Landbouweekblad

Kleiner boere óók belangrik – Pringle

- LINKS BO: REGS BO: – THEUNS BOTHA

HY

betwyfel die stelling dat net 100 van die land se grootste boere vir 70% van Suid-Afrika se voedselpro­duksie verantwoor­delik is ten sterkste, sê mnr. Ernest Pringle, voorsitter van Agri Oos-Kaap.

Pringle het gereageer op die repliek wat pres. Jacob Zuma verlede week in sy staatsrede in die Nasionale Vergaderin­g gelewer het toe hy mnr. Charl Senekal, ’n megasuiker­boer van Pongola, aangehaal het. Volgens Senekal sal die produksie van die land se 100 grootste boere, wat 70% van die land se kos produseer, gehalveer word indien boere se grondbesit tot 12 000 hektaar beperk word.

Pringle sê hy vind die stelling onrusbaren­d, aangesien hy nie kan glo dat die res van die land se boere se bydrae tot voedselpro­duksie net 30% beloop nie. “Dit sou beteken dat verreweg die meeste boere se bydrae tot kosvoorsie­ning, volgens Senekal, dan eintlik irrelevant is.”

Pringle sê die Oos-Kaap is die provinsie wat die meeste van die land se rooivleis, melk en sitrus produseer. Hoewel daar groot boere in die provinsie is, tel geeneen van hulle waarskynli­k onder die 100 megaboere na wie Senekal verwys het nie. Die meeste van die sowat 3 000 lede van Agri Oos-Kaap bedryf klein tot mediumgroo­t ondernemin­gs.

“Ek aanvaar waar graan elders in die land intensief verbou word, kan die produksie wel in die hande van ’ n paar kapit aalkragtig­e produsente wees. Maar mense eet nie net graan nie. Hulle verbruik ook vrugte, groente, vleis en melk. Die meeste van die produsente wat dit verbou, is juis nié megaboere nie.”

SLANG DOODMAAK

Pringle sê die gevaar van Senekal se stelling, veral in ’n land waar die Regering ’n sosialisti­ese ideologie aanhang, is dat die res van die boere se bydrae tot voedselsek­erheid minder belangrik geag word en húl grond dus herverdeel kan word.

Senekal, wat ook die voorsitter van Pro-Agri is, het aan Landbouwee­kblad bevestig dat Zuma hom korrek aangehaal het. “Dit was nog altyd my standpunt as jy ’ n slang wil doodmaak, vermorsel jy sy kop en nie sy stert nie. Om dus ’n beperking op die grootte van plase te plaas, sal voedselsek­erheid in die land ernstig in gedrang bring.”

Maar, het Senekal bygevoeg, hy gee nié daarmee te kenne dat ander boere nié belangrik is nie. “Hulle lewer ’n groot bydrae tot werkskeppi­ng en stabilitei­t op die platteland.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa