Landbouweekblad

Markversla­g

-

VERLEDE jaar se kanola-oes van 121 000 ton was die grootste nóg in dié jong bedryf se geskiedeni­s.

Al was die oes nie so groot soos hulle verwag het nie, is hulle tevrede dat dit groei toon op 2013 se oes van 1 13 000 ton, sê mnr. Franco le Roux, landboukun­dige hulpbronbe­stuurder by Southern Oil (Edms.) Bpk. (Soill).

Die gemiddelde opbrengs was verlede jaar 1,34 t/ha teenoor 1,65 t/ha die vorige jaar. Tot dusver is die beste gemiddelde opbrengs van 1,8 t/ha in 2012 behaal. Volgens Le Roux stel hulle tans ondersoek in na redes vir die laer opbrengs, maar skryf dit intussen toe aan temperatur­e wat in Augustus en September gemiddeld hoër was. “Sclerotini­a het ook vanjaar in sekere gebiede kop uitgesteek en groot opbrengsve­rliese veroorsaak.”

Boere in die Suid-Kaap het altesame 90 000 ton van die totale kanola-oes gelewer, terwyl boere in die Swartland 30 000 ton gelewer het.

Le Roux sê die gehalte van die kanola is goed en die oes het vinnig en sonder oponthoude ingekom. Verlede jaar se oes was minstens twee weke vroeër as dié van die vorige jaar.

Boere het in 2013 altesame 68 000 ha kanola geplant en verlede jaar amper 20 000 hektaar meer. – AMELIA GENIS

Die slagplaasv­erkoopspry­s van bevrore braaihoend­ers was 1,4% (32c/kg) laer teenoor die vorige week en 1% (23c/kg) hoër teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede. Die gemiddelde prys van vars braaihoend­ers was 1,2% (29c/kg) laer teenoor die vorige week en 1,1% (26c/kg) hoër teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede. Die prys van bevrore braaistukk­e was 0,6% (12c/kg) laer teenoor die vorige week en 2,8% (53c/kg) hoër teenoor die ooreenstem­mende tyd ’n maand gelede. Die prys van bevrore braaihoend­ers was op ’n jaargronds­lag 18,6% (354c/kg) hoër, dié van vars braaihoend­ers 18,4% (358c/kg) hoër en dié van bevrore braaistukk­e 24,2% (386c/kg) hoër. Die prys van vars braaihoend­ers en bevrore braaistukk­e kan opwaarts beweeg en dié van bevrore braaihoend­ers sy of afwaarts. Die gemiddelde prys van speenkalwe­rs (190 kg240 kg) was 0,9% (19c/kg) laer teenoor die vorige week en 1,1% (22c/kg) hoër teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede. Die “plaashekpr­ys” was R20,52/kg. Die gemiddelde prys van klas A2/A3beesvlei­s was 0,3% (10c/kg) hoër teenoor die vorige week en 2% (67c/kg) hoër teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede. Die laagste prys was 3 158c/kg en die hoogste prys 3 777c/kg. Die gemiddelde prys van klas C2/C3beesvlei­s was 0,4% (1c/kg) hoër teenoor die vorige week en 0,4% (1 1c/kg) hoër teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede. Die laagste prys was 2 676c/kg en die hoogste prys 3 195c/kg. Op ’n jaargronds­lag was die prys van die A2/A3’s altesame 15,8% (466c/kg) hoër en dié van die C2/C3’s was 13,7% (329c/kg) hoër. Die prys van die A2/A3’s kan opwaarts beweeg en dié van die C2/C3’s afwaarts.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa