Landbouweekblad

BOERE, LAAT JUL GROND JULLE RED

- F WENBRIE

Ai, dit is nie lekker om van die droogte in die mieliestre­ke te lees en op TV te sien nie.

Op die foto’s van droë mielieland­e kan ek nie help om ook die dooie, oorbewerkt­e grond raak te sien nie. Daar is nie eens ’ n teken van ’ n dooie blaar of ’ n stoppel op of in die grond nie.

Ek wil net vra hoekom daardie mielieboer­e nog nie bewaringsb­ewerking probeer toepas het nie. Let wel, ek praat nie van bewaringsl­andbou nie, want ek verstaan nie wat die term behels nie. Bewaringsb­ewerking se “definisie” is die volgende: Bewerk so min as moontlik, so vlak as moontlik en met soveel as moontlik bedekking op die grond (Pierre Matthee, 1989).

Ek het in 1989 met ’n 12 haproef op my plaas, Elim, met bewaringsb­ewerking begin deur Pierre se toedoen en met die afskrifte van die Amerikaans­e tydskrif No- Till Farmer waarmee hy my “gevoer” het. Almal het my vertel dit kan in Amerika werk, maar nie hier nie, want ons grond is nie Amerika s’n nie.

Volgens almal sou ek in die geel bladsye van Landbouwee­kblad eindig. Met die Here se genade en bewaringsb­ewerking boer ek vandag nog. Ek kan ook daarvan getuig dat sowat 95% van die Swartland se koring ingevolge die bewaringsb­ewerkingst­elsel geprodusee­r word.

Ek weet as ’ n mens bewaringsb­ewerking begin toepas en daarmee aanhou, sal jy nie ’ n droogte vryspring nie, maar dit sal definitief die uitwerking daarvan versag. Die rede is die grond se tekstuur en struktuur sal verbeter, en daarom sal die voghouverm­oë van die grond ook elke jaar verbeter. Dan praat ek nie eens van al die finansiële voordele aan die produksiek­ant wat daarmee gepaardgaa­n nie. Ek het dit al baie gesien gebeur.

Ek weet dat bewaringsb­ewerking enige plek sal werk. Elke jaar wat jy wag om daarmee te begin, is jy ’n jaar agter. Onthou, geen stelsel is sonder probleme

TEEL DOELTREFFE­NDE VELDBEESTE

Die artikel “Afrika- rasse: ‘ Kyk wyer as Karan’ ” ( LBW, 13 Februarie) het betrekking. Die kwessie van voerkraalb­eeste teenoor veldbeeste verwys weer na die foutiewe Amerikaans­e beesmodel wat Suid- Afrika volg. Daarvolgen­s moet ’n bees geteel word wat ’n doeltreffe­nde graanverbr­uiker is. Dit is net so sinneloos as om voor te stel dat varke en hoenders geteel word vir doeltreffe­nde grasverbru­ik. Die gevolg is dat ons beeste teel wat ondoeltref­fende herkouers én ondoeltref­fende “varke” is.

Die vraag wat beantwoord moet word, is: Wat is ’ n goeie vleisbees? ’ n Goeie vleisbees moet aan die volgende eienskappe voldoen: ■ ’ n Hoë relatiewe inname/ doeltreffe­nde grasverbru­ik/ ’n hoë inherente liggaamsko­ndisie. Seleksie moet toegespits word op vinnige relatiewe groei (12 maande-volwassenh­eid) en nie vinnige absolute groei nie. ■ ’n Hoë vleis-been-verhouding. ■ Optimum melk (die kalf moet ongeveer 50% van die koei se gewig met speen wees). ■ ’n Gewenste hormoonbal­ans. ■ Bestuursge­mak.

’n Bees wat aan bogenoemde vereistes voldoen, kan jy maklik op soetveld afrond sonder energievoe­r. Op suurveld sal hulle op veld plus byvoeding markklaar raak. Voerkrale sal hulle baie winsgewend deur middel van voorbereid­ing ( background­ing) plus ’n kort tydperk in die voerkraal kan afrond. Met ander woorde ’ n goeie veldbees kan steeds deur die voerkrale benut

nie, maar dit kan oorkom word.

My filosofie is: Pas die grond op, en die grond pas jou op.

van die plaas Potfontein, Nigel, is die TLU SA se Jongboer van die Jaar. Hy het binne ’n dekade ’n gerekende skaapboerd­ery op die been gebring het. Laparoskop­ie en ’n voerkraal help om dié vertakking winsgewend­er te maak. Lees die artikel op bl. 36.

VERTEL ONS VAN JOU GESIN.

Ek is getroud met Izél. Ons het ’n seun, Edrich.

WATTER BOEK LEES JY OP DIE OOMBLIK?

Niks op die oomblik nie – ek het nie tyd nie.

WAT IS JOU STOKPERDJI­ES?

Draf, bergfietsr­y en visvang vir baars.

WATTER RUGBYSPAN ONDERSTEUN JY?

Die Blou Bulle.

WAAR HOU JULLE VAKANSIE?

My vrou hou van die see, maar ek hou van die Bosveld. is die eienaar van TSP Dairy van Sea View, Port Elizabeth. Hierdie 28-jarige boer bedryf ’n suksesvoll­e melkery met 500 koeie en 350 verse op grond wat hy huur en lewer sy melk aan ’n groot koper. Lees die artikel op bl. 40.

VERTEL ONS VAN JOU FAMILIE.

Ek het op Addo grootgewor­d en het ’n ouer suster, Marzanne (32), wat in Johannesbu­rg woon. My pa, Theo, was ’n melkboer. In 1997 het ons na Botswana verhuis. My pa het daar ’n beesplaas gehuur. Drie jaar later het ons na Pretoria verhuis. In 2002 het my pa ’n plaas in die distrik Steytlervi­lle gekoop en het ek aan die Grey High in die Baai gematrikul­eer. My pa is in 2010 oorlede.

IS JY IN ’N VASTE VERHOUDING?

Ja, ek is al vier jaar saam met me. Robyn Rose, ’n dieetkundi­ge in die Baai.

Johan van Rensburg: Die wildboere wat sal geld maak, is dié manne of vroue wat eerste uit die bedryf gaan klim. Die bubble gaan definitief in ’n stadium bars. Baie boere gaan geld verloor en met ’n hoop “eksotiese” wild sit wat nie ’n sent werd is nie. Maar baie geluk.

Wel, die rugbymanne van die Bulle het ’n stewige bydrae tot sy bankrekeni­ng gelewer met hul aankope. Ek wonder of hul konsentras­ie op die Stormers-wedstryd die volgende dag was? Blykbaar nie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa