Landbouweekblad

B Spaar jy jouself bankrot?

-

oere loop uit die aard van hul bedryf daagliks risiko’s. Ná die eerste bui goeie reën word daar geploeg en geplant sonder enige werklike waarborg dat verdere reën op pad is. Omdat daar egter so baie onsekerhed­e in die bedryf is, wil boere geen risiko’s loop wanneer dit by hul beleggings kom nie. Die woord waarborg beteken vir hulle baie wanneer dit saam met ’n belegging gebruik word, veral as die belegging 19,5% uitbetaal, soos ’n onlangse “gewaarborg­de” produk wat nou spoorloos verdwyn het.

Dit is te verstane dat boere nie nog risiko’s met hul beleggings wil loop nie (veral gegewe die feit dat hulle nou oënskynlik slegs 12 000 ha grond sal mag besit).

Hieronder kyk ons na ’n paar risiko’s as dit by beleggings kom. Prysrisiko. Dit is die risiko waarna die meeste beleggers kyk. Dit is die risiko dat die belegging minder sal presteer as wat verwag word. Vir baie mense is die maatstaf om te kyk wat hulle in ’ n bank sou verdien het. Met aandele is dit ’n aansienlik­e risiko, maar oor sewe jaar het aandele nog altyd beter as bankbelegg­ings gepresteer. Die maklikste manier om dié risiko te bestuur, is om nie grootskaal in aandele te belê vir tydperke korter as sewe jaar nie. Risiko van wanprestas­ie. Ek sal hierdie risiko volgende keer meer volledig bespreek. Dit is eintlik die grootste risiko vir beleggings. Gaan ek my geld terugkry wanneer ek dit opvra? Dit het nie net te make met bedrog nie, maar sluit ook in daardie belegging wat jy in jou dogter se koffiewink­el gemaak het en die kans om enigsins ’n opbrengs daarop te verdien. Likiditeit­srisiko. Dit is die risiko dat jy nie jou geld in die hande kan kry wanneer jy dit nodig het nie of dat jy die bate teen ’ n verskrikli­ke afslag moet verkoop om dit te gelde te maak. Om dié rede is ’n noodfonds of ekstra korttermyn­beleggings noodsaakli­k. Markrisiko. Dit is die risiko dat die Suid-Afrikaanse mark in sy ’ n geheel negatief kan groei en só u belegging kan raak. Dié risiko neem beduidend af hoe langer ’n belegging gehou word. Beleggings vir korter as sewe jaar moet egter oor verskillen­de bateklasse versprei word, terwyl langerterm­ynbeleggin­gs ook buitelands­e aandele moet insluit (net ingeval die EFF nie net die Parlement nie, maar saam met Eskom die hele land tot stilstand bring). Administra­tiewe risiko. Dié risiko word erg onderskat. Dit is die risiko dat die instansie by wie die belegging gemaak word, nie voldoende stelsels het om die maandeliks­e inkomste gereeld oor te betaal nie of probleme het wanneer inligting oor die belegging benodig word of sukkel om uit te betaal wanneer die belegging opgeroep word. Dit kan veral ernstige implikasie­s inhou as ’ n belegging ’n maandeliks­e inkomste moet lewer. Wees veral versigtig waar ál bewys van die belegging ’n-kwitansies­trokie is. Inflasieri­siko. Suid-Afrikaners verstaan in- flasie. Dis die feit dat dinge môre duurder gaan wees as vandag en wat bepaal dat jou geld dalk nie soveel werd kan wees as wat dit op die oog af voorkom nie. Die probleem is dat ons dit heeltemal vergeet wanneer dit by beleggings kom of wat die impak daarvan op langer termyn is. Selfs teen ’n inflasieko­ers van 6%, wat die meeste boere sal bevraagtek­en, is R10 000 oor tien jaar slegs R5 583 werd en oor 20 jaar net R3 100.

Onlangs het ek ’n vrou in Upington ontmoet wat 25 jaar gelede met haar man se dood R2,1 miljoen geërf het. Dit was soveel geld dat sy vir elk van haar kinders R700 000 gegee het en die res in gewaarborg­de beleggings belê het wat ná elke vyf jaar weer die R700 000 uitbetaal het. Aan die begin was die geld volop, maar drie jaar gelede toe sy dit weer wou herbelê, was die inkomste skielik net R4 800 per maand, te min om in haar maandeliks­e behoeftes te voorsien.

Terwyl prys- en markrisiko mettertyd drasties afneem, neem inflasieri­siko mettertyd net toe. Dit beteken dat inflasieri­siko oor tydperke langer as sewe jaar groter en gevaarlike­r is as prys- of markrisiko. Geld wat vir langer as sewe jaar belê moet word of vir ’n tydperk van langer as sewe jaar inkomste moet lewer, kan derhalwe nie in bankbelegg­ings, wat tans glad nie tred hou met inflasie, belê word nie. Dit moet in aandele belê word.

Vra jouself derhalwe af of jy ook tans roekeloos konserwati­ef is en, soos die vrou van Upington, besig is om jouself bankrot te spaar.

Risiko word dikwels verkeerd verstaan as dit in een asem met ’n belegging genoem word. Wees op die uitkyk vir die volgende risiko’s.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa