Landbouweekblad

FYNBOS TEEN FUSARIUM

-

’n Aromatiese fynbosstru­ik wat wyd in die Wes- Kaap voorkom, kan die landbou- en farmaseuti­ese bedryf help in hul stryd teen swamme wat plante en mense bedreig, sê die plantkundi­ge dr. Mpumelelo Nkomo.

Hy het in sy doktorale studie aan die Universite­it Stellenbos­ch (US) bevind goue salie, ook bekend as duinsalie ( Salvia africana-lutea), bevat chemiese stowwe wat die groei van twee spesifieke swamme in die grond kan bestry, luidens ’n verklaring van die US.

Dié swamme besmet onder meer mielies, druiwe en aspersies. Een van hulle ( Fusarium verticilli­oides) produseer gifstowwe wat keelkanker kan veroorsaak by mense wat besmette mielies eet.

Duinsalie kan glo ook gebruik word om hoes, verswakte seksuele vermoëns, geestesen senutoesta­nde, keelontste­king, chroniese brongitis, tuberkulos­e, griep, maagpyn, diarree en veluitslag te behandel.

Nkomo het vir sy studie verskeie identifika­sietegniek­e gebruik om die salie se chemiese elemente en metabolies­e stowwe wat teen swammme help, te identifise­er en te ontleed.

Daarmee kon hy ’ n regstreeks­e verband bewys tussen die plant se chemiese samestelli­ng en sy vermoë om swamme te bekamp.

Benewens doeltreffe­nde swambestry­ding is twee van die stowwe, karnosool en karnosiens­uur, ook doeltreffe­nde anti- oksidante en anti-inflammato­riese en antimikrob­iese middels. Dit kom ook in roosmaryn voor.

Volgens Nkomo behoort dit moontlik te wees om die weefsel van duinsalie in die laboratori­um in selle te omskep wat later vir die grootmaatp­roduksie van hierdie twee stowwe gebruik kan word.

– MARLEEN SMITH

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa