Wyn dans met Afrikaans
Wolwepan. Bosluistepel. Koedoesdraai. Welg e meen. Er fk r o o n. Somersverdriet.
Soos gladde krale rol dié plaasname van jou tong af, maar net so lekker is die al hoe langer wordende lysie Afrikaanse name wat wynetikette deesdae versier: Vastrap, Kokerboom, Posmeester, Suikerbossie, Langarm, Moederkerk, Swartskaap, Hiervandaan, Skurfberg en Die Martha is net ’n paar van die soetklinkende name waarop ons glasies kan klink.
Een van die voorlopers was Hermanuspietersfontein aan die voet van die Hemel-en-Aarde-vallei naby Hermanus.
“Ek het ’ n snaakse mening oor wyn. Jy moet oorsprong en herkoms kan bewys. Deur die dorp se oorspronklike naam te ge- bruik, het ons nie nodig gehad om ’n fabel te vertel nie, maar ons kon feite, die waarheid, verkondig. Ons storie is mos geskiedenis!” vertel mnr. Gerrie Heyneke, mede-eienaar.
Hy verwys na die Nederlandse onderwyser Hermanus Pieters, wat destyds die kinders van die boere in die omgewing in ’n ander taal as Engels moes opvoed. Hy is meestal met skape betaal, wat hy by die fontein laat wei het (vandaar die astrante Skapie wat op dié wynkelder se advertensiemateriaal verskyn). Uiteindelik het die plaaslike posmeester die dorp se naam afgekort na Hermanus om almal se lewe makliker te maak.
“As ons die boere se passie en Hermanus Pieters se kundigheid wou vier, kon ons nie iets anders as Afrikaans wees nie.”
Name, soos Die Arnoldus, Die Martha en Die Bartho (dink bietjie aan die outydse Afrikaanse boerename), het gou op hul vlag- skip-wyne gepronk. Daarna het lekker woorde, soos Kleinboet (’ n Bordeaux- versnit), Bloos (Bordeaux-styl rooswyn), Swartskaap (Cabernet franc), Posmeester (Bordeaux) en Skoonma (Rhône-styl) gevolg – elkeen met sy eie, baie gepaste persoonlikheid. Die rugetikette is ook in Afrikaans.
“’n Franse kelder soos Châteauneuf-duPape sal homself mos nooit in die voet skiet met Franse etikette en ’n Engelse brief aan die koningin agterop nie! Hoekom moet ons anders wees?”
Kort voor lank het ander wynkelders ook op die Afrikaanse wa gespring.
“Boer & Brit het hulle seker geïnspireer,” is mnr. Stefan Gerber se droë opmerking. Hy is die “boerseun” agter dié pittige wynbesigheid. Boer & Brit het met Suikerbossie en Trans-Karoo vorendag gekom. Suikerbossie het ontstaan toe een van hul vriende sy
Die gebruik dat wyn met verbeeldinglose kultivarname of in pretensieuse Engels en onuitspreekbare Frans gedoop word, is verby. Deesdae drink ons Trans-Karoo, Gemoedsrus en Skoonma. Slim bemarkers en wynmakers vertel waarom Afrikaans in omtrent enige mark – behalwe Kazakstan – wérk.
marleen.smith@landbou.com