‘NIE DIE EINDE VAN DIE PAD – NET ’N OPDRAANDE’
LBW: In Oktober het minister Gugile Nkwinti baie gunstig gereageer op AgriSA se voorgestelde raamwerk waarbinne grondher vorming vorentoe kan vorder. Nkwinti het ook te kenne gegee die ANC se plan dat boere 50% van hul plase aan hul werkers moet gee en ’n grondplafon van 12 000 ha, mag dalk ongrondwetlik wees en laat vaar sal word. Ná die ANC se lekgotla het Nkwinti, asook die Staatspresident, weer aangedui dat die grondplafon nou in wetgewing ingeskryf gaan word. Kan hierdie vertrouensbreuk tussen die ANC en die georganiseerde landbou weer oorbrug word? EP: Ja, dit is jammer dat dit ’ n vertrouensbreuk geskep het, juis omdat die Regering die georganiseerde landbou genader het om voorstelle na die tafel te bring en hy op sy beurt van radikale uitsprake sou afsien. Dit kan egter nóóit die einde van die pad wees nie – net ’n opdraande. Die ANC bly die Regering en Agri SA verteenwoordig ’n groot deel van die land se kommersiële boere. Dit is ’ n ingewikkelde verhouding, amper soos ’n huwelik wat goeie en slegte tye beleef.
LBW: Meen jy die Regering is ernstig met sy nuutste voorstelle vir grondhervorming en herverdeling, of is dit bloot populistiese uitsprake? En indien hy ernstig is, wat is Agri SA se planne in hierdie verband vorentoe? EP: Ek wonder of daar iemand is wat regtig weet hoe ernstig hy is. As die Regering wel ernstig is, is dit uiters kommerwekkend. Ek dink nie ons moet die uitsprake ligtelik opneem nie. Dit is ons plig om die Regering te oortuig van hoe ons reken ’n mislukte model in ’n werkbare een omskep kan word.
LBW: Wat is volgens jou die grootste struikelblok in die pad van suksesvolle grondhervorming? EP: Die Regering wat nie bereid is om beheer af te staan nie en tweedens dat hy nie bereid is om die grond wat hy vir herverdeling aanskaf, aan die begunstigdes oor te dra nie.
LBW: Wat staan die gewone boer te doen om grondhervorming te versnel of te verbeter? EP: Omdat die oorgrote meerderheid kommersiële boere klein en mediumbesighede bedryf, is hulle nie vreeslik kapitaalkragtig nie. Hulle het egter goeie boerderykennis waarop daar nie ’n prys geplaas kan word nie. Hul bydrae kan die oordrag van hierdie kennis wees, naamlik om nuwe toetreders te leer wat ’ n kommersiële boerdery laat werk. Daar is groot welwillendheid by boere.
LBW: In sy staatsrede het pres. Jacob Zuma slegs een keer na die Nasionale Ontwikkelingsplan ( NOP) verwys. Stem dit jou tot kommer?
Mnr. Ernest Pringle, voorsitter van Agri Oos-Kaap, is verlede week in die plek van dr. Theo de Jager tot voorsitter van Agri SA se landbou-ontwikkelingsbeleidskomitee (voorheen transformasiekomitee) verkies. Theuns Botha wou by hom weet hoe hy die pad vorentoe sien, gegewe die jongste politieke uitsprake oor die landbou.
Ja. Die NOP is ’n goeie plan en allesbehalwe sosialisties. Wat die President egter oor die landbou kwytgeraak het, is kommerwekkend. Die Regering is nie bereid om beheer af te staan of om die grond wat hy aangeskaf het, aan begunstigdes oor te dra nie.
DIE
wêreld se boere gaan oor die volgende 35 jaar soveel voedsel moet produseer soos die laaste 500 jaar se totale landbouproduksie, het mnr. Ernst Janovsky, Absa se hoof van agribesigheid, op ’n boeredag in Hazyview aan boere gesê. Hy sê die wêreld se bevolking gaan oor die volgende 35 jaar met byna twee miljard mense toeneem, van wie amper almal in Afrika en Asië sal woon.
“Moenie dink Afrika kan nie kos bekostig nie,” waarsku hy. “Die ekonomieë groei en verbruikers word ryker. Pick n Pay en Checkers sal nie so baie winkels oopmaak waar mense nie hul produkte kan bekostig nie.”
Hy sê nie net Afrikane gaan dié vraag voortdryf nie, maar ook goed geskoolde, jong mense vol ondernemingsgees uit ander wêrelddele se groeiende middelklas wat maklik reis: “’ n Chinees sal hierheen kom en jou werk kom vat,” het hy gesê en daarop gewys dat duisende jong Suid-Afrikaners reeds in Europa, Kanada en Amerika werk.
Afrika is ideaal om kos vir nog twee miljard mense te produseer, sê Janovsky. Afrika suid van die Sahara se landboupotensiaal is vier keer groter as die noordweste van Amerika s’n. Daar is ook nie regtig plek vir groei in die Amerikaanse landbouproduksiegebiede nie. Daar moet landbougrond plek maak vir huise en infrastruktuur, nes in Suid-Afrika: “Die prys van grond gaan
styg, ten spyte van die ANC.”
VOORWAARDES
Afrika is soveel aantrekliker as Suid- Amerika, wat ook groot l andboupotensiaal het, mits die lande waarin boere wil belê aan sekere vereistes voldoen, sê Janovsky. Eerstens moet hulle toegang tot grond hê wat op ’n veilige en betroubare grondslag gekoop of gehuur kan word.
Daarna moet boere bedryfsrisiko’s in ag neem. Hy verwys na boere in die Kongo wat baie geld aan ontbossing bestee het en toe, ten spyte van goeie landboupraktyke en klimaatstoestande, net een ton mielies per hektaar geoes het. Die grond was te suur en boere kon, ten spyte van goeie infrastruktuur, nêrens kalk koop nie. Sedert party boere nou hul eie kalk myn, oes hulle 18 ton/ ha tot 20 ton/ ha op droëlande.
Derdens moet daar markvryheid wees. Janovsky waarsku boere moenie eens aan produkte dink waar daar markregulering is nie. Hy sê Absa sal byvoorbeeld nie rys in Zambië finansier nie, al sal hulle dit daar met ander produkte doen: “Die regering sal ingryp as die prys te hoog raak vir sy inwoners en jy as boer gaan dalk lae produksie én ’n lae prys beleef.”
INFRASTRUKTUUR
Infrastruktuur is ook belangrik: “Belê in lande waar mense paaie bou. Dit i s gewoonlik mynmaatskappye wat paaie bou.”
Ná die Anglo-Boereoorlog het mense gesien dit kos 30 jaar om ’n land se infrastruktuur op standaard vir optimale ekonomiese groei te kry. Baie Afrika-lande is hoogstens 10 jaar van dié standaard af. “Al is Suid-Afrika nog die beste plek om te belê, raak die geleentheid vir belegging in die res van Afrika ál beter.” – JASPER RAATS
geld gehad het vir maatreëls om beurtkrag te voorkom.”
GELD NIE INGEVORDER
Schussler het ook verwys na munisipaliteite se probleme om geld van kraggebruikers in te vorder, wat nog R2,5 miljard ( net vir elektrisiteit) byvoeg. Die miljarde rande wat oor jare afgeskryf is, word nie in ag geneem nie.
“Wanbetaling, ook vir water, is ’ n reuseprobleem. Die onderhoud van infrastruktuur ly daaronder en nuwe infrastruk- tuur kan nie gebou word nie. As mense boonop vorentoe weier om te betaal, sal onwettige kragaansluitings meer word. Plaaslike regerings sal nie meer geld vir basiese dienste hê nie.
“Die totale skuld aan munisipaliteite wat deur ontvangers van dienste, soos die Regering en huishoudings, vir langer as 90 dae (slegte skuld) verskuldig is, is nou R75 miljard.
“Nóg R4 miljard se skuld is ouer as 60 dae. Dit is 27,5% van al die geld verskuldig aan muni- sipaliteite. Met dít ingevorder sou dit vir drie jaar nie nodig gewees het om munisipale pryse te verhoog nie. As ’ n mens die R21 miljard wat slegs oor die afgelope twee jaar afgeskryf is, kon bytel, sou daar vir heelwat meer as drie jaar geen verhogings gewees het nie.”
Die totale skuld aan Eskom, munisipaliteite en waterrade is minstens R85 miljard en meer as R21 miljard is al afgeskryf. Saam is dit 3% van die bruto binnelandse produk. Dit kon baie meer konstruktiewe voordele vir eerlike verbruikers ingehou het as die 50%-daling in die olieprys.
“Voeg daarby die nie- betaling van e- tol en verkeersboetes, dan trek die skuld seker al by R120 miljard. Dit is meer as wat die Regering met vier jaar se brandstofbelasting kan invorder. Op langer termyn sal voorafbetaalde krag en water seker al manier wees om dit te bestuur – met kwaai strawwe vir mense wat die stelsel probeer omseil.” – NICO VAN BURICK
Die toekoms van ’n uiters sensitiewe bewarea en wateropvanggebied in Mpumalanga is in gedrang nadat ’n Indiese maatskappy aangekondig het dat hy beoog om steenkool daar te begin myn. Boere in die Mabola-bewarea, naby Wakkerstroom, het onlangs met verteenwoordigers van Atha-Africa Ventures vergader. Mnre. Praveer Tripathi, senior visepresident van Atha-Africa, en Sizwe Zuma, het hulle ingelig dat die maatskappy ’n mynreg vir Mabola ontvang het, maar dat die reg nog nie deur die Minister van Minerale Hulpbronne bekragtig is nie.
Mabola is een van vyf wateropvanggebiede in Mpumalanga wat verlede jaar Januarie as bewareas geproklameer is deur me. Pinky Phosa, destydse LUR vir ekonomiese ontwikkeling, omgewing en toerisme.
Tripathi sê die Departement van Minerale Hulpbronne het die mynreg in 2013 aanvaar – sowat ’n jaar voordat Mabola as bewarea geproklameer is. “Dit is waar die konflik inkom,” sê hy.
Mnr. Oubaas Malan, voorsitter van die Mabola-grondeienaarsvereniging, sê die gebied is uiters sensitief vir mynbou. “Die gebied is wel meer weiveld en bergagtig, maar omdat die gebied dien as wateropvanggebied vir verskeie groot riviere, insluitende die Vaalrivier en die Limpoporivier, gaan ’n steenkoolmyn hier tot grootskaalse besoedeling lei. Ek vermoed die besoedeling sal selfs tot so ver as die Oranjerivier gesien kan word.” – GERRIT BEZUIDENHOUT