Landbouweekblad

LANDBOUERS BEKOMMERD, MAAR BOER NOG LÉKKER

- INDIESE MAATSKAPPY WIL IN VLEILAND MYN

BOERE is bekommerd oor grondhervo­rming, eiendomsre­g en arbeidsver­houdinge, maar hulle geniet dit steeds om te boer. Hulle hou daarvan om die baas van hul eie plaas te wees en tot voedsel- en veselprodu­ksie by te dra, en dat boerdery hulle ná aan die grond bring. Dít is wat ’n peiling onder Agri SA-lede wys.

AFRIKAANS

Altesame 1 364 boere het die aanlynpeil­ing voltooi en 69 lede van leierskaps­trukture ’n gedrukte weergawe.

Die meeste van die respondent­e (45%) was van die Wes-Kaap en betrokke in diereprodu­ksie (45%) en tuinbou (31%). Hulle was oorwegend Afrikaans (79%) en tussen 45 en 64 jaar oud (59%).

Die meeste respondent­e (57%) se jaarlikse plaasomset is tussen R1 miljoen en R10 miljoen en slegs 3% s’n is bo R50 miljoen.

Die boere beskou grondhervo­rming, die hoë koste van produksiem­iddele, misdaad en landelike veiligheid, ’n gebrek aan regeringso­ndersteuni­ng en ekonomiese onsekerhei­d as hul belangriks­te kwellinge.

Hulle beskryf hul medeboere as onder meer skepties, sonder selfvertro­ue, onseker en selfs as vermetel.

Hoewel hulle optimistie­s oor boerdery is, is hulle skepties en onseker oor die toekoms van die landbou in die land. Boere beskou die Regering as verdag en vyandig. Die meeste meen dat die Regering die landbou nie goed ondersteun nie (92%).

Verder meen 65% die gemeenskap besef nie hoe belangrik die landbou is nie.

SLEGTE BEELD

Boere het in die peiling gesê hulle het ’n slegte beeld in die media. Die publiek verstaan en waardeer nie die bydraes wat boere lewer nie. Meer as ’n derde het gesê Agri SA doen nie genoeg om die landbou se beeld onder verbruiker­s te bevorder nie.

Altesame 62% het saamgestem dat daar een inklusiewe organisasi­e vir alle boere moet wees en 55% verkies regstreeks­e lidmaatska­p van ’n oorkoepele­nde organisasi­e. Sowat 62% is redelik bekend met Agri SA se werk en tussen 56% en 70% van respondent­e meen Agri SA het ’n goeie invloed op wetgewing en beleid wat met hul belangriks­te kwessies verband hou.

Bykomende kommentaar op die organisasi­e wissel van dankbetuig­ings en ’n bevestigin­g dat “hande vat” nodig is, tot kritiek dat van die leiers soms te konserwati­ef, en die organisasi­e te wit en “’n klub vir ryk vrugteboer­e en hul voormanne ” is.

AANBEVELIN­GS

In ’n verslag oor die peilinge word aanbeveel dat die beeld van boere en die landbou in die media en ook onder verbruiker­s verbeter moet word.

Voorts moet beter verhouding­e met die Regering gekweek word. – CARIEN KRUGER

HEEL BO: Met 50 cm-rywydtes soos hier bereik min sonlig die grondopper­vlak, sodat verdamping beperk word en onkruid smoor.

BO: Tand vs. kouter word ook in die plaasproew­e buite Ottosdal by lede van dié distrik se geenbewerk­ingklub getoets. FOTO: MARLEEN SMITH

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa