LNR-proewe:
Beste mielies vir die ooste
Proewe by Winterton in KwaZuluNatal het die beste gevaar met ’ n gemiddelde opbrengs van 13,67 ton/ha in die Landbounavorsingsraad (LNR) se jaarlikse evaluasieproewe wat in verskillende dele van die land uitgevoer is. TABEL 1A, 1B, 1C EN 1D dui die graanopbrengs van 50 mieliekultivars aan wat in 23 verskillende omgewings getoets is. Die laagste potensiaal was by Devon met ’n gemiddelde opbrengs van 5,91 ton/ha en die hoogste potensiaal by Winterton met ’n gemiddelde opbrengs van 13,67 ton/ha. Die gemiddelde opbrengs oor al die omgewings was 9,17 ton/ha.
In TABEL 2 word die gemiddelde graanopbrengs (ton/ha) en die AMMI-stabiliteitswaarde (ASW) van die kultivars wat geëvalueer is, aangedui. Die vyf kultivars wat die beste gepresteer het, was PAN 6R-680R (10,42 ton/ha), PAN 6Q-408CB ( 10,27 ton/ ha), PAN4B- 311B ( 9,98 ton/ ha), DKC 78- 17B ( 9,89 ton/ ha) en BG 5285 9,88 (ton/ha). Die stabielste kultivars was LS 8524R, LS 8539B, DKC 78-45BRGEN, SC 411 en DKC 73-70BGEN. Hoe nader die ASW-waarde aan nul is, hoe stabieler word ’n kultivar geag.
TABEL 3 bevat ’n opsomming van die gemiddelde opbrengs van die 50 kultivars, asook ander agronomiese eienskappe, soos omval, spruite, aantal koppe per plant en vogpersentasie.
TABEL 4 toon die AMMI-model se keuse vir die vier kultivars wat die beste in elke omgewing presteer. Dit word geskoei op ’n kombinasie van opbrengs en stabiliteit.
’n Mieliekultivar het in ’n proef by Winterton in KwaZuluNatal gemiddeld 13,67 t/ha opgelewer – die beste van 50 mieliekultivars wat in die land se oostelike produksiegebied geëvalueer is.
Verskeie plaaslike pruimonderstamseleksies vertoon belowend ten opsigte van hul gasheerstatus, maar die evaluasies is nog in ’n beginstadium. “Daar is nog nie onderstamme wat weerstand bied nie, maar wel onderstamme met bestandheid. Klein vrugte is ’n simptoom van ’n ernstige aalwurmvoorkoms.”
Hoë watertafels veroorsaak ook probleme. Dit kom voor aan die voet van berge en in laagliggende gebiede, asook waar ondeurdringbare lae in grond voorkom, sê Piet. Ná swaar of aanhoudende reën in die winter kan watertafels in boorde hoog bly vir langer tye, tensy daar goeie dreineringstelsels is. “As die erge natheid in die lente of somer voorkom, word die hele proses aansienlik versnel. Die voordele van dreinering, afsnyslote en opêrd-walle kan nie oorbeklemtoon word.
“Simptome wat met Alpine op SAPO 778-onderstamme voorgekom het, het ons laat besef dat die tyd wat dit duur vir die bostam en onderstam onderskeidelik om in die lente wakker te word, bot en groei sal beïnvloed,” sê Piet.
“Die invloed gaan vererger met ’ n onderstam soos SAPO 778 in laekouebehoeftegebiede – 250 en minder Richardson koue-eenhede (RCU) – en met vroeë kultivars. Flordaguard raak byvoorbeeld vroeg ‘wakker’ en is geskik vir vroeë kultivars in laekouebehoeftegebiede.”
Vertraagde botsimptome in laekouebehoeftegebiede (200 RCU) met ’n vroeë kultivar, soos Alpine, het uitgewys dat bome op Flordaguard geen tot ligte simptome getoon het, op Atlas en Viking sowat 30%, op GF 677, Cadaman en Guardian sowat 40%, op SAPO 778 sowat 70%, en op Penta en Tetra bykans 100%.
Piet sê onderstamme kan tuinboukundige aspekte, soos vrugbaarheid, gunstig beïnvloed. Viking-, Atlas- en veral SAPO 778-onderstamme bevorder die vruggrootte. GF 677 lei tot klein vrugte by nektariens en perskes. “Wanneer die onderstamme Marianna, Maridon en Kakamassaailing enige stres het, soos aalwurm, sál die vruggrootte benadeel word – Flordaguard se vruggrootte sal afneem as ringaalwurm hoë getalle bereik.
“Met ’ n meer holistiese benadering tot onderstamevaluasie sal aanbevelings veel akkurater gedoen kan word,” meen hy.
Kloon-onderstamme bly die ideaal, maar saailinge is aanvaarbaar mits dit voldoen aan vereistes en voorwaardes, asook voordele inhou vir boere. “Kwekers en boere moet seker maak dat kloon- onderstamme voldoende wortelstelsels met fynwortels het om suksesvol uitgeplant te word.”