LANDBOU SE BELANG
DIE landbou se belangrikheid is in verlede week se begrotingsrede opgehemel – maar ongelukkig sien ons dit nie in die detail nie.
’n Mens moet seker begrip hê daarvoor dat regerings oor die wêreld heen die kuns vervolmaak het om die laaste sent uit belastingbetalers te wurg – op só ’n manier dat hulle eintlik moet voel hulle word bevoordeel. Die indruk word gewek dit is ’n proses van gee en neem, maar van nader bekyk, word hoofsaaklik geneem.
Ekonome meen kommersiële boere word vanjaar die hardste geslaan in jare. Te midde van die mooi woorde oor die landbou se belangrike rol om ekonomiese groei te bevorder, werk te skep en stabiliteit in landelike gebiede te verseker, gaan boere se produksie-uitgawes drasties styg.
Daar is die verhoging in persoonlike belasting, die verhoging van meer as 80c/l in brandstofheffings, die verhoging in elektrisiteitstariefheffings wat veral besproeiingsboere gaan tref en die kans dat boere die voordele van ’n dieselrabat kan verloor.
Saam met ’n paar miljoen ander belastingbetalers gaan boere dus nóg swaarder moet dra om die staat se skuldlas te probeer verlig. Dít terwyl daar nie veel sinvolle planne uit regeringsgeledere in die begroting was om self ’n wesenlike bydrae te lewer nie.
Die rede daarvoor word deur die ekonoom Dawie Roodt verduidelik: Regerende politici wêreldwyd misbruik die staat se finansies om hul ondersteuners gelukkig te hou en te sorg dat hulle aan die bewind bly.
Sodra politici die mag oorneem, begin hulle praat van “regeringsinkomste” wanneer hulle eintlik “staatsinkomste” bedoel. Hulle ken nie die verskil tussen staat en regering nie. Eintlik behoort die staat aan die land se mense en hy stel ’n regering aan om dit vir hom te bestuur. Net só behoort belastinggeld en staatsinkomste aan die mense van die land.
Solank die regering egter die beursie vashou, is dit te betwyfel of hy die versoeking sal weerstaan om die geld tot sy politieke voordeel aan te wend.
kunsskatte en nog meer.
’n Kollega van hom sê: “Ons groet jou, oom Jan, en ons gaan jou stem in die gange mis.”
NOG ’N SEDER VAL
’n Kundige waarvan ons in die toekoms minder gaan hoor, is die boere se weerghoeroe, Johan van den Berg van Santam Landbou, wat vir dié saak verlore is. Te midde van die droogte wat die somersaaigebied nou knak, het ’n buurman van Manie gevra waar Johan en sy gereelde vooruitskouings is.
Manie het hom gebel en Johan sê sy werk hou nou verband met oesversekering. Hy reis baie en hy kan nie meer die vooruitsigte hanteer nie. Dalk weer eendag, as hy afgetree is, lag hy.
Daar’s nie een ander klimaatkenner van wie Manie weet wat Johan se agronomiese ervaring en kennis het nie. Ook niemand wat historiese statistiek van droë en nat jare só op sy vingerpunte ken nie.
Dié boerseun van Petrusburg het in 1965/’66 se droogte grootgeword, en het al gespot dit het só ’ n groot indruk op hom gemaak dat dit waarskynlik was waarom hy later ’n landbouweerkundige geword het. Hy is ook as akkerbouer opgelei.
Vir amper 30 jaar het hy byna op sy eie seker gemaak dat boere en ander mense in die landboubedryf weervoorspellings kry wat aan húl behoeftes voldoen. En hy was die eerste voorspeller om dit te doen.
Die lys van die man se bydraes is lank, maar daar’s ’n paar wat vir Manie uitstaan. As jong navorser het hy droogtestremming by mielies begin meet, en hy was destyds die eerste kundige in Suid-Afrika om die tempe- ratuur van ’n blaar met ’n infrarooi termometer te meet.
Vroeg in die negentigerjare het hy met geografiese inligtingstelsels (GIS) begin werk, en toe was dit nog ’n nuwe veld. Hy en twee eertydse kollegas by die Landboukollege Glen was die eerste om El Niño en La Niña op die Suid-Afrikaanse weerkaart te sit.
Hulle’t selfs by die Aussies daaroor g aan kers opsteek, Suid- Afrika se geskiedkundige reënvaldata verwerk en só die eerste waarskynlikheidsmodel opgestel waarmee die SOI-waardes (die Suidelike Ossillasie-indeks, wat die duidelikste aanduiding van die stand van El Niño en La Niña is) ook vir Suid-Afrikaanse seisoensvoorspellings gebruik kon word.
Dit is ook hoe hulle ’n maandelikse weerverslag begin het, met reënvalsyfers, SOI- voorspellings en oesskattings, de lot, wat só gewild was dat hulle dit uiteindelik van Glen af aan meer as 1 000 mense gepos het.
Tussendeur was Johan nog altyd bereid om boere te woord te staan wat van wyd en syd hul weerprofeet gebel het, en om op boeredae as spreker op te tree.
Die feit is dat die landbou nóg ’n groot kundige verloor het, en daar is skynbaar niemand op die horison wat ’n weerkundige is, maar wat ook die landbou en sy geite só ken nie. Sjoe, ons sal Johan inderdaad mis.
TIENDE
Kyk ’n bietjie na Erik de Waal se kommentaar op Landbouweekblad se Facebook-blad by ’n video van Piet du Toit, wat op een aand R200 miljoen vir sy wild betaal is: “Onthou jou 10de vir Sending, Piet, my website kan jou begelei daarmee.”
ZONKIES?
Na aanleiding van al die allemintige pryse wat einste wildboere, soos Piet, vir bokke met snaakse kleure kry, vertel ’n boer van die Vrystaat nou die dag vir Manie hy’s nou besig om kwaggas sonder strepe te teel: “In Lesotho kry ek goeie pryse. Hulle noem dit donkies daar.”
Desai het gesê armes is die kern van hierdie land en hulle is die krag waarop Suid-Afrika gebou is.