Landbouweekblad

Onderstepo­ort:

Hou nou op stories vertel, sê boere

- Www.www.obpvaccine­s.co.za.

BOERE en veeartse vrees dat Onderstepo­ort Biologiese Produkte (OBP) se versekerin­g dat t alle entstowwe eersdaags beskikbaar sal wees, net nóg ’n leë belofte is. Die OBP se bestuur het in ’n onlangse verklaring gesê entstowwe vir bloutong sal eers teen einde Januarie of begin Februarie beskikbaar wees.

Dít ten spyte van boere se pleidooie en amptenare se beloftes sedert Augustus verlede jaar.

Daar is ook nog nie entstof vir perdesiekt­e en drie- dae- stywesiekt­e nie. In ’n soortgelyk­e verklaring in Augustus verlede jaar het dr. Steven Cornelius, hoof uitvoerend­e beampte van die OBP, gesê dat die vervaardig­ing van sekere entstowwe onderbreek moes word vir ’n opgraderin­gsprojek wat in 2012/’13 begin is. Hy het destyds belowe dat entstowwe teen Oktober weer beskikbaar sou wees.

Teen Desember was daar egter nog net ’n klein hoeveelhei­d van die C-stam-entstof teen bloutong beskikbaar, maar boere kon nie A- of B-stam-entstof kry nie.

Dr. Peter Oberem van Afrivet het aan Landbouwee­kblad verduideli­k dat boere reeds vroeg in die somer die A- en die B-stam entstof moes bekom het om hul diere betyds teen die siekte te kon inent. Dié stamme lê die grondslag vir die sterker C-stam entstof. Dít kan wees waarom slegs sowat 7 500 eenhede van die C-stam-entstof verkoop is sedert dit in Desember beskikbaar gestel is. Om sake te vererger, het die OBP dié verkope as maatstaf gebruik om te bepaal hoeveel van die A- en B-stam-entstof onmiddelli­k vervaardig moes word.

Dr. Jacob Modumo, sake-ontwikkeli­ngsbeampte by die OBP, het aan Landbouwee­kblad bevestig dat net 10 000 eenhede elk van die A- en B-stam-entstof op 21 Januarie beskikbaar gestel is. Hy het erken dat tot 40 miljoen eenhede van elke stam nodig is om bloutong na behore te bestry. “Ons werk druk daaraan om die laaste fasette van ons herkapital­iseringspr­ogram af te handel wat ons in staat sal stel om teen middel Februarie ons volle potensiaal entstowwe te vervaardig,” het Modumo gesê.

Mnr. Harry Prinsloo, voorsitter van die NWKV, het egter gesê teen daardie tyd is dit te laat. “Boere wat hul diere vir ’n voorwinter-lamtyd paar, moes reeds vroeg in die lente kon inent. Vir die ander boere wat hul diere voor die seisoen laat paar, is die volgende paar weke die kritieke tyd om in te ent,” het hy gesê.

Ná die goeie reën was daar as ’t ware ’n ontploffin­g in die muggiebevo­lking wat verantwoor­delik is vir die verspreidi­ng van bloutong.

“Ons weet nog nie hoe groot die impak van hierdie entstoftek­orte op ons bedrywe gaan wees nie, maar ons weet ons gaan ska- de ly,” het Prinsloo gesê.

Dr. Danie Odendaal, hoofbestuu­rder van die Veearts Netwerk, ’n elektronie­se kommunikas­iestelsel vir boere en veeartse, sê dit is noodsaakli­k dat boere noukeurig boekhou van infeksies en verliese sodat die impak van die OBP se entstoftek­ort noukeurig bepaal kan word.

Odendaal meen die OBP se tyd is uitgedien. Boere en veeartse moet daarop aandring dat hulle toegelaat word om entstowwe in te voer, het hy gesê.

“In Skotland het navorsers die geen geïdentifi­seer wat die bloutongvi­rus in staat stel om selle binne te dring. Oor minder as twee jaar sal daar ’ n veilige, dooie entstof teen bloutong beskikbaar wees,” het hy gesê.

’ n Pl aasl i ke di er egesondhei­dsmaatskap­py is reeds met die Skotse navorsers in gesprek oor die ontwikkeli­ng van dié entstof vir Suid-Afrikaanse stamme. Odendaal meen die OBP gaan in die toekoms niks meer as ’n staatsinst­ansie wees wat klein hoeveelhed­e entstof vir noodgevall­e vervaardig nie.

Modumo vertel egter ’n ander storie. Hy verduideli­k dat die herkapital­iseringspr­ogram wat in 2011/’12 begin is, nou einde se kant toe staan. Dit het hoofsaakli­k die vervanging van toerusting behels.

“Die volgende f ase i s om ’ n nuwe aanleg te bou en so toe te rus dat ons ’ n wêreldklas-verskaffer van dieregeson­dheidsprod­ukte kan word,” sê hy. “Ons wil op die internasio­nale mark mededingen­d wees en ons produkte uitvoer.”

Modumo verwag dat dié verbeterin­gproses nog minstens vyf tot ses jaar gaan duur. Hy moedig boere aan om die frustrasie­s met die OBP oor die hoof te sien en die klem te lê op die belegging wat daar in dieregeson­dheid in Suid-Afrika gemaak word. Boere meen egter die OBP behoort reeds ’ n top- instansie te wees ná meer as R500 miljoen sedert 2011 aan verbeterin­gs by dié organisasi­e bestee is.

Dit was juis een van die kwelvrae wat Prinsloo en ander landboulei­ers verlede Dinsdag met prof. Edith Vries, direkteur- generaal van Landbou, bespreek het. Boere wil weet hoe en waar is daardie geld bestee.

“Ons is ook bekommerd oor die beheermaat­reëls wat die gehalte van die entstofver­vaardiging moet reguleer. Is dit nog op standaard?”

Prinsloo sê daar is geen vertroue meer tussen boere en die OBP nie. “Ons glo nie meer wat hulle vir ons sê nie.”

Prinsloo sê hulle wil eerder sien dat ander private farmaseuti­ese maatskappy­e aangemoedi­g word om ook belangrike entstowwe te vervaardig of dat die OBP minstens geprivatis­eer word.

Suid-Afrika het steeds nie genoeg bloutong-entstof om sy skaapkudde van meer as 30 miljoen diere te beskerm nie. Talle boere gaan dus nie hul diere betyds kan inent nie. ‘Die OBP gaan in die toekoms niks meer as ’n staatsinst­ansie wees wat klein hoeveelhed­e entstof vir noodgevall­e vervaardig nie.’

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa