Landbouweekblad

LADISMITH KEELVOL OOR WATER

- PREEZ

’N HERRIE het op Ladismith losgebars nadat boere hul leibeurte, wat hulle aan die dorp afgestaan het, onttrek het. Die dorp het te min drinkwater ná ondergemid­delde reënval en sneeu laas winter, wat die J.F. Le Grange-dam voed. Dié dam loop leeg nadat watervloei uit die berg sedert Oktober verlede jaar afgeneem het.

Boonop het dié dam ’n struktuurf­out in sy wal wat die dam se kapasiteit beperk. Verskeie pogings deur Departemen­t van Waterwese om dit te herstel, het glo misluk wat tot gevolg gehad dat die departemen­t besluit het dat die dam net tot 60% van sy kapasiteit vol kan wees.

Dit is egter nie die eerste keer wat Ladismith ’n waterkrisi­s beleef nie en die gemeenskap raak nou keelvol. “Boere het vanjaar hul leibeurte uit die bergbron afgestaan om die Kannaland-munisipali­teit te help om drinkwater aan die dorp se inwoners te voorsien op voorwaarde dat die munisipali­teit ’ n vergaderin­g skeduleer waar die munisipale bestuur, die provinsial­e departemen­t van waterwese en boere betrokke is, sê mnr. Hennie Kotze, voorsitter van die Klein-Swartbergr­ivier-waterforum.

“Boere wil weet wat die stand van sake is. ’n Nuwe dam is deur Waterwese in die vooruitsig gestel en ons wil weet hoe vorder die saak.”

Die bestuur het egter nie by die voorwaarde gehou nie en boere het hul watervoors­iening aan die dorp onttrek. Die Sunday Times het vroeër berig dat die munisipali­teit by die Departemen­t van Waterwese aansoek gedoen het om boere se besproeiin­gswater na die dorpsdamme te herlei vir huishoudel­ike en nywerheids­gebruik. Volgens dié koerant beskuldig mnr. Jeffrey Donson, burgermees­ter van die munisipali­teit Kannaland, die boere daarvan dat hulle water in so ’n mate weerhou dat Kannaland water aan die gemeenskap en skole moet voorsien. beer kontak, maar hy was nie beskikbaar vir kommentaar nie.

“’ n Gebrek aan kommunikas­ie is die grootste probleem wat tans heers. Al wat ons wil weet, is waar ons staan en of daadwerkli­k opgetree g aan word,” sê Kotze. – JEANDRÉ DU

Landbouwee­kblad het mnr. Morné Hoogbaard, die munisipale bestuurder, telefonies pro-

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa