Landbouweekblad

LEGENDARIE­SE KUIKENTELL­ER

-

Manie sien een van die legendes in die landboueko­nomie het Februarie afgetree. Jan van Zyl, FNB se hoof van landbou-inligting en bemarking, het meer as 20 jaar in dié bank se landbou- afdeling gewerk. Toe hy daar begin het, was die bank se landbou-markaandee­l 17%. Vandag is dit meer as 30%.

Manie se pelle wat vir Jan ken, sê hy’t “die reguit pad gestap” en feite openhartig aan duisende boere landwyd oorgedra. “Hoewel hy ’n ware heer is, het hy dinge by die naam genoem en dit het hom gewild gemaak,” hoor Manie.

“Ek is heeltemal te dom óf te slim daarvoor,” is sy kwinkslag as ’n mens hom vra hoekom hy nie self boer nie, maar tog weet hy só baie van gewasse en kommoditei­te dat van die land se beste boere hom genader het as hulle met moeilike vrae geworstel het.

Maar alles was nie vir hom net syfers nie. Manie hoor dit was veral langs groot staanvure en met ’n glasie van die Kaap se heel beste in die hand wat Jan mense laat lag het met staaltjies uit die verlede.

Jan self het vir Manie vertel van sy dae by die destydse Eierraad, toe die raad die getal henne in Suid- Afrika beheer het. “My voldoening aan die regulasies was op grond van ’n sertifikaa­t wat die Minister van Landbou onderteken het wat lui dat ek die vermoë het om kuikens te tel. Dit het my kollegas en vriende altyd lekker laat lag.”

Jan gaan blykbaar nie nou stilsit nie. Hy gaan steeds landbounei­gings navors en hom verder besig hou met sy talle stokperdji­es: binnebrand-enjins, houtwerk, metaalwerk, bonsaiboom­pies, oudhede,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa