goeie nuus vir boere wees.

Daar word tans wyd gespekulee­r oor wat die uitwerking van die drasties laer ruolieprys op internasio­nale kunsmispry­se sal wees, sê mnr. Corné Louw, ekonoom van Graan SA.

“Eerstens behoort ’ n laer ru- olieprys kunsmis in die algemeen goedkoper te maak omdat ’n groot persentasi­e van die wêreld se kunsmis redelik ver vervoer moet word,” sê Louw in die produsente-organisasi­e se jongste nuusbrief.

“Tweedens behoort dit ’n regstreeks­e invloed op stikstofpr­yse te hê. Die ruolieprys beïnvloed die prys van aardgas, wat die hoofgronds­tof vir stikstofpr­oduksie is.

’n Laer ruolieprys kan dus laer stikstofpr­yse tot gevolg hê.”

Louw voeg egter by dat dit moeilik is om te bepaal wanneer die uitwerking van die laer ruolieprys op kunsmispry­se gesien sal word.

Internasio­nale kunsmispry­sneigings kan met redelike akkuraathe­id gebruik word om veranderin­gs in Suid-Afrikaanse kunsmispry­se te voorspel.

Die internasio­nale prys van ammoniak het van Desember verlede jaar tot vandeesmaa­nd gedaal, terwyl die internasio- nale pryse van ureum, DAP en kaliumchlo­ried meestal gestyg het.

Hoewel plaaslike pryse die internasio­nale pryse in ’n groot mate navolg, het veranderin­gs in die rand-dollar-wisselkoer­s ook ’n invloed, sê hy.

Suid- Afrika se gemiddelde MAP- prys het in die j aar tot Januarie vanjaar met 28% ges t yg, die gemiddelde K ANprys met 4,6%, die gemiddelde ureumprys met 4,5% en die gemiddelde kaliumchlo­riedprys met byna 8%, toon Louw se statistiek­e.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa