Strenger wet vir oorlaaide vragmotors
IN
die toekoms sal nie alleen die vragmotoronderneming aanspreeklik wees vir ’n oorlaaide vragmotor nie, maar ook die persoon wat die vrag stuur (“aanbieder”), sowel as die een wat dit ontvang (“aanvaarder”). Dié wysigings in die Padverkeerswet (Wet 29 van 1989) is daarop gemik om skade aan paaie te voorkom en veiligheid te verbeter.
Me. Alta Swanepoel, ’n regskenner, het by ’n werksessie van Agbiz Grain gesê die idee is om oorlaaide vragmotors voortaan by die oorsprong te keer.
Die “aanbieder” is die persoon in beheer van ’n vrag net voor dit gelaai word. Hy moet alle redelike stappe doen om te keer dat vragmotors oorlaai word. Die maksimum straf daarvoor is ses jaar tronkstraf of R240 000.
Die wetswysigings word geleidelik ingefaseer en tans geld dit vir mense wat meer as 500 000 kg per maand stuur of ontvang.
ONGELUKKE KOS GELD
Mnr. Paul Nordengen, ’n navorser by die WNNR, sê vragmotorongelukke het ’ n groot invloed op die ekonomie, want in Suid- Afrika beloop die sterftes in swaarvoertuigongelukke 8 tot 10 mense per 100 miljoen voertuigkilometer, teenoor 1 tot 2 mense in Switserland. “Op die N3 Durban toe kan jy seker wees 50% van die vragmotors is onpadwaardig,” sê hy.
Swanepoel sê hy verwag die versekeringsbedr yf g aan die nuwe wetgewing help afdwing deur nakoming van kliënte te vereis. Al skryf die wet nie ’ n weegmetode voor nie, moet die aanbieder ’n metode hê om te bereken of die trok oorlaai en reg gelaai is, en dit aanteken.
Tot nou toe het landbou- ondernemings vragmotors se totale massa geweeg, maar die wetswysigings vereis nou besonderhede, soos dat een enkele as van ’ n voertuig nie oorlaai is nie.
GROOT TREKKERS
Nog ’ n vereiste is dat vragmo- tors versekering vir openbare aanspreeklikheid moet hê en dat alle dokumente rakende nakoming van die wet in die vragmotor moet wees.
In ’ n verdere wysiging word trekkers swaarder as 24 ton nou omskryf as sleeptrekkers ( haulage tractors), wat onder meer beteken die bestuurders moet voldoen aan die meeste van die vereistes wat vir vragmotorbestuurders geld.
Mnr. Gavin Kelly, tegniese en bedryfsbestuurder van die Padvragvereniging ( RFA), het die wetswysigings verwelkom, maar gesê daar is baie uitdagings ten opsigte van die owerhede, soos korrupte verkeerspolisie en vrot administrasie.
Me. Lindie Stroebel, bestuurder van sake-inligting by Agbiz, het landboubedrywe uitgedaag om in bedryfsverband bymekaar te kom om te praat oor hoe die wet nagekom kan word.
Die bosbou- en suikerbedryf het dit reeds met sukses gedoen.
Sy het mense aangemoedig om betrokke te raak by die Padvervoerbestuurstelsel ( RTMS), ’ n vrywillige stelsel vir selfregulering. – CARIEN KRUGER Die werksessie se aanbiedings is te kry by http:/ /goo.gl/oM0jhC.
SKAAPVOETPAAIE OP ’N STOPPELLAND. Dié foto, wat tussen Riviersonderend en Caledon geneem is, verbeeld voertekort in die herfs op vele plase in die Suid-Kaap. Boere met gemengde saai-en-veeplase beskou stoppellande dikwels as ’n belangrike voerbron ná oestyd. In daardie geweste is die “voetpaaie” wat deur harde en deurdringende reën in erosieslote verander kan word, egter ook skietgoed in die hande van boere wat glo dat saaiboerdery net kan vooruitgaan as skape van die lande afgehou word. Dít is nie ’n saak wat in een agtermiddag opgelos gaan word nie. Die landbou gaan vooruit met die versigtiges én die waagmoediges en die lesse van die geskiedenis weeg net so swaar soos die vernuwende eksperimente wat nou op enkele plase gedoen word.
Noordwes se geenbewerking-pioniers hou volgende week (1 1 en 12 Maart) hul tweede jaarlikse konferensie. In hul jongste proefresultate, van die nat 2013/’14-seisoen, het die plantestand vir mielies teen hoër as 30 000 plante per hektaar die beste gevaar. Wat die optimale langtermyn-kombinasie van rywydte en plantestand vir dié gebied presies is, is egter nog ’n ope vraag.