Landbouweekblad

’n ‘Gênsbok’ bly gevaarlik

-

Kola, ’n gemsbok,” het oom Martiens ernstig gesê, “is ’n anderster entjie bok. Loop staan en raak hy beneuklik, skrik hy nie eens vir die duiwel nie.

“My oorlede pa het onner innie Kolonie gesien hoe ’n hansgemsbo­k ’n Jerseybul doodmaak.” Die vuur het lekker gebrand en oom Martiens se stories het spoed opgetel, aangevuur deur diep slukke uit sy blikbeker.

“Het jou pa jou vertel hoe ’n gênsbok my een jaar groot verleenthe­id staan en besôre het?” Toe ek ontkennend antwoord, vat hy dié dag se spoor. “Jong, dit was blou jarre trug, net ná die oorlog. Toe werk ons mos oppie paaie in Suidwes, bou brûe en so aan . . .

“Die een jaar was ons onner innie suide toe ’n brug- engineer my op ’n Sateragmid­dag sy saloentjie in die hand stop solat ek iets virrie pot kan gaan skiet. Nou ja, so loop ek toe al met die sandloop langs, die ene waaroor ons nou die brug aan ’t boue was. ’n Paar honderd treë van ons kamp af kom ek om ’n draai en daar staan ’n alenige gênsbok, kop omlaag aan ’t peusel aan grassietji­es of iets.”

Oom Martiens het sy beker uitgehou. “Top dan bietjie op, Kola, die beker is boomskraap.

“Nou ja, dit was my kans. Ek lig die saloentjie om na sy y kop te mik. Verstaan mooi, hyy was skaars 30 treë weg en glad d nie bewus van my nie. Maar ar dis toe latie duiwel vir my fluister,uister, ‘Sê nou net jy skiet mis off kwes die bok en hy vererre homom vir jou.’

“Kola, toe kry ek so bewerasie latie korrel begin in te dwaal soos ’n onrustige ige gees. So bang raak ek latat ek sommer die skoot afruk toe die korrel weer naby sy kop p verby wals. Toe die skoot slaan, n, vlie daai gênsbok weg, reguit my kant toe. Ek sien net skerp horingpunt­e nte en in my gedagtes weergalm skielik ik allie stories van mense wat deur gênsbokke sbokke sosatie gemaak is. Jong, en ek vlieg weg, maar my beste wegtrek was toe e al soos ’n kar wat se choke te oop is – as jy petrol gee dan flood sy carburetto­r r

“Ek hardloop toe maar so flood-flood, soekend na ’n boom, maar ai, kind, die Suide is mos kaalgatwêr­eld, daar was mos ’ie meer bome in die Vader se knapsak oor toe Hy daar kom wêreld maak het nie.

“Ek hardloop nog so toe hoor ek hier nok iets vreeslik onner my bonnet. Smaak my my hart se pistons wil deur my enjinblok klim. Dis toe lat ek besef daar issie genade nie, ek sal moet afghêr en die gedierte te woord staan. Net toe slaan my een velskoen ’n springhaas­gat.

“Kola, ek val ’n stofwolk uit daai vlakte los lat die sand tot reg agter by my luggorrel inwalm. Maar gedagtig aan daai horings was daar ’ie tyd vir neusblaas of myself suutjies bymekaarma­ak nie. Ek vlieg toe op, so blitsig soos ’n papwielwee­rligstraal, reg vir baklei. Maar kan jy glo, waar ek gedink het ’n boosaardig­e gênsbok moet staan, was die vlakte helemal kaal. Man, toe ek mooi kyk, sien ek die wetter hardloop stoffietji­es uit douurrr oor ’ie vlakte, in ’n heel anner geweste in.

“Slaan die waarheid my toe, hy moes virrie skoot geskrik en sommer ’n rigting ingeslaan het, en ek dink al die tyd hy storm my. Ma’ dit wys jou, of ’n gênsb gênsbok nou kwaadwilli­ge gedagtes het en of hyh net vir jou skrik, hy bly gevaarlik. Ek meen,mee ek kon maklik ’n been gebreek het of my hart kon bêrings geslaan het. het.” Oom Martiens het weer uit die b blikbeker gesluk en dit na my toe uitgehou. “G “Gooi dan nog ’n lekseltjie tjie, Kola, lat ek net kalm kan raak. Die blote gedag dagte aan daai hardlopery laat opnuut my enjin nok.nok Ja, gênsbokke bly gevaarlike­gev wetterse goeters.”ters

‘Of ’n gênsbok nou kwaadwilli­ge gedagtes het en of hy net vir jou geskrik het, hy bly gevaarlik,’ soos oom Martiens uitgevind het. Die boek Nehemia het ook vir ons in Suid-Afrika ’n paar goeie lesse oor spanwerk. ‘Hy moes virrie skoot geskrik het, en ek dink al die tyd hy storm my.’

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa