Landbouweekblad

90 JAAR GELEDE

-

Uit: Die Landbouwee­kblad, 11 Maart 1925.

VOORTREKKE­RLEIER SE WEDUWEE WORD 100 JAAR OUD

Mev. Pietjie Linde, weduwee van die Voortrekke­rleier Andries Pretorius, het haar 100ste verjaarsda­g op 25 Februarie 1925 op die plaas Wardenfiel­d by Brandfort gevier. Sy woon daar by haar dogter, mev. A.W. Linde.

Talle mense – familieled­e, vriende, predikante en hoogwaardi­gheidsbekl­eërs – het die geleenthei­d bygewoon. Hulle het in die skadu van tien groot bokseile langs die woonhuis byeengekom en mev. Linde met haar aankoms staande toegesing “Dat’s Heeren zegen op u daal”.

Van die sprekers het daarop gewys dat mev. Linde (gebore De Lange, getroud Pretorius) ’n oorlewende is van ’n heroïese tydperk in die Afrikaner se geskiedeni­s. Sy het onder meer die Voortrekke­rs se tog oor die Drakensber­g beleef.

Sy is in Augustus 1849 op Potchefstr­oom getroud met Pretorius (1798-1853), ’n boer en wewenaar. Pretorius was in 1838 bevelvoerd­er van die Voortrekke­rs in die Slag van Bloedrivie­r toe die Zoeloes beslissend verslaan is. Ná sy dood is sy met mnr. G.F. Linde, ook ’n boer, getroud.

Ouma Linde het aan die verjaarsda­ggaste vertel sy was by toe Pretorius oorlede is.

“Die laaste nag het hy goed geslaap en het eers die môre om nege-uur wakkergesk­rik. Ek het die heel nag voor sy bed gesit en waak. Toe hy wakker word, het hy my hand geneem en vir my gesê: ‘Pietjie, ons gaan mekaar nou verlaat’, en onmiddelli­k daarna is hy dood.” Ouma Linde is op 18 Januarie 1929 op 103 jaar op die plaas Schanskraa­l by Bloemfonte­in oorlede.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa