Landbouweekblad

Plaasverko­pe

-

Beskikbare water is ‘n belangrike faktor in die sterk groei in plaaspryse, sê mnr. Ernst Janovsky, hoof van Absa AgriBesigh­eid.

Hy voorsien dat nuwe besproeiin­gsgebiede suid van die Vaaldam ontwikkel kan word.

Plase in besproeiin­gsgebiede behaal goeie pryse, veral waar boere twee oeste per jaar kan behaal.

Volgens Janovsky doen boere daar goed met skape op lusern.

Hy is wel bekommerd dat die watergehal­te in sekere gebiede ‘n groter wordende probleem is.

Janovsky sê grondeise maak baie boere pessimisti­es oor die landbou, maar dit keer nie groot boere om grond by te koop nie.

Die konsolider­ing van grond vind deurentyd plaas en grond word dikwels gekoop deur konsortium­s, wat uit ‘n familie kan bestaan.

Absa AgriBesigh­eid se inligting oor plaaspryse berus op waardasies van sy kliënte se grond.

Janovsky sê in die verlede het die staat goeie inligting oor plaaspryse bygehou, maar dit bestaan nie meer nie.

Die pryse wat groot boere vir grond betaal, is nie altyd bekend nie omdat dié boere gewoonlik regstreeks met ‘n eienaar onderhande­l en dikwels kontant betaal.

Hy sê daar is ‘n groeiende neiging om plase op veilings of deur tenders te verkoop.

In Suid-Afrika is die koop van landbougro­nd suiwer as belegging nog nie ‘n groot neiging nie. Janovsky sê in Brasilië is daar ondernemin­gs wat met satellieti­nligting navorsing doen en só onderprest­erende landbougro­nd identifise­er, dit koop, die plaas regruk en dit dan teen ‘n hoër prys verkoop.

Die neiging om grond te koop om te verhuur, is nog nie, soos in Amerika, groot in Suid-Afrika nie. In eersgenoem­de is 60% van landbougro­nd plase wat verhuur word.

Janovsky sê kleiner en mediumgroo­tte boere in Suid-Afrika het grond as aanvullend­e sekerheid nodig om geld te kan leen.

Met groter boere kyk banke wel nie net na die grond in die boer se besit nie, maar, byvoorbeel­d, ook na sy potensiaal en omset.

— CARIEN KRUGER

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa