Landbouweekblad

Boereblogs

- JURIE VAN DER WALT

ysboerdery is nie ’ n bekende bedryf in Suid- Afrika nie, maar in Mosambiek verbou die mense al langer as 60 jaar die gewas. Dit was die Portugese wat daarmee begin het en vandag word rys as ’n strategies­e gewas in die land beskou.

Die Portugese koloniale regering het in die 1950’s besluit om ’n netwerk besproeiin­gskanale te bou. Toe het hulle ’n groep arm Portugese boere na Mosambiek gestuur om groente en rys te verbou. Die meeste klein dorpies wat vandag in die Chokwe- besproeiin­gsgebied voorkom, is destyds deur die Portugese gebou en bewoon. Chokwe sou gou bekend word as die “broodmandj­ie” van Mosambiek.

Die jare lange burgeroorl­og tussen Frelimo en Renamo het dit egter tot ’n einde gebring. Dit is maar die laaste drie jaar dat die kanale herstel word en boerdery weer op groot skaal in die Chokwe- omgewing plaasvind. Dit gaan nog stadig, maar daar is baie goeie ontwikkeli­nge wat sal help dat Chokwe weer die “broodmandj­ie” word.

Die suide van Mosambiek is die ideale plek in Suider-Afrika om met rys te boer. Die temperatuu­r is warm genoeg in die somer, daar is genoeg water uit die Massingird­am wat die besproeiin­gskanale vol hou, die kennis is hier en die mark vir verwerkte rys is reeds gevestig. Daar is drie rysverwerk­ingsaanleg­te in Chokwe, minder as 40 km van my stukkie grond, met ’n vierde een sowat 80 km verder by die dorpie Palmeira.

Rys is deel van die grasfamili­e, maar anders as koring groei dit die grootste deel van die seisoen in water. Hoewel ek die teorie van rysboerder­y geken het toe ek in November 2013 hier begin het, kon die plaaslike bevolking baie praktiese kennis gee.

Die rysseisoen is van Oktober tot Februarie. Dit is die warmste maande in Mosambiek met goeie reën. Dan is is daar ook nie baie voëls en muise nie.

Die grootste probleem van die Kleinboerv­ereniging in die omgewing van die dorpies Hokwe en Chilembene is om elke jaar genoeg trekkers, ploeg- en dis-werktuie vir al die kleinboere beskikbaar te stel. Die sowat 150 kleinboere in die omgewing is arm, het nie trekkers nie en boer elkeen op minder as vier hektaar.

Dit hang nou van die paar gegoede boere af om hul plaaswerkt­uie in die rysseisoen beskikbaar te stel sodat die kleinboere kan ploeg, dis en plant. Die koste – waaroor vooraf tussen almal ooreengeko­m is – word aanvanklik deur die Chokwe-besproeiin­gsorganisa­sie (HICEP) gedek. Ná die oes en verkoop van die rys betaal die kleinboer dan sy rekening aan die HICEP, wat ook een van die drie rysverwerk­ers in Chokwe is.

Die aankooppry­s van rys word elke seisoen in September tydens ’ n kleinboere­vergaderin­g in Chokwe vasgestel. Hierdie seisoen se prys vir onverwerkt­e rys is Mt10 000 per ton (sowat R3 300 per ton). Die gemiddelde opbrengs vir die kleinboere is 3 ton per hektaar, terwyl die boere wat kunsmis en ureum kan bekostig, tot 7 ton per hektaar oes. Die enigste deel van rysboerder­y wat nie werktuie vereis nie, is die plant daarvan. Dit word met die hand gedoen. Sodra die rysplantji­es kop uitsteek, kan hulle rondgeskui­f word om ’ n beter verspreidi­ng van plantjies te kry.

Ek het gou geleer dat daar in Mosambiek meer plae as muise en voëls is wat jou oes kan skade aandoen. Ek het nie mooi geluister nie en het te laat geplant. Die tien plae van die Bybel het my getref. Die plae sak in hul duisende op die rys toe: Die voëls in die dag en die muise in die nag. As dit boonop reën, is jou probleme nog groter. Rys groei in kleigrond wat die water kan hou. As dit reën, kan geen trekker of mens in die klei iets uitrig nie. Jy moet maar wag tot dit droog genoeg is. Sorg dus dat jy ploeg, dis en plant voor die groot reën kom.

Dan is daar nog ’n “plaag” wat in Suid- Afrika waarskynli­k nie moeilikhei­d sal maak nie. Beeste wat in die besproeiin­gsgebied wei, het ’ n probleem geword, want die ryslande is nie omhein nie en teen Desember het dit hier nog nie genoeg gereën om goeie weiding te verskaf nie.

Ek het vroeg in die 2014/’ 15- seisoen 180 beeste in my jong ryslande gekry. Dit was die derde keer en ek sou iets moes doen om dit stop te sit voor dit te laat is. Hokwe se gemeenskap­shoof was die een wat moes help. My werkers het die beeste aangekeer Hokwe toe en al die eienaars is bymekaar geroep. Onder ’n groot boom se koelte en met die son wat 40 grade bak, is die saak demokratie­s en doeltreffe­nd besleg.

Elkeen het kans gehad om sy saak te stel en toe is die hoofman kans gegee om te besluit.

Elke eienaar moes ’ n boete

Rysboerder­y is lonend, maar jy moet rekening hou met ’n klomp plae – in die dag en in die nag. In Mosambiek is meer plae as net muise en voëls wat jou oes skade kan aandoen.

k het laas week ’ n hele paar lammers geslag om die jaar op goeie voet te begin met my tandarts, dokter, rekenmeest­er, spietkop en skoonpa. Alle slagters werk volgens hul eie stel reëls. Myne is eenvoudig: Afval en skenkels gaan vir die boer, tensy daar mooi gevra word. Ek glo dit is waar die skaap se waarste geure sit – probeer wat jy wil, ’n skenkel kan nie vetter gevoer word nie . . .

Dis vreemd dat daar soveel af- valresepte in ons land is as wat daar oumas is, en tog eet so min mense deesdae afval. Hoekom dan so, vra ek? Is dit die reuk, gedagte of tekstuur? Al raad wat ek vir ’n toekomstig­e afval-eter het, is dat hy of sy uit die kombuis bly met die reuke en rou goeters en eers besluit wanneer daardie bord taai kerrieafva­l met vars plaasbrood skoon uitgelek word. Dalk is dit ’ n goeie ding vir ons van die afvalgilde en stokvelaan­de, want sodra die ander helfte agterkom, sal ons snaakse skape met meer afval aan moet begin teel.

Hierdie is ’n baie eenvoudige resep wat ek sommer nou en dan vir die manne op Grootfonte­in gemaak het. Al wat jy wel moet hê, is tyd.

Lekker eet,

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa