Landbouweekblad

Jan Greyling gee raad oor trekker koop

-

uwe werktuie kan finansieel sin maak, maar as jy daardie selfloopsp­uit koop net om by te hou met die buurman, kan dit jou baie kos.

’n Vergelyken­de studie onder mielieboer­e in Amerika het gewys die prestasie van die beste derde en die swakste derde in die groep word nie deur opbrengs en pryse bepaal nie, maar deur die koste van masjinerie en die belegging in masjinerie per akker. Hierdie koste moet daarom deeglik oorweeg word as jy ’n suksesvoll­e ondernemin­g wil bestuur.

Rekordhoud­ing en die beplanning daarvan is ongelukkig baie swak. Dit beteken daar is minder inligting vir die bedryf beskikbaar. Produksieb­egrotings is algemeen beskikbaar en studiegroe­pe in verskillen­de bedryfstak­ke trap vergelyken­de koste deur, maar meganisasi­e word byna altyd weggelaat weens gebrekkige data en boere se verskille in strategie.

Vanuit ’n kostepersp­ektief neem waardeverm­indering en rente met verloop van tyd af, maar herstelkos­te neem toe. Teoreties moet ’n mens ’n item vervang wanneer die totale bedryfskos­te begin toeneem ( met ander woorde, wanneer die herstelkos­te die som van die waardeverm­indering en rente oorskry). ’n Trekker bereik dié punt normaalweg ná nege of tien jaar as dit vir 1 000 uur per jaar gebruik word.

PROBEER KOSTE SPAAR

’ n Mens kan jou blind staar teen kostebespa­ring, maar wanneer ’n taak nie binne die beste tydsbestek afgehandel word nie, beteken dit ’ n groter geleenthei­dskoste. Nuwe toerusting kan dié risiko verklein, veral wat belangrike items, soos planttrekk­ers, betref.

Dit help natuurlik ook om meer as een werktuig vir ’ n bepaalde taak te benut, of om alternatie­we te hê sodat die werk kan aangaan as teëspoed toeslaan. Dit kan egter tot te veel toerusting en personeel lei. Dis ’n wesenlike risiko binne die SuidAfrika­anse belastings­telsel en boere moet meer doen om die belastingv­oordele teenoor die koste op lang termyn te ondersoek. Rente, versekerin­g en lisensiëri­ng dra alles by en verdien aandag.

Jy kan redeneer dat ’n permanente werktuigku­ndige of werkswinke­l op die plaas onderhoud en herstelwer­k goedkoper kan maak, maar onthou ook die aantal beskikbare ure is beperk. Die werkswinke­l raak maklik oorlaai en die pap sal op die grond val as dit nie uitgebrei of toerusting verminder of vinniger vervang word nie.

Standaardi­sering kan ook help. ’n Vooraansta­ande boer in die NoordKaap koop net drie groottes trekkers aan sodat hy minder onderdele hoef aan te hou en om herstelwer­k en onderhoud eenvoudige­r te maak.

NUWES ELKE TWEE JAAR

Aan die ander kant van die spektrum is daar boere wat byna al hul trekkers en stropers binne twee jaar vervang. Die herverkoop­waarde, prysinflas­ie van nuwe items en onderhouds­koste speel ’n rol. Dit kan werk in ’n groot ondernemin­g met lae onderhouds­koste en gunstige rentekoers­e, maar ek is nie seker of dit die werklike en geleenthei­dskoste minder maak nie.

Daar is geen vaste reëls wat die vervanging van toerusting betref nie, maar dit is belangrik om dit fyn te bestuur. Baie boere kan daarby baat vind as hulle hierdie koste noukeurig aanteken en dit met meganisasi­egidse of binne studiegroe­pe vergelyk.

Dit is maar so dat boere van hul ysters hou, veral daardie met die nuwe verf op. Dit kan boonop ekonomies sin maak: Iemand sê nou die dag dit was sy beste besluit nóg om rente vir onderhouds­koste te verruil. Die kwessie is egter hoe jy moet dink oor jou vervanging­strategie. Daar is geen vaste reëls wat die vervanging van toerusting betref nie, maar dit is belangrik om dit fyn te bestuur.

Die twee groot staatmaker­s is Rhodes- en smutsvinge­rgras. Vir vrugbare grond is ’n mengsel van witbuffels-, Rhodes- en smutsvinge­rgras (sowat 3 kg/ha van elkeen) aan te beveel.

Gebruik ’n mengsel van borseltjie-, Rhodesen smutsvinge­rgras (sowat 3 kg/ha van elkeen) vir sanderige grond.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa