Landbouweekblad

SOSIALE MEDIA FNUIK RAMPOKKERS

-

MET sowat 2 000 lede op sy Facebook-blad is die Veediefsta­lvoorkomin­gsforum/ Livestock Theft Prevention Forum besig om veediewe se lewe baie moeilik te maak. Mnr. Willie Clack, voorsitter van die Nasionale Veediefsta­lforum, sê die idee agter die veediefsta­lblad is om die net so wyd moontlik te span om veediefsta­lsake onder die publiek se aandag te bring.

“Kyk, die ding werk,” sê Clack. “Ek sien gereeld suksesverh­ale van boere wat vee teruggekry het nadat nuus daaroor op die blad versprei is.”

Hy sê die Afrikaanse en Engelse inskrywing­s word weerskante toe vertaal om die blootstell­ing te vergroot.

Clack het op grond van sy ervaring reeds ’n navorsings­artikel geskryf wat die invloed van die sosiale media in die bekamping van misdaad ondersoek.

Die artikel is onlangs in sy t ot alit eit deur die Mokopane- streekhof aanvaar i n die saak teen die veedief mnr. Tinus Groenewald. Groenewald is tot 80 jaar gevangenis­straf gevonnis, wat effektief 16 jaar in die tronk beteken.

Clack beskou dié vonnis as een van die Facebook- blad se grootste suksesse.

“Myns insiens is dit ’n regverdige vonnis. Die reg moet nie net die saak van die beskuldigd­e dien nie, maar ook die belang van die gemeenskap. In hierdie saak meen ek dat die balans tussen die gemeenskap se belange en dié van die beskuldigd­e gehandhaaf is.”

Hy meen dat die aanmelding van veediefsta­l een van die grootste knelpunte in die stryd teen dié tipe misdaad is.

“Een van die grootste probleme is die onderrappo­rtering van sake. Tans word slegs sowat 40% van veediefsta­lsake per jaar by die polisie aangemeld. Dit trek natuurlik Suid- Afrika se misdaadsta­tisitek heeltemal skeef,” volgens Clack.

“Vir my is dit noodsaakli­k dat elkeen wat ’ n diefstal op die bladsy aanmeld, ten minste binne ’n dag ook’n saaknommer vir die diefstal verskaf, terwyl ’n brandmerk ook ononderhan­delbaar is.”

Hy meen dat daar nog meer op ander s osiale netwerke, soos Twitter, gedoen kan word. – GERRIT BEZUIDENHO­UT

LBW: Watter suksesse met grondhervo­rming het Agri OosKaap behaal? EP: Die beste voorbeelde is die talle swart boere wat sonder enige regeringsh­ulp hul eie plase gekoop het en vandag vorentoe boer. Jy kry hulle oral in die provinsie. Dit is jammer dat die kollig meer op die mislukking­s as op die suksesverh­ale val.

LBW: Wat sou jou boodskap oor grondhervo­rming aan minister Nkwinti wees? EP: Hou op om te dikteer – luister ernstig na die werkbare voorstelle wat die georganise­erde landbou na die tafel bring.

LBW: Die staat sê daar is te min grond vir grondhervo­rming. Wat is jou mening oor die voormalige tuislande en die ongebruikt­e grond wat reeds deur die staat gekoop is, soos dié langs die Visrivier wat destyds vir ’n suikerbeet­projek aangekoop is? EP: Dit is nodeloos dat hulle grond koop wat nie ontwikkel word nie. Dit ondermyn die landbou. Daar is plase langs die Visrivier wat vir die suikerbeet­projek aangekoop is, maar ál die

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa